‘Hulle kan nie die monumente uit ons harte verwyder nie’ – sê Steve

Sunette Bridges met ʼn ketting vasgemaak aan die standbeeld van die geskende kryger. Foto's: Phillip Bruwer

Sunette Bridges met ʼn ketting vasgemaak aan die standbeeld van die geskende kryger. Foto’s: Phillip Bruwer

Meer foto’s van die geleentheid volg onderaan die berig

“Oom Cecil, Tante Vic, Oom Jan en Oom Paul, my liefde vir my erfenis is so sterk dat selfs die vandalisme en verwydering van jul monumente boggerôl kan doen aan die monumente wat julle klaar in my hart het. Dit kan nie uit die hart verwyder of geskend word nie. Dit is hoekom hulle dit haat as ons Die Stem sing, want hulle kan dit ook nie skend of verwyder nie.”

Dit was Steve Hofmeyr se woorde Woensdag op Kerkplein in Pretoria by die voet van Paul Kruger se geskende standbeeld, waar honderde mense bymekaar gekom het in protes teen die vernietiging van Afrikaners se erfenisskatte.

ʼn Soortgelyke byeenkoms is ook in Adderleystraat in Kaapstad by Jan van Riebeeck se standbeeld gehou.

Die protes volg ná ʼn vlaag voorvalle waartydens standbeelde onder meer geskend is. In een van die jongste voorvalle is die standbeeld van Paul Kruger Sondagaand op Kerkplein in die Pretoriase middestad met groen verf besmeer. Pres. Jacob Zuma se “onverantwoordelike en uitlokkende stelling” dat alle probleme in Suid-Afrika ontstaan het met die landing van Jan van Riebeeck in 1652 word vir dié dade verantwoordelik gehou.

Dit het die sanger Sunette Bridges en ander rolspelers genoop om die wiel aan die rol te sit om die byeenkomste te beplan, waartydens Bridges, Hofmeyr en verskeie rolspelers van Afrikaner-gemeenskappe en politieke partye toesprake gelewer het. Almal was dit eens dat die standbeelde daar is om te bly en dat daar nie met die land se geskiedenis en erfenis ingemeng moet word nie.

Deelnemers het plakkate, die ou landsvlag en die vierkleur rondgeswaai, terwyl nuuskierige omstanders toegekyk en soms opmerkings geskree het. Daar was ʼn sterk polisieteenwoordigheid en ook ander veiligheidsbeamptes.

Van die plakkate wat rondgeswaai is, het gelui : “Steve vir president”, “Los ons erfenis uit”, “Ons gaan nêrens! Dis ons erfenis en simbole” en “Ek is Jan dit is my skuld. Ons almal is Jan”.

Steve Hofmeyr het omstreeks 13:00 die skare in Engels toegespreek en vir diegene wat erfenisskatte wil afbreek, ʼn paar geskiedenislesse gegee.

“Kruger het goeie verhoudinge met jul voorvaders bevorder. Gaan Google dit, as julle kan lees,” het Hofmeyr gesê. “Hy het oorlog verklaar teen die grootste koningryk in die wêreld en het geweier om onder die Britse vlag te sterf. As julle dit nie oplees nie, sal julle dit nie weet nie. As julle die skole afbrand, gaan julle dit nie kan oplees nie.”

Hy het gesê daar is geen monument in die wêreld wat niemand aanstoot gee nie en gesê politieke party kan soveel monumente bou as wat hulle wil, maar moet dié uitlos wat reeds staan.

Hy het ʼn boodskap aan Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), gerig en gesê dit is skynheilig om ʼn beroep te doen dat monumente van kolonialiste verwyder moet word terwyl ander bydraes van Westerse lande aanvaar word. “Lees, skryf, die tegnologie wat jy geniet, sport, paaie, infrastruktuur en selfs die Engelse taal is aan kolonialiste te danke. Engels was die grootste bydrae wat Cecil John Rhodes tot Afrika suid van die Sahara gemaak het.”

Hofmeyr het gesê daar is verskeie Engelse en Afrikaner-aktiviste wat reg staan om terug te baklei sou die skending van erfenisstukke voortgaan, maar het hulle aangemoedig om dit nie te doen nie. “Dit is nie nou die tyd nie, nie vandag nie. Ons gee die regering die voordeel van die twyfel om reg op te tree en ons respekteer die beskawing.”

Hy het afgesluit met Paul Kruger se laaste woorde wat verewig is voor sy dood, waarna hy en Bridges saam met die ondersteuners Die Stem gesing het. Dit het Bridges emosioneel gelaat.

Bridges het haarself daarna met ʼn ketting aan die standbeeld van die geskende kryger vasgemaak en gesê dit is ʼn simboliese teken van wat sal gebeur as die regering dit durf waag om enige standbeelde te verwyder. Sy sou op Kerkplein bly totdat ʼn beampte van die Tshwane-metro ʼn versoekskrif, wat al deur bykans 10 000 mense onderteken is, in ontvangs geneem het. Sy het gesê dit was egter nie nodig nie, aangesien amptenare glo nog voor die verdigtinge om 10:00 sou begin, dit in ontvangs kom neem het. Klik hier om die verklaring te sien.

Bridges het ná die verrigtinge aan Maroela Media gesê sy is baie tevrede met hoe die verrigtinge verloop het.

Hier  volg Hofmeyr se volle toespraak en die sing van Die Stem:

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

65 Kommentare

Pierre Celliers ·

Goed, dis nou verby, die optog, die toesprake, wat niemand, behalwe die optog gangers, na geluister het nie en wat buitendien ook hulle sentimente dra. Wat is hierdeur bereik?
Boggerol! En Sunette maak haar met kettings vas aan ‘n beeld! Wat op dees aarde doen dit aan die saak? Net mooi boggerol! Dis tyd vir aksie! Nie self opheffing nie!

Johannes ·

Pierre Cilliers, so jy is ook een van daardie Afrikaners (of is jy dalk nie een nie?) wat jou mede Afrikaners aanval as hulle die moeite doen om ons saak te verdedig. Om af te praat na hulle en om hulle te beledig dra nie by tot ons saak nie. Blykbaar weet net jy hoe om die saak te hanteer. Jy se dis tyd vir aksie. Ons wag in spanning dat jy hierdie sogenaamde aksie reel en die voortou neem, sodat ons kan sien of jy reg is. As jy niks doen binne sewe dae nie (dit is 3 keer langer as wat dit vir Steve en Sunette geneem het om tasbaar te reageer), sal ek en vele ander opregte Afrikaners jou uitlating as holle woorde beskou. Probeer volgende keer om ‘n bietjie meer positief te wees.

