‘Hulle is nou deel van die statistieke’

Hannes en Esther Kidson. Foto: Verskaf

Hannes en Esther Kidson. Foto: Verskaf

Die egpaar wat Vrydag wreed op hul plaas tussen Jachtfontein en Westonaria in Gauteng vermoor is, word Saterdag begrawe.

Driekie van Niekerk, Hannes en Esther Kidson (albei 69), se dogter het aan Maroela Media gesê sy kan nie in die stadium veel uitwei oor die verdagte(s) wat betrokke was by die moord nie weens die sensitiwiteit van die ondersoek. “Ons weet net dat een van die werkers verdink word en dat my ouers wreed vermoor is.”

Esther se liggaam is omstreeks 15:00 Vrydag deur werkers gevind. Sy was nog in haar rolstoel in die egpaar se slaapkamer op die plaas Poortjie. Die egpaar het ʼn melkboerdery bedryf.

“Daar is na my pa begin soek nadat my ma se liggaam gevind is,” het Van Niekerk gesê. “My pa se liggaam is in ʼn stoor gevind. Die moordenaars het my pa onder valse voorwendsels in die stoor ingelok deur te sê ʼn kalfie is siek. My pa was so sterk soos ʼn bees, so ek weet nie of hulle hom dadelik oor die kop geslaan het nie. Hy het op sy maag gelê en sy hande was vasgebind. Ons het soveel vrae.”

Polisielint naby die toneel op die plaas. Foto: Lorraine Claasen

Polisielint naby die toneel op die plaas. Foto: Lorraine Claasen

Volgens Van Niekerk het die moordenaar(s) met ʼn klein bedrag kontant en haar pa se selfoon gevlug. “My ma is gemartel. Hulle het by haar antwoorde gesoek oor waar die geld is. Sy het regtig nie geweet nie.” Die polisie het vroeër gesê werkers is op die betrokke dag lone betaal.

Die egpaar is vermoedelik tussen 11:15 en 12:15 aangeval. “My ouers was omstreeks 10:00 nog in Westonaria. Hulle het dalk te vinnig teruggekom en is ingewag. Die huis was erg deurmekaar. Ons het twee ouers verloor. Dit maak dit dubbeld so seer. Hulle is ook nou net deel van die statistieke en dit maak die seerste.”

Volgens Van Niekerk gaan bedrywighede op die plaas voort. “Ek gaan nie dit waarvoor my pa so hard gewerk het net ten gronde laat gaan nie. Ons kry geweldige ondersteuning van die boeregemeenskap af.”

Kapt. Appel Ernst, woordvoerder van die polisie, het bevestig niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Annamarie Zeelie ·

Baie sterkte met jul verlies. My pa is Januarie 2016 vermoor, en tot vandag is sy moordenaar/s nie gevonnis nie. Ek wonder so baie oor die “waarom” en “hoe” dit gebeur het. Antwoorde sal ‘n mens nie kry nie.

Ilse ·

Baie sterkte aan albei van julle. God slaap nie weet dit net. Die dag van oordeel kom en dan sal hulle moet antwoord gee oor hul dade.

Jenna ·

Dit is net te wreed vir woorde. Die skokkendste is dat hierdie tipe wrede moorde glad nie die aandag van enige politieke party trek nie, ook nie die regering of polisie wat misdaad in SA moet bekamp nie, en nog minder in die buiteland wat altyd SA gekritiseer het vir die geringste oortreding. Dit is ontsettend dat die moorde so wreed is, mense word gemartel, maar agterna word die motief as ‘roof’ afgemaak. ‘n Ou dame in ‘n rolstoel kan geen teenstand bied nie, hulle kon die plek kaal gesteel het sonder om hulle so wreed te vermoor. As mens van moorde op boere praat, kom nie linkses vinnig met ‘n argument dat anderskleuriges ook vermoor word. Ja dit is so, maar kyk na die patroon, die tendens, wie is die slagoffers en wie is die moordenaars. Dit kan jy nie langer meer miskyk nie. Behalwe vir die familiemoorde binne dieselfde etniese groepe onder alle bevolkings, is die aanvallers op boere 99% van ‘n sekere etniese groep. Hoe kan mense dit langer miskyk? RIV mense en sterkte aan hulle vriende en familie.

al ·

En al kom die regerende party met die uiters flou verskoning dat moorde oor die kleurspektrum gebeur moet ons hul daarop wys hoe siek die samelewing geword het onder hul regering. Morele verval en wetteloosheid.

