Huldeblyke vir Joost stroom in: ‘Ons skenk die engele ons skrumskakel’

Joost van der Westhuizen by sy kinders, Jordan en Kylie, op Kersdag 2016. Foto: Amor Vittone, Facebook

Joost van der Westhuizen by sy kinders, Jordan en Kylie, op Kersdag 2016. Foto: Amor Vittone, Facebook

Huldeblyke en boodskappe van bemoediging en gebede het Maandag ná die afsterwe van die Springbokheld, Joost van der Westhuizen, ingestroom.

Maroela Media het vroeër berig Van der Westhuizen, wat in 2011 met amiotrofiese laterale sklerose (ALS), ʼn aggressiewe vorm van motorneuronsiekte gediagnoseer is,  is Maandag in die ouderdom van 45 oorlede, nadat hy Saterdag in ʼn kritieke toestand in die Fourways Life-hospitaal in Johannesburg opgeneem is.

“Jy was baie braaf tot nou, nou het jou tyd aangebreek. My hart gaan uit na die familie en jong kinders.” – Di Broodryk

“Dan skenk ons die engele ons skrumskakel.” – Steve Hofmeyr

“Rus in vrede, kampioen. Jy het jou deel vir hierdie land gedoen. Ek dink aan die hele familie.” – Zelda La Grange

“Wat ʼn hartseer dag. Jy het só baklei, maar nou is jy vry en ek is seker jy dans saam met die engele.” – Juanita du Plessis

“Rus in vrede, Joost. Jy het lank baklei. Baie sterkte aan jou familie.” – Arno Jordaan

“Diep, diep hartseer oor Joost. Loftus Versveld sal nooit weer so groen wees sonder daai skoppie in die kassie nie. En die skare staan een man op. Die wêreld se skrumskakel. Rus sag ou broer.” – Adam Tas

“Rus in vrede Joost. ʼn Rugbyheld wat vir altyd onthou sal word.” – Ernst Roets

Joost van der Westhuizen. Foto: rugby365.com

Joost van der Westhuizen. Foto: rugby365.com

“Jou stryd is verby. Nou kan jy in vrede rus. My gedagtes is by sy geliefdes. Rus in vrede.” – Ronel Brink

“Rus in Vrede Joost. ʼn Legende sal jy altyd in jou mense se oë bly.” – Sorina Erasmus

“Dis ʼn hartseer dag. Ons gedagtes en gebede gaan uit na Joost se mense. Hy’t lank geveg. Ons gaan jou mis.” – Bobby van Jaarsveld

“Een van die beste spelers wat ooit op ʼn rugbyveld uitgedraf het en ʼn held van die veld ook.” – Piers Morgan

“Joost se afsterwe is ʼn hartseer hoofstuk in die geskiedenis van Suid-Afrika se sport. Sy bydrae tot rugby was groot. Hy laat ʼn groot groep atlete agter wat sy sportsmanskap nastreef. Suid-Afrika is vandag armer sonder dié groot gees.” – Fikile Mbalula

“Hartseer nuus. Dink aan jou, Amor Vittone.” – Karen Zoid

Argieffoto van Joost van der Westhuizen.

Argieffoto van Joost van der Westhuizen.

“Ongelooflike hartseer nuus. Mag jy in vrede rus.” – Cosatu

“Rus sag Joost van der Westhuizen. Ons innige meegevoel en ons diepste simpatie aan die familie.” – Afrikaans is Groot

“Rus in vrede, Joost. Jy was een van ons grootstes.” – Anton Goosen

“Rus sag, buddy.” – Kurt Darren

“Van ons almal by Getroud met Rugby – Rus in vrede, Joost. Ons medelye vir sy geliefdes.” – Deon Opperman

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Hannetjie ·

Ons harte is stukkend ou grote. ..rus sag Joost. ..hoop daar op Loftus n diens vir jou ou Blou bul

Linda ·

Joost se stryd op aarde is verby maar die ewigheid by Jesus se voete begin nou maar eers. Amore jy en die kinders is in ons gedagtes en gebede. Sterkte aan al Joost se familie en vriende.