Lynette ·

At least het hulle fisies die moeite gedoen om te gaan se dat dit nie sommer net vir vat en verwyder is nie dat dit dalk nie sommer net ‘n push over gaan wees nie so as jy nie daarvan hou nie los hulle uit tenminste het hulle ‘n passie vir iets wat jy dalk later nie kan tergkry nie en dan wil jy huil en dan is dit te laat

Andre ·

Die ondergang van die Afrikaner is die Afrikaner self. Die Afrikaner het die kuns vervolmaak om verskonings uit te dink. Ons het ‘n lang-termyn strategie nodig om die Afrikaner te red en enige strategie wat in ‘n nuus kommentaar inpas is nie die moeite werd nie. Gaan kyk hoe die Jode dit doen, daardie mense het van niks af ‘n land gebou. Voordat ons by strategie kan uitkom, het ons ‘community’ nodig en dit is wat Sunette en Steve gedoen het. Nog een ding, Jesus het die ‘kommin’ en dom mense gebruik om sy evangelie te versprei en kyk hoe ver het die evangelie versprei – hulle het ‘n damn goeie job gedoen. So, Pierre en al die ander werfbobbejane soos jy – as jy te dom is om dit in te sien, bly dan liewer weg want jy sal die
groep se IK net nog meer afegebring het. EK IS JAN!!!!!!!

RK ·

Tyd vir aksie se jy Pierre? Mmm… Goed, kom vertel ons bietjie presies wat doen jy vir ons volk toe? Moet nie vergeet om die bewyse te lewer nie hoor. Datums by fotos ens waar jou naam en gesig gekoppel kan word. Tot jy dit kan doen hou jou groot mond van die af wat nie te slap gat is om op te staan nie. Dat ‘n vrou jou moet wys hoe dit gedoen word is ‘n skreiende skande!!!

Pierre Celliers ·

Dat ‘n vrou my moet wys om wat te doen? Myself vasketting aan ‘n standbeeld? Terwyl die wat ge-affronteer veronderstel is om te voel, nie die intelligensie het om te besef wat word eintlik daarmee bedoel nie! Sinneloos! Slapgat is om op te staan?! Om wat te doen? Saam met ‘n paar, nie so “bright” mensies, so’n bietjie lekker saam te stap en goed te voel daaroor?
Nee wat, dis tyd mors, ek spandeer liewer daardie kosbare tyd om my mense met amputasies en kanker lyers, soos ek, te besoek en te onderskraag en saam te bid, soos wat ek al jare doen DIT is tyd en energie, baie beter spandeer!! Jammer om jou borreltjie te bars, maar jy lyk vir my so al die “slapgat” een! En, wat laat jou dink ek gaan aan jou bewyse, vir wat ookal, lewer?! Jy sal jou wat verbeel!

Jan Rademan ·

Pierre.Ek dink jy is te lafhartig om deel te neem aan aksies soos Kerkplein. Te bang daar is dalk konfrontasie. Papbroek. Wat het jy al vir arm Afrikaners gedoen. Bring bewyse wat jy al gedoen het, of klim maar weer onder die bed in waar jy voel. Pateet.

RK ·

Whahaha!!! Verskonings verskonings verskonings. Tipies. Die anc bloed stroom duidelik sterk deur jou are… Jy kan nie verantwoordelikheid neem vir jou eie onvermoe om op te staan vir wat reg is nie. Nee, dis makliker om te spot met die wat nie saam jou in die hoekie wegkruip en nou en dan die moed bemekaar skraap om oordeel te braak oor die gene met murg in hul pype nie. Behoede ons, want wanneer daar gekerm word oor die gemors wat in die land aangaan is jou stem die hardste. Solank niemand verwag dat jou jou handjies vuil maak nie ne. Indien iemand durf om jou daarop wys dat dit jou ‘n slapgat maak dan probeer jy die argument omdraai. Probeer weer, keybord warrior. Niemand hier is beindruk nie. Gaan kruip nou maar weer terug onder mamma se rokspante sodat jy nie in die pad van volwassenes kom nie. Jy word dalk net doodgetrap in die proses…

Pierre Celliers ·

Jy’s lekker los met die tong totdat ‘n konflik situasie opduik, en ek voor in die linie sal staan en wonder of jy ooit gaan opdaag, en of jy dalk op nog ‘n veilige uitstappie is!

Jo ·

Weet iemand dalk of de Klerk ‘n piecejob as sensor by Maroela beklee? Hulle wil nie my antwoord aan RK plaas nie en ek neem dus aan hulle het een of ander renegaat in diens.

Jo ·

Kom ek probeer weer. Miskien plaas hulle dit nou.
RK, ek dink jy verstaan Pierre se plasing dalk verkeerd. Ek het eergister verwys na toesprake, betogings, gesprekke, briewe aan die staat ens. wat telkens geen indruk op die regering gemaak het nie omdat hulle in elkgeval doen wat hulle wil, ongeag wat ons prbeer doen om te red wat daar te redde is. Die rede waarom hulle ons ignoreer is bloot omdat hulle besef ons is gewoon te sleg, papbroekig en lamsakkig om hulle te stop. Ek het net soos Pierre gesê dat die gemoan, gepraat, onderhandel absoluut niks help nie. Ek het groot waardering vir almal wat op Kerkplein was en iets probeer doen het om die verwoesting te stop maar Pierre is 100% reg. Dit help niks want die staat steur hom hoegenaamd nie daaraan nie. En so wrintiewaar, daar hol hulle toe sommer direk na die koning van Holland om te gryp aan sy broekspype in die hoop dat nederland sal ingryp. Kom ons aanvaar maar wat Pierre sê. Ons het sodanig versleg dat ons geen indruk maak nie en te sleg is om ons eie land van totale vernietiging te red. Moan kan ons goed doen. Mens moan nie so ‘n chaos reg nie. Hierdie land kort daadwerklike gemotiveerde en drastiese aksie om die stommerikke in hulle spore te stop en dit kan net slaag as elke volksgenoot die wil openbaar om saam te werk.