Carina Langenhoven ·

Dit is so hartseer en sinneloos. Wanneer sal daar dan ‘n einde kom aan die neem van mense lewens.

vierkleur ·

Wanneer die blankes weer sal saam staan en veg vir ons vryheid

Karma ·

En so sal dit aangaan en aangaan en aangaan. Tot daar nie meer een enkele blanke boer op een enkele plaas doer in die Noorde van die land (Noord-Wes, Limpopo, Mpumalanga ens.) is wat ons voedingslyn aan die gang kan hou nie. En wanneer die plase dan verdor, verniel en onproduktief lê (soos tans in Zimbabwe …..) en hongersnood in die land heers, sal dit weer die skuld van die blanke boere …. apartheid …. die ‘steel’ van grond …. Jan van Riebeeck, noem maar op, wees. Cry (for) my beloved Country …….

m ·

is dit nou hoe grondhervorming gaan lyk in hierdie land. Al die witboere gaan uitgemoor word???

not in wonderland ·

Dit kan nie so aangaan nie. Dit hou net nie op nie.

Herman ·

En nou kry jy nog die wit liberale mense wat so baie te sê het oor Steve wat vir President Trump dalk gaan sien. Ek hoop hy gaan. Vir die wittes….word wakker.

Hanli ·

Ek stem saam. Die wit mense kani saam staan nie. Ons land is besig om te brand, Ek hoop hy gaan hom sien. ..sterkte met die familie en vriende

Hanli ·

Stem saam. Ons wit mense kani saam staan nie. Ek hoop hy gaan sien hom. Genoeg is genoeg. Hoeveel mense nog???? Moet al ons boere ophou boer????
Sterkte met die familie en vriende.

AL ·

My innige simpatie aan jul groot verlies want jul is self slagoffers van misdaad omdat jul ouers verloor het. Geen mens verdien om so dood te gaan nie, sou jy daardie vraag vir die moordenaars vra indien dit hul familie was, sou hul nee gese het. Maar kom ons wees realisties, dis uit pure haat wat hul vermoor is. Die probleem gaan nie verdwyn nie – soos ek se ek het gehoor Russia Today het al oor SA se plaasmoorde berig, kom ons soek steun buite SA ook.

Connie ·

Baie sterkte aan die familie. Dit is baie sleg en so onnodig. Mag God julle met Sy liefde omvou.

Erika ·

Hierdie arme mense. My hart bloei vir julle. Weet nie hoe boere dit op plase uit hou nie. Dis julle grond….daar is bloedsweet en baie uitdagings oor die jare heen om vir die land te voorsien van voedsel….maar nou leef julle almal in vreeslik. Dit is n groot krisis en niemand tree op nie. Sterkte aan familie…bid vir julle

Michelle ·

Dis verskriklik. Ons boere [wat ons land se mense voorsien van kos] moet eintlik so mooi opgepas word.
Maar kyk nou wat gebeur met hulle.
Sooo wreed en soooo verkeerd.
Sterkte

Danielle ·

Ek glo daar is n spesiale hel vir plaasmoordernaars… Ek kan nie bid vir reg en geregtigheid om te geskied nie, want dit gebeur nie. Ek kan net bid dat die Here met die moordenaars sal afreken…

Leonie ·

Sterkte vir julle! Dis n lang nagmerrie om deur te gaan. My pa is mei maand 2015 op sy plot deur sy werker vermoor en tot vandag nog niks met die saak gebeur nie. Polisie het sy foto asook die telefoon nommer wat ons hom op sy whatsapp dopgehou het gehad en nou nog niks. Dis baie moeilik om elke dag met die goed rond te loop. Sterk wees!

tamboti ·

maar laat iemand nou in ‘n hok of kis gesit word – dit is mos nou rasse haat en “wreed” en verdien almal se aandag.
En neem maar kennis: soos in die apartheids jare gaan hierdie plaasmoordenaars nog as helde deur die “volk” vereer word.

Johanna ·

Hartseer. hartseer. ek is verslae want ons lees elke dag van n plaasmoord. sterkte aan die familie.

Justice ·

Twee pragtige mense – ‘n onomkeerbare verlies vir die land. My innige simpatie aan die familie – ek het nie woorde om my gevoel te beskryf nie. Niemand verdien dit om so onmenslik wreed vermoor te word nie.

Rob ·

Nog n’ roof!!saam met moord, hier is it’s nie pluise nie. Maar eendag as al die boere uit Vermoor word sal dit net nog n’ Magabe trick wees.

Susan ·

Innige simpatie. Dis so wreed. Ek wonder net hoe weet Van Niekerk dat haar pa onder voorwendsel dat kalf siek is in stoor gelok is, aangesien albei oumense reeds dood was toe hulle gevind is. Het van die plaaswerkers dit gese?

vermeende ·

Die blanke gemeenskap het seer, ons volk bloei.
Ons ou mense word wreed verniel en tog staan die liberales onder ons gereed om soos n pitsweer ons te vertel hoeveel erger dit kon wees.
Ons is vannig besig om dit punt te bereik waar samespreking en n gekla oor blanke moorde verby sal wees.
Die vraag kom al hoe meer op, is dit jou Christelike plig om jou naaste te beskerm of plaas ons gerieflik daai plig op ons Skepper sodat Hy die akuld kan dra.
Die tyd is hier om by Bloedrivier te gaan kers opsteek. Neem die besluit om al die moorde te wreek en bid dan vir hulp soos Pretorius en Cilliers gedoen het.
Ek hoop almal wat agter bly kan berusting vind.