Emile ·

Ek’s seker Joost en Jonah (Lumo) gaan nou dik stukke kuier in die hemel.

Heila Botha ·

Jyt as n Held gegroet jou HART IS GOUD RUS IN VREDE SO SAL SA JOU ONTHOU

Susan ·

Joost jy l jou altyd onthou word as die held van SA rugbyven die BLOU BULLE . Rus in vrede. Sal jou mis dink aan jou familie en kinders

Francis ·

ai Joost is sulke hartseer tyding .mag jy in vrede gaan rus .sterkte vir jou gesin !

Alida Cronje ·

Rus sag en in vrede Joost.
Ons gebede vir die hele familie.
Amor ons dink aan jou en die kinders.
Groete

Jeanette ·

RIV Joost. Jy was ons held. Sterkte aan Joost se familie en kinders

Elsabe du Toit ·

Joost jou stem is stil. Jy het die goeie stryd gestry en die oorwinning behaal. Veilig in Jesus arms. Bid vir sy familie veral sy gesin. Die Here omvou julle met sy liefde in hierdie tyd. God bless

Susan ·

Jy het n dapper stryd gestry, en jou geloof groot, rus sag by ons Hemelse Vader, jy sal ongelooflik gemis word, maar sal altyd in ons harte wees, ons gun jou die rus sonder pyn en seer. Sterkte aan die Joost familie, veral aan sy 2 kinders, wees vertroos met die wete dat julle pappa nou by Liewe Jesus rus.

Carol ·

Jou rus het begin . Jou stryd is verby. Jy het jou laaste 3 gedruk teen n vernietigende siekte. Jy was n held. Rus in vrede Joost. Amor en kinders Jesus met julle in hierdie moeilike tyd.

Johann ·

Hy het die goeie stryd gestry, die wedloop voleinding, nou is daar vir hom weg gelê die kroon van oorwinning. Kinders familie en vriende ons is saam dankbaar dat ons hom saam met u kon geken het, onthou GOD sal al die trane van u oë afvee

tania ·

So het die eindfluitjie vir n laaste keer geblaas! n Legende van sy tyd! mag jy die ewige rustyd tussen God en sy engele geniet sonder pyn! innige meegevoel aan sy familie veral sy twee pragtige kinders!

Marthie ·

Rus in vrede Joost. Innige simpatie aan Amore en jul lieflike kinders, sy familie en vriende.

Magda ·

So diep seer oor Joost…..Amore en jul twee pragtige kinders, julle is toegevou in my hart en gebede. Dierbare Joost, rus sag….ons huil en treur oor jou!! Weer besef ek dat alles verganklik is…het ook die pad gestap xxx

Bets Panaino ·

Baie hartseer dag…. Joost jy rus nou sag by Jesus se voete. Jy sal in ons harte voort leef ❤️
Ons gaan jou mis. Ons gedagtis en gebede gaan uit na die fam. Sterkte vir die hartseer tye wat voorle

jeanine ·

Baie hartseer, maar nou rus hy aan Jesus se voete. Sterkte vir die familie

christelle ·

Jou plekkie gaan leeg wees. Jy is nou gesond en sonder pyn……. Wens jy kon sien hoe Suid Afrika treur!!! Dans, hardloop, spring rond Joost want jy kan nou. Amore, my hart gaan uit na jou en jul kinders. Jy het jou deel vir Joost met trots gedoen en jy is n voorbeeld van n awesome mens. Sterkte vir jul familie!!!

Andre ·

‘n Regte held en inspurasie vir MILJOENE gewees. Sal jou nooit vergeet nie Joost. Ek is in Saudi Arabia, maar vandag dra ek die groen en goud. Rus in vrede Joost. Die eind vluitjie het geblaas en jy het gewen!
Alle sterkte aan Amor en die kinders…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.