Pierre Celliers ·

Dankie Jo vir jou ondersteuning. “n Lekker saam stappery doen net mooi niks aan die probleem nie.

Riaan Slabbert ·

Pierre en Jo, ek verstaan wat jul probeer se, maar se my eerlik, wie dink julle gaan op die einde van die dag die meeste bereik? Julle wat hier sit en se dit beteken nieks, of die wat darm die aandag trek met daadwerklike optrede? Met daadwerklik bedoel ek…dis op tv en in die media en baie slapgat Afrikaners begin skaam kry (en dalk ook bietjie ruggraat) om te sien dat iemand IETS doen i.p.v om hier tes it en kerm oor die oormag. Julle wat se Afrikaners kannie saamstaan nie…die tong is Magtig. Julle SAL nie saamstaan nie want julle het klaar besluit jul kannie en wil nie. Staan eerder op en ondersteun die wat wel iets probeer doen Dis nie jul/ons beste kans nie…dis ons ENIGSTE kans.

Riaan Slabbert ·

Pierre, n lekker saamstappery wys die regering dat daar mense is wat ongelukkig is en dit wys aan die wat nog nie saamstaan nie, dat daar WEL saamgestaan kan word. Dit skep n gevoel van samehorigheid, wat kan lei tot beter samewerking/smelting ens. Jou gesanik hier….komaan Pierre…se wat dink jy werklik wat beteken DIT vir ons mmmhh?

Thinus ·

Baie dankie, Sunette, Steve en al julle ander wat daar was! Ek skaam my egter vir die klomp hierbo wat mekaar in die hare vlieg in plaas daarvan om saam te begin staan.

Rynhardt ·

Die SABC het skaars 1minuut dekking van Sunette Bridges en Steve Hofmeyer gegee by standbeelde! Daar was sjaars 200 mense en die optog was n mislukking.Die anti-Afrikaner party, die DA voeg nou sy stemmetjie by, want volgende jaar se afgewaterde verkiesing le weer voor! Wat mense soos Hofmeyer en Bridges nie verstaan nie, die Anc het al die mag, danksy De Klerk wat dit op n skinkbord aangebied het vir sy gelieffe Anc!Selfs Zuma en daai diktator, Mugabe het grappe oor standbeelde gemaak! Die kommuniste lag hul pap vir Bridges en Hofmeyer!

boer ·

ons was met die slag van Bloedrivier ook net n handjie vol, teen n oormag . Ons het dit toe met die hulp van ons Vader die oorwinning gekry, en ons sal dit weer kry.

Daar sal weer net n paar van ons wees, want die res sal eerder kommentaar van die kantlyn lewer oor die 200 mense wat opgedaag het.

Riaan Slabbert ·

Pierre en Jo, ek verstaan wat jul probeer se, maar se my eerlik, wie dink julle gaan op die einde van die dag die meeste bereik? Julle wat hier sit en se dit beteken nieks, of die wat darm die aandag trek met daadwerklike optrede? Met daadwerklik bedoel ek…dis op tv en in die media en baie slapgat Afrikaners begin skaam kry (en dalk ook bietjie ruggraat) om te sien dat iemand IETS doen i.p.v om hier tes it en kerm oor die oormag. Julle wat se Afrikaners kannie saamstaan nie…die tong is Magtig. Julle SAL nie saamstaan nie want julle het klaar besluit jul kannie en wil nie. Staan eerder op en ondersteun die wat wel iets probeer doen Dis nie jul/ons beste kans nie…dis ons ENIGSTE kans.

Thys Du Plessis ·

Dit breek my hart dat my volk nie leer nie. Ek sien dit gaan nie anders wees hierdie keer as al die ander kere nie. Daar gaan n spul leiers opspring wat die volk bymekaar gaan maak soos met die Voortrekkers en dink hulle kan met n barbaar onderhandel. Die barbaar gaan dink hulle het hom bevark en gaan dan sy mag gebruik om hulle te probeer uitroei en wanneer hierdie volkie uiteindelik op die punt kom dat hy besef dat daar geen vermoë in hom is nie en al sy afgode daarmee heen is sal hy weer tot God roep in opregtheid en ons getroue Vader sal weer Sy hand uitsteek en ons uitred.
Gaan ons dan weer standbeelde oprig en mense agterna loop en nie AL DIE EER AAN HOM EN HOM ALLEEN GEE nie?
Sodat ons nageslag maar weer kan eindig waar ons nou is?
Ja dit is tyd vir aksie die tiepe aksie wat die Voortrekkers van geleer het tussen die Bloukrans moorde en Bloedrivier, maar wie verstaan nou eindelik wat dit beteken, want dit loop saam terwille van n spul beelde, dooie goed wat geen voordeel bring nie en dan voel almal lekker en verder is daar boggerol, niks, nothing, nul.

Die leiers ketting hulle aan beelde vas, en die volk het steeds geen idee waarom hulle in die toestand is wat hulle in is nie. Al wat vir hulle deurgegee word is dat hulle kultuur erfenis belangrik is of dit God behaag en of dit Sy toorn wek, dit maak nie saak nie, die mens is belangrik en wat God se wil is het geen insae nie.

Blinde leiers wat ander blindes lei, julle hoef nie blind te bly nie julle weet dit.

Johannes ·

Rynhart, eerstens, die 1 minuut dekking van die SABC spreek vanself. Hulle sal nooit die Afrikaner se saak steun nie. Tweedens, die min mense wat bygewoon het is a.g.v. die kort kennisgewing (24 uur) asook omdat dit ‘n weeksdag (werksdag) was. Anders sou ek en vele ander ook daar gewees het.

Hendrik ·

Mag dalk wees dat hulle lekker lag, maar soos die spreekwoord se, wie laaste lag, lag die lekkerste. Die laaste hoofstuk van die land se geskienenis is nog nie geskryf nie. Ek hou van die ontwaking wat ek begin sien in die Afrikaner soos die onderdrukking van ‘n kommunistiese rassistiese regeering al hoe meer gevoel word. Ek hoop dat my kinders eendag sal terug kyk en sal kan se dat hulle pa deel was van die terug veg van die Afrikaner om vir hulle ook ‘n toekoms te kon verseker.