Johan Likkewaan ·

Ja nee kyk. Hulle gaan maar sukkel om te boer as al die boere vermoor is. Zim het nie veel boere oor nie om te help..

Mike ·

Kobus jy is reg die lyding word net uitgerek. Daar is geen hoop meer vir Suid-Afrika. Kyk na Zimbabwe en soveel meer Afrika state en word wys.

brenda ·

Dis net te tragies!! ekt nie eers besef daars nog blankes in daai omgewing nie? Ons het jare n plaas op Kalbasfontein gehad; MOES dit verkoop teen appel en ui; daardie hele area n plakkersgebied geword; ek dink nie daars veel witboere oor daar nie? dis verskriklik hierdie moorde!! my hart huil.

Bokram ·

Ek het al baie gewonder waar word hierdie plaas moordenaars gekweek,die feit dat dit net nooit ophou nie,al word hulle toe gesluit ook,daar sal net nog en nog wees,dit is definitief n beweging met doel om te moor en te martel en die daad te verdoesel met kamtig roof of n loongeskil,die selfde ou storie oor en oor,dis selde die plaas werkers wat moor,hy weet waar is sy brood en botter,dis mense van buite,iewers moes hy die idee gekry het om die moord te kom pleeg,ek bly ook op n plaas en slaap al hoe ligter saans.

AL ·

Ek het ook al gewonder waar hul opgelei word. Ek glo vas dat daar opleidingskampe is.

James ·

Die twee persone wat altyd so aanvallend is,hoekom nou so stil.Sterkte aan die familie,ons is met julle in hierdie hartseer tyd.

Frans C ·

Na al die jare wat ek aktief in die politiek op plaaslike vlak betrokke was, kan ek net een ding sê, die liberale Afrikaner onder leiding van F W de Klerk en kie en bygestaan deur ‘n liberale pers, wou eenvoudig nie luister nie.

Dit het die mense wat ernstige bedenkinge uitgespreek het oor die beoogde nuwe Suid Afrika,as agterlik en verkramp uitgebeeld. Vandag is hulle tjoepstil, roep nie die regering
word deur hul toedoen aan bewind gekom het tot verantwoording nie.

Die liberale pers is nie so fel in hul kritiek teen die huidige regering as wat hul teen die NP-regering was nie. Die kerk roep ook nie die regering tot verantwoording nie.

Daar het ‘n gevoel van verlammende verlatenheid oor ‘n groot deel van die Afrikanervolk toegesak, soos skape wat in die mis verdwaal het en blêr sonder koers.Dan soos gewoonlik is daar die ‘verligtes’ wat nie direk geraak word nie en reken dat hul eintlik heel OK in die nuwe Suid Afrika is.

Nou vra ek hoekom het derduisende Afrikaners diensplig ondergaan, waarvan ‘n aantal op
die grens hul lewe verloor het, om nou magteloos toe te kyk hoe mense vermoor word,sonder dat hul instaat is om iets daaraan te doen, terwyl hul taal en kultuur geninag word in ‘n gekkeparadys, wat ‘n reênboognasie genoem word?

Alida ·

Ek hoop Steve verkry fotos by al die families van die vermoorde plaasboere (die SAPD sal dit nie gee nie) en neem dit saam USA toe. Ek dink Donald sal opgooi as hy dit sien. Hulle glo mos nie wat hier aan die gang is nie.

Maryke ·

My skoonouers is ook wreed vermoor 6 Des 2015 op Sussensvale. Ons gebede is by julle ….Wees sterk en Vra God om jul te dra op die pad vorentoe.

Mags ·

My innige simpatie. Woorde is daar eintlik nie maar weet ons dink en dra julle op in ons gebede. Ek wonder net hoekom sien ons hierdie wrede berigte nie op SABC nuus nie en word net met daardie ander ‘gifnuus’ in ons kele afgedruk. Die wêreld moet sien wat werklik on SA gebeur met ons mense ook.

Deloris ·

Ai my hart is stukkend saam met julle. My moeder het deel geword v.d. statistiek…. my hart bloei want haar moordenaar is missing in action vanaf 1999. Ek dink aan julle.

DusTyd ·

Ek dink dus tyd ons Afrikaner wit mense staak en ook toi toi vir n week wonder wat dan sal gebeur.

Daan ·

Mense wees waaksaam.Dra ten minste pepperspray by jou en hang ‘n remote paniekknoppie om jou nek.

Alida ·

Daan jy is reg. Die paniekknoppie hoort nerens anders as om jou nek nie. Dit beteken niks op ‘n ander plek nie. Die moordenaar gaan nie wag tot jy hom gekry het nie. Asb mense hou die ding aan jou lyf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.