Hulp aan boere in brandgeteisterde gebiede

‘n Lid van Working on Fire besig om een van die brande te help blus. (Foto: Vrystaat Landbou)

Die regering is weereens besig om landbou te faal deur die Vrystaatse en Noord-Kaapse brande – waar weiding, diere en opstalle vernietig is – nie tot ʼn ramp te verklaar nie, meen TLU SA.

Die parlement se portefeuljekomitee vir landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling het gister reeds ʼn versoek gerig aan minister Thoko Didiza om die gebiede in die Vrystaat en Noord-Kaap wat deur brande verwoes is, tot rampgebiede te