Pretorius ·

Dankie Sunette en Steve dat julle darem die moed het om iets vir ons Afrikaners te doen. Moet julle tog nie steur aan draad sitters veraaiers en groot bekke nie. Almal is baie ontevrede met die skending van ons Monumente maar sal nie eers n poging aanwend om julle te ondersteun nie. Dit is maar nou net so dat baie van ons nie net daar kan opdaag om te ondersteun nie maar vir die wat wel daar was. Baie Dankie

EMK ·

As iemand van mening verskil en ‘n ander realiteit as sommige hier het, waarom hulle nou skielik as draadsitters en verraiers uitkryt. Kinderagtig verby. Gaan lees tog wat die woord verraaier en die woord draadsitter regtig beteken en gebruik di tin die regte konteks. Dis elkeen se REG om dinge te sien soos hulle wil en ook daarvolgens kommentaar te lewer. Ek sine ook nei wat ‘n gevaskettingry en stappery nou regtig gaan verander nie. Daar is ander beter manier om die tipe goed te beveg as met geketting en gestap. Ooo en nou wag ek weer vi ralmal om te vra wat doen ek ens ens – selfde ou deuntjie oor en oor. Gaan sit julle slimjannies en DINK mooi wat en hoe julle regtig kan doen om persepsies te verander. Dit gaan NIE met bogenoemde maniere gebeur nie. En dis my REG om my standpunt te stel en ek is trots Afrikaans en beslis nie ‘n draadsitter of verraaier nie. Ek vra ook nie verskoning van my standpunte nie, ek is ‘n VRY mens en ek kan self dink.

EMK ·

En natuurlik is Maroela dadelik by om kammig te modereer – komaan kom by en plaas my standpunt Maroela. Dis nou natuurlik indien julle wel vryheid van spraak hier toelaat!

EMK ·

Komaan Maroela, waar is my kommentaar? Hoekom kan mense soos “gemors” en weet nie wat se erger woorde oor Zuma, Malema ens gebruik maar sal julle dit toelaat as iemand dit oor Bridges/Hofmeyr gebruik? Nee natuurlik nie want julle is nie konsekwent nie! Julle is nog minder “unbiased”! En ek het nie eers iets soos dit geskryf nie. Laat elkeen toe om te sê wat hy wil soos julle sê julle doen!

Andre ·

Pretorius lyk my jy het ‘n spyker van EMK raak geslaan. Sy reaksie dui daarop dat hy kan identifiseer met die draadsittery. Ek het dan die reg om my standpunt oor jou standpunt te spreek net soos jy jou standpunt oor die Afrikaner se standpunt oor die standbeeld spreek. Jy is draadsitter en dit is dieselfde deuntjie waarvoor almal al moeg is want jy gee stereotipiese draadsittery kommentaar. Weereens jy gee baie kommentaar maar geen oplossing nie, O wag jy het nie ‘n oplossing nie daarom kritiseer jy. En hou op om Maroela se naam te belaster

nig ·

Andre gaan google asb die betekenis van belaster. En lees dan weer JOU kommintaar

Cahrine Pretorius ·

Snaaks hoe jy aanval en veroordeel, en dan jouself verdedig, nog voor enige iets gese is….”Gaan sit jou slim jan, en DINK mooi, wat en hoe jy regtig kan doen om persepsies te verander…

Ella Nell ·

Ek is gatvol verby vir al hierdie nonsens. As hulle nie meer ons erfenis beelde wil he nie, wil hulle ook nie die geboue he nie! Vee die goed plat met stootskrapers, man! Ons het die plekke gebou maar hulle wil dit gebruik onder hulle voorwaardes?? Vee plat!

Johan ·

Miskien moet jy maar weer die kommentare lees! Dis duidelik ook op jou van toepassing

Gideon Roos ·

Ek het slegs een korreksie om in die geheel te maak.
Ons regering is nie Kommunisties nie. Hulle is nie georganiseerd genoeg om Kommunisties te wees nie.

Hulle is Kleptokraties.

Riaan Slabbert ·

Kan jy meer inligting gee asb Jean? Of is dit maar n hoorse storie wat jy aanhang asof dit uit die Bybel self kom?

SI ·

Die een groot probleem van ons Afrikanervolkie is dat ons nie die vermoë het om saam te staan vir ‘n saak nie. Ons het almal ‘iets’ te sê oor al die negatiewe dinge wat gebeur onder die huidige regering maar bitter min is bereid om saam te staan en ‘n stem te gee daaroor. Kyk maar na baie van die meer liberale Afrikaners in die vorige bedeling …. hulle voel maar eintlik dieselfde as ons gewone mense maar dit was makliker om hulle stem dik te maak totdat die huidige regering aan bewind gekom het in 1994 en ALMAL nou onder dieselfde kam geskeer word. Al wat ek weet is dat daar wel mense is wat nie gaan toelaat dat ons erfenis net vernietig gaan word nie ……

Aski van P ·

Die een groot probleem van ons Afrikanervolkie is dat ons nie die vermoë het om saam te staan vir ‘n saak nie. Ons het almal ‘iets’ te sê oor al die negatiewe dinge wat gebeur onder die huidige regering maar bitter min is bereid om saam te staan en ‘n stem te gee daaroor. Kyk maar na baie van die meer liberale Afrikaners in die vorige bedeling …. hulle voel maar eintlik dieselfde as ons ‘gewone mense’ maar dit was makliker om hulle stem dik te maak totdat die huidige regering aan bewind gekom het in 1994 en ALMAL nou onder dieselfde kam geskeer word. Al wat ek weet is dat daar wel mense is wat nie gaan toelaat dat ons erfenis net vernietig gaan word nie ……

Cindy ·

Dankie vir Steve en Sunette wat julle probeer doen…. Maar tog die mense wat daar was lyk so “commin” Steve jy pas nie daar nie… Sunette ek weet nie wat om te sê van jou nie. Maar NEE… OP die ou einde dit help nie om te baklei teen so groot swart massa nie… Ons gaan nerengs kom nie… Kan die stand beelde net geskruif word na die Voortrekkermonement toe nie.. dan is dit uit almal se oog en pla niemand nie… Dan kan ons mense wat dit wil besoek dit gaan besoek en die besoekers ook nie so aangeval word op kerk plein en dele van die land nie… want die Voortrekker monument is groot gaan sit alles daar… my mening…

Riaan Slabbert ·

op die einde van die dag is dit die “commin ” mense wat sal opstaan en oorwin. Die soos jy Cindy…dis julle wat gaan val, sonder om weer op te staan. Tragies…

Ben ·

Hulle moet seker jou dak oor jou kop ook na die VoortrekkerMonument toe skuif? Sal jy dan eers wakkerskrik? Die mense daar moes hulleself seker opgedollie het om jou gelukkig te hou? ‘n Modelparade? Jy moet ook dalk na ander lande kyk; daardie swartmassa, waarvoor jy so bang is, gaan ‘n swartdruppel wees. Neentig persent sal land uitvlug. Ek kan jou wel se dat soos ek die kommentare regoor die web lees, het hulle BAIE bereik en ek is trots op my mede Afrikaners – VERAL Sunette – wat jy nou probeer afkraak. Ek los jou met die woorde van Oom Kruger, lees dit en sien hoe ons verdeeld is en nog steeds in hulle hande speel. Dit is tyd dat JY ook opstaan en saam met JOU Volk staan. —- “Dit stem my eweneens tot dankbaarheid om te sien dat daar eenheid, daardie eendrag by u heers. Vergeet nooit die ernstige waarskuwing wat lê in die woorde: “verdeel en heers” nie, en sorg dat hierdie woord nooit op die Afrikanervolk van toepassing sal kan wees nie. Dan sal ons nasionaliteit en ons taal bly staan en bloei.” – S.J.P. Kruger.

Helena ·

Dan kan hulle mos sommer maar ook al die witmense ook uit Suid Afrika skuif, dan is ons uit hulle oog en ons pla niemand nie. Dan is daar absoluut niks van ons Afrikaners en ons erfenis oor om hulle te “pla” nie. Hoekom verf jy nie jouself bruin nie, dan pla jou wit vel hulle nie meer nie en dan is dit uit die oog…. O ja, amper vergeet ek… dit is mos rasisties!

anne ·

Regtig Cindy is dit nodig om na mense te verwys as ‘commin’? Sies man

Danny ·

Cindy ek dink jy is die “common” een wat nie daar was nie, let asseblief ook op dat ek die woord ten minste reg gespel het, netso terloops, ou common wat nou hier tik was ook daar gewees. Wat gee jou die reg om ander as “common” te bestempel in elk geval, ry jy dalk ‘n “fancy” BMW of dra jy net sekere bekende “Brand Name” klere dalk of behoort jy miskien aan een of ander Afrikaanse elite groep wat jou nie common maak nie. Het jy dalk met enige van die common mense daar gesels gister, hul hand geskud, gevra hoe dit met hulle gaan, of hulle werk het, hoe dit met hul besighede of boerderye gaan en of hulle al familie afgestaan het aan geweld of plaasmoorde in die land. Nee jy het nie, maar verkies eerder om jouself te probeer beter laat voel deur die snert te skryf wat jy hier kwytgeraak het. Jy weet ook nie wat om van Sunette te se nie, kan ek jou se hoekom nie, want jy kan nie, lig jou agterent en doen net een dag wat sy doen. Laastens wil ek net vir jou se, dit is seker een van die “commonste”dinge om te doen om jou medemens “common”te noem, ek kry skaam vir jou

Eliza-beth ·

My mening: Wat se “oom Cecil” ens is dit nou? Is julle familie?? Cecil John Rhodes was nie juis VIR die Afrikaanssprekendes nie. MAAR moet ek byvoeg dat mense so tekere moet gaan oor goed wat wel in die SA geskiedenis gebeur het en voel standbeelde (sic) maak dat hul minderwaardig voel is belaglik verby. Die Engelse het ons in die Anglo-boer-oorlog verguis maar loop ek nou nog elke liewe dag en haat elke Engelssprekende of het ek die gevoel gekry ek is minderwaardig as ek by enige standbeeld van enige Engelsman/vrou/koningin verbyloop? Dis alles belaglik verby. Los die standbeelde tog uit vaderland! Dinge in die geskiedenis HET gebeur en al hou ek dan nie van Cecil John Rhodes en waarvoor hy gestaan het gaan die verwydering van sy standbeeld niks daaraan doen nie. DIE GESKIEDENIS HET WEL GEBEUR – mens kan dit nie herskryf nie! Eleonor Roosevelt het tereg gesê “No-one can make you feel inferior without your consent”. So ek voel waaragtig nie minderwaardig by enige monument van wie ookal nie; as swart mense dan so voel, dan WIL hulle so voel dan is daar fout met hulle! Klomp martelaars.

Riaan Slabbert ·

Pierre, ouens soos jy, Rynhardt en Jo, ise probleem is doodeenvoudig. Julle het bloot nie OPGEDAAG vir die game nie. Go figure.

Pierre Celliers ·

Juis, ons wil nie “games” speel wat niemand hulle aan steur nie ! Hierdie is ‘n ernstige saak wat ernstiger aandag nodig het as hierdie “game” van jou ! As jy ernstiger aksie beplan, laat my weet en ek is daar, “boots en all”!

Naomi ·

Ai Pierre dis n wyse van spreke. Moenie vir jou dom astrant hou nie. Verwysing na game!

Marius Coertze ·

Jo en Pierre Celliers, julle tweetjies is deel van die brigade van sleutelbordsluipers wat hul eie mense (mede-Afrikaners) uitsonder vir felle en onophoudelike kritiek.

Self doen hierdie mense niks nie, en jy moet ook nie die fout maak om iets van hulle te verwag nie, want jy sal begroet word met ‘n stroom van verskonings en verwyte en beskuldigings, omdat jy durf waag om iets vd hierdie soort kuber-politici te verwag. Hulle kruip weg agter die veiligheid van hulle sleutelborde.

Wat wil hierdie soort sleutelbordsluipers met hulle onophoudelike kritiek teen hulle eie mense bereik? Wil hulle graag hul mede-Afrikaners nog meer moedeloos en mismoedig maak? Wil hulle graag totale apatie en oorgawe bewerk? Wil hulle graag die teenstanders vd Afrikaner ter wille wees? Dis hierdie tipe strategie wat deur renegate deur die eeue gebruik is om hul eie mense te ondergrawe en ryp te maak vir eerlose oorgawe en kapitulasie aan die teenstanders.

Ek was self gister by kerkplein, en ek dink is baie beter om daadwerklik iets te doen en fisies jou steun te gee aan sulke aksies, as om ewe beteuterd voor jou sleutelbord te sit en mense sleg te sê wat durf waag om op te staan vir wat reg en goed is. Wat is die alternatief wat sulke kritici voorstaan – algehele apatie en kapitulasie aan die teenstanders?

Dis jou eie kultuurgoedere wat tot groot mate bepaal wie en wat jy is en wat jou lewensuitkyk is. Daarsonder is jy bloot ‘n kurkprop wat dobber op die oseaan vd lewe en wat deur elke wind en seestroom heen en weer gesleur word. Rigtingloos en doelloos. Daarom dat ek sulke sleutelbord-sluipers verafsku.

Jan ·

Ek hoop net dat die liberaliste(Rhodes standbeeld) nou gaan begin agterkom dat alle blankes, nie net die Afrikaner(Kruger standbeeld), geteiken word. Die blankes is nie meer welkom in afrika nie, of jy nou gatkruip of nie, jou lot gaan dieselfde wees ! Ons het die land uit niks uit opgebou tot een van die top 10 lande in die wereld. Ons sal moet begin konsentreer op wat ons sterk punte is en was, en daarvolgens ‘n plan uitwerk hoe ons weer beheer kan neem . Die land is nog grootendeels afhanklik van die blankes se belastings, besighede en breinkrag, neem dit weg en niks bly oor vir die regerende party om van teleef nie. Dis natuurlik maklik om tepraat, meeste van ons leef nog in ‘n gemaksone wat ons nie wil prys gee nie, maar die tyd gaan kom dat ons sal moet opstaan. ‘n Klein begin soos nou met die optogte, is reeds iets. As elkeen iets klein doen, hoe gering ookal, gaan ons die suurstof begin afsny wat die regerende party aan die lewe hou. Die regering het ons meer nodig as wat ons hulle nodig het. Ons moet konsentreer op ons sterk punte en daarmee die regering verlam !

Thys Du Plessis ·

Dit breek my hart dat my volk nie leer nie. Ek sien dit gaan nie anders wees hierdie keer as al die ander kere nie. Daar gaan n spul leiers opspring wat die volk bymekaar gaan maak soos met die Voortrekkers en dink hulle kan met n barbaar onderhandel. Die barbaar gaan dink hulle het hom bevark en gaan dan sy mag gebruik om hulle te probeer uitroei en wanneer hierdie volkie uiteindelik op die punt kom dat hy besef dat daar geen vermoë in hom is nie en al sy afgode daarmee heen is sal hy weer tot God roep in opregtheid en ons getroue Vader sal weer Sy hand uitsteek en ons uitred.
Gaan ons dan weer standbeelde oprig en mense agterna loop en nie AL DIE EER AAN HOM EN HOM ALLEEN GEE nie?
Sodat ons nageslag maar weer kan eindig waar ons nou is?
Ja dit is tyd vir aksie die tiepe aksie wat die Voortrekkers van geleer het tussen die Bloukrans moorde en Bloedrivier, maar wie verstaan nou eindelik wat dit beteken, want dit loop saam terwille van n spul beelde, dooie goed wat geen voordeel bring nie en dan voel almal lekker en verder is daar boggerol, niks, nothing, nul.

Die leiers ketting hulle aan beelde vas, en die volk het steeds geen idee waarom hulle in die toestand is wat hulle in is nie. Al wat vir hulle deurgegee word is dat hulle kultuur erfenis belangrik is of dit God behaag en of dit Sy toorn wek, dit maak nie saak nie, die mens is belangrik en wat God se wil is het geen insae nie.

Blinde leiers wat ander blindes lei.

My volk kom baie moeilik tot die punt waar hulle God volkome vertrou en die rede hiervoor is omdat ons Hom nie werklik ken nie.

AP van Schalkwyk ·

Ek het nou net al die kommentare gelees en voel dat die slegse en afbreek van ander heeltemaal ongevraagd is. Elke person het die reg op sy eie mening en as dit nie met joune ooreenstem nie, is dit jou reg om te verskli MAAR sonder om beledigend te wees. Ek besef dat ons wittes in SA nou op n punt gekom het waar ons moet voet neersit en se tot sover en nie n sentimeter verder nie. Ek is hier gebore. Dit is MY land , netsoveel as dit die land van ander is
My taal, my lewenswyse, my kultuur,en alles om my is Afrika. Ek het geen meer kontak met oorspronglande in Wes Europa nie. Ek is Afrikaan en Afrikaner .
Maar nou is ek n derderangse burger in my geboorteland en DIT moet Nou verander. Ek weier om verder verneder te word as iets wat nie hier hoort nie. Wat moet ons nou doen? ek het n paar idees maar wil dit nie nou al uitspel nie.

Pieter Rousseau ·

Dit is jammer om te sien hoe die wit Suid Afrikaner besig is om sin te sien in wat hierdie land gebeur nie. As jy in ñ plek sit waar die geweld of rassisme jou nie raak nie is dit maklik om hierdie woorde kwyt te raak. As jy nie ñ kind wil leer van integriteit en dapperheid deur hom na ñ standbeeld van Japie Greyling te neem en hom te vertel dis ñ ware storie nie soos die dapper muis liedjie nie sal daar nie besef ontwikkel word van ons identiteit en hoe ons hier gekom het nie. Geskiedenis leer ñ mens deur jou foute en ñ standbeeld of monument kan jou neigings laat . Hoeveel mense se geloof word versterk as hulle na Bloedrivier gaan en sien hoe dit moes lyk waneer dit gebeur het en hoe God sy volk genadig was deur hulle. Sal dit nie jou geloof ook sterker maak? Sou die kaalvoet meisie by Harrismith jou nie leer van deursettingsvermoë? Dit is te maklik om te vergeet as jy geskiedenis miskyk. So moet jy ook leer hoe die Jode se monumente afgebreek is en hoe hulle leuens geglo het totdat hulle vergas of op ñ ander manier vermoor was. Dit is mense soos julle wat eindelik met die bloed op julle hande sal sit saam met die moordenaars. Jy het dalk kanker en gee nie om nie. Hier is baie jongmense met drome van ñ toekoms. So sit dit op jou “bucket list” en gaan na die monumente, die standbeelde en miskien leer jy iets en miskien sal dit jou sterker maak. Maar moenie waarskuwings miskyk nie. Moet die eerstelinge eers vermoor word? Dankie Sunette en Steve.

Rynhardt ·

Eerstens wil ek dit duidelik hier stel vir die ouens wat so hul mond oor my rek! Ek staan vir jare op vir die Here en die Afrikaner/Boervolk en ek doen dit nog steeds! Ek was op die toneel al voordat Bridges en kie verskyn het,en ek het gewaarsku teen die kommunistiese aanslag wat gaan kom teen ons mense! Niemand wou dit glo nie en dit was afgelag! Ek weier om Bridges en Hofmeyer te aanbid ,so ook dooie standbeelde!Die woord spel dit duidelik uit dat jy nie die knie buig voor standbeelde en afgode nie! Die Afrikaner/Boervolk se antwoord le by die Here, maar n deel van die “slimmes” wil dit nie weet nie! Dink ons vir een oomblik waar Bridges en Hofmeyer asook standbeelde verheerlik word, die Here gaan ons seen? Dit is die Here wat ons volk n krag gaan maak en talle beter vinnig wakker word! Dan is daar nog n kwessie wat ek wil aanspreek! Die vierkleurvlag is n fantastiese vlag, maar Bridges en kie het nie nie die reg om tans daardie vlae te swaai nie! Daardie vlae word tans liederlik misbruik om afgewaterde/propaganda -optogte te bevorder! Die vierkleur kan elkeen net swaai wanneer die Afrikaner/Boervolk geheel en al bevry is van sy vyande! Ek wil dit weer beklemtoon:Afrikaner/Boervolk net die Here gaan jou n groot wenner maak en ek veg nog steeds vir jou, maar jy moet jou deel ook doen vir Hom!

Andre ·

Ek is nie ‘n fan van Bridges en Hofmeyr nie, maar ek staan vir dieselfde as hulle. Ek aanbid die Here alleen so moenie vir algemeen nie. So wat jy se: as die swart mense jou huis kom omstoot gaan jy dit ook maar net los, want jy aanbid nie materialisme. Nou se jy vir my wanneer mag die Afrikaner saamtrek, watse kondiesies is nou eintlik geskik, wanneer die volgende boer vermoor word? Bridges is ‘n Afrikaner sy het die volste reg net soos jy die reg het om daardie vlag te wapper. Daardie is die strydvlag nie die oorwinningsvlag nie. Ons waai daardie vlag wanneer ons in stryd is. Jy beskou dit is afgewater wat het jy verwag ‘n bloedbad? Die Afrikaner gaan jou aanvat, want hulle beskou jou as sy mede, anders sou hulle jou net ge-ignoreer het.

Thys Du Plessis ·

Die probleem met ons volk is dat dit gaan oor homself, sy monumente, sy land, sy dit, sy dat. Die dag as ons weer besef, werklik besef dat dit nie oor ons gaan nie maar om God se eer dan eers sal dinge verander. Ek praat nou van God maar wat is jou en my definisie daarvan praat ons ooit van die selfde Wese, my volk is so mislei en die wêreld waarin ons vandag woon is so vol gruwel wat gewoon geraak word en selfs deur predikante goed gepraat word en ook gedoen word deur hulle, hoe sou my volk tot God kom as sy leiers verleiers geword het. Hierdie twee mense wat so agterna geloop word dink jy hulle het Nee gestem? Dink jy hulle luister of verstaan nou? Daar in net een plek waar wysheid vandaan kom en dit is nie uit die mens nie!

Jean ·

Kan jy nie onthou nie? Sy kinders was klein en sy vrou ongelukkig oor hy nooit by die huis is nie. Hy het openlik gespog oor hoe hy te slim is om al daai bybel bog te sluk. Maar jy is reg. Hier is die vrugte: Ezekiel 14:7-8 For everyone of the house of Israel, or of the stranger that sojourneth in Israel, which separateth himself from Me, and setteth up his idols in his heart, and putteth the stumblingblock of his iniquity before his face, and cometh to a prophet to enquire of him concerning Me; I the LORD will answer him by myself: And I will set my face against that man, and will make him a sign and a proverb, and I will cut him off from the midst of my people; and ye shall know that I am the LORD. O ek sien wat jy bedoel. Sy naam staan nie hier nie. Jammer.

Pieter Rousseau ·

Gaan kyk bietjie wat Sunette vir die Kleinvalleiers doen. Woorde is een ding, dade ñ ander.

Thys Du Plessis ·

Woorde is een ding dade is n ander, maar dade in gehoorsaamheid aan die Lewende God is die enigste. Piet Retief was ook n dader maar was sy dade uit God? Ek se nie als wat gedoen word is verkeerd nie, maar n verkeerde handeling op n hoë vlak maak groot skade.

Rynhardt ·

Weet jy Andre, ek gaan nie met jou argenmenteer nie! Ek wil net vir jou se, wanneer n mens n begrip van iets het, is daar hoop vir jou! As jy n halwe begrip van iets het, is daar nog steeds hoop vir jou! As jy geen begrip van iets het nie, dan is daar geen hoop vir jou nie! Jy val in die laaste kategorie! Daar trek sterk gerugte rond, dat daar reeds met Kodessa al besluit is om die afrikaner se standbeelde ens. te vernietig! Andre, jy weet nie eens dit nie! Wees kwaad vir jou NP -KP -bendes wat jou belieg en bedrieg het met hul kerkpakke, terwyl hul agenta was vir die nuwe wereldorde! Nog n ding Andre, jy kan my niks leer van wat in SA en wereld aangaan nie! Ek skrik nie vir jou of enige stommerik nie!

Rynhardt ·

Andre, jy is n gevaarlike man met jou interpretasie van dinge! Jy se:”so as swartmense jou huis kom omstoot, gaan jy dit maar los, want jy aanbid nie materialisme nie.”Dit het ek nie gese nie, maar dit is jou interpretasie! Aangesien jy dit voor my kop kom gooi het, gaan ek jou nou met die stok oor die kop slaan!Psalm 49 vers 12 is spesiaal vir jou:”Hul binneste gedagte is:hul huise sal vir ewig wees, hul wonings van geslag tot geslag”.Kyk of jy dit kan uitredeneer! Jy is oor een ding reg,ek is nie materialisties nie, want ek aanbid nie standbeelde nie; ek aanbid die Here! Dit is duidelik vir my dat jy vir jare gebreinspoel is deur politici en geen visie het nie!Kom ek spel een ding mooi uit vir jou , my ou!Wanneer dit kom by die moorde op ons mense, veg ek vir jare vir die Afrikaner/Boervolk en Here in koerante en oor die radio voordat jou geliefde Bridges en Hofmeyr op die toneel verskyn het! Ek het nie net die moorde op boere veroordeel nie, maar ook op afrikaners in stedelike gebiede en gese wie agter alles sit! Verder het ek ook gewys wat werklik internasionaal aangaan vir ons mense, want dit gaan alles n direkte inmpak he op SA! Nou kan n pateet soos jy sien, hoe ver my visie strek!Ek is so onbekend,dat ek 1837keer (my heel nuutste rekord) in koerante en oor radio verskyn het! Andre, as jy daai rekord kan klop; dan kan jy jou mond kom rek oor my! Tans kan n pateet soos jy, dit nie doen nie!Verder bid ek en baie Afrikaners asook engelssprekendes (jy het reg gehoor)gereeld dat die Here ons volk moet bevry van die ellende waarin ons mense hul tans bevind! So bewys ek myself in die lewe saam met ander as om agter jou dooie standbeelde te hardloop! Kan jy dit klop wat ek doen? Andre, dan wil ek ook na jou volgende misinterpretasie verwys:”Ons waai daardie vlag (verwysend na strydvlag) wanneer ons in stryd is.Jy beskou dit as afgewater, het jy n bloedbad verwag?”Ai, dit is duidelik dat jy kan nie dinge verstaan nie en dat jy van n ander planeet kom! Ek het nie na jou geliefde Strydvlag verwys as afgewater nie, maar juis na die afgewaterde optogte, want dit is wat dit is! Die Anc kan tans daardie strydvlag en vierkleurvlae beskou as verbode in SA, hoewel die vierkleur die vlag moes gewees het, wat moes gewapper het in SA, maar as gevolg van verraaiers het dit nie gebeur nie! Ek se weer wat ek gese het vir jou:”Die vierkleur kan net wapper, as die Afrikaner/Boervolk bevry is van sy vyande”.Dit wys my respek vir die vlag! Dit is duidelik jy kan nie dinge in die regte konteks plaas nie! Verder is die Here die antwoord vir ons mense, hy bewerkstellig wonderwerke en maak die onmoontlike, moontlik vir ons mense, maar die fokus moet op Hom wees! Ek het nooit gepraat dat jy in n oorlog betrokke moet raak nie, dit is jou standpunt! Die Anc se vryheidsmanifes verwys wel na n rewolusie! Het jy dit geweet? Nee jy het nie, maar nou weet jy dit!Net iets omtrent jou Hofmeyr.In 2010 , nog voor die begrafnis van Eugene Terre’Blanche plaasgevind het, het Hofmeyr gese:”Ek hoop nooit die vierkleur wapper voor die Uniegebou nie”.Na afloop van die begrafnis het hy gese:”Ek hoop die vierkleur wapper weer”.Die bron is Die Burger! Dit wys hoe teenstrydig Hofmeyr se uitlatings is! In 2014 het Hofmeyr op youtube in n engelse onderhoud gese:/I’m a libral”.Dit se alles! Ek , Rynhardt is nie n afrikaan, ekbis nie n liberaal nie, maar wel n suoer Afrikaner! Andre, dan wilvek vir jou en Riaan Slabbert een ding mooi uitspel! Hoewel die grondwet teen ons mense diskrimmineer, bied hy een geleentheid aan myven mede Afrikaners op hierdie webwerf! As n super Afrikaner, het ekven talle mede afrikaners op hierdie webwerf die reg tot vryheid van spraak! Ek herhaal:Ek en mede afrikaners het die reg tot vryheid van spraak, ongeag of jy daarvan hou of nie! Jy het die verkeerde persoon aangevat, my ou!Andre, as jy sukkel om iets te verstaan, kry n raadgewer en tolk om dinge vir jou en Riaan Slabbert in detail uit te spel! Raai wat? Jy eb Riaan kwalifiseer vir hierdie spesiale aanbod!

Rynhardt ·

Moerala media, waarom wil jy nie my puik kommentaar plaas vir due oningeligte Andre nie? Wat het geword van vryheid van spraak, Maroela? Ek het 1837keer in koerante en oor radio in die bres getree vir die Here en due Afrijaner/Boervolk en wil he daai patetiese Andre moet sien wat ek oor hom te se het! Die volle waarheid is nie welkom by julle nie, want jul geliefde Andre het opgestaan vir dooie standbeeld eb is nou n superheld! Ongelooflik hoe julle die waarheid toesmeer! Mense, sensuur is terug met mening!

Martin ·

Mense vra hoekom bly ons dan nog hier. Nommer een, dit is ons land ook. 2 ons families en beleggings is hier. 3 dit is nie so maklik om op te pak en te gaan nie. Waarheen? Die werld het sy eie probleme . So, die slot som is dat ons hier is en ons moet daarmee ‘deal’. Daar gebeur afgreislikke dinge rondom ons maar te veel sit snoesig, veilig en met borde vol kos. Wat is ons roeping? Waar le ons geveg? Een ding is verseker. Die mure raak al kleiner om ons as Afrikaners. So wat staan ons tedoen? Ek se nederig, ons kan nie klou aan ou vlae en ou denkwyses nie. Daardie trots is in ons harte maar strategies dien dit nie meer n doel nie. Ons kort n vernuwing. Ja, as daar geveg MOET word Dan doen ons dit maar ons hoop le by mekaar op die stadium. Die regering probeer ons verarm. Ons moet eerstens daar op tree?

Frik Lotz ·

Dankie aan Steve, Sunette en Pieter Groenewald vd VF Plus dat hul opstaan vir behoud van ons erfenis. Wie anders gaan dit doen? Die DA en ander draadsitters? Nee wat,nie sommer nie.

Ai my mense... ·

KYK hoe val mense MEKAAR aan op die forum. Tipies… so gaan ons nou SA red??? Dink nie so!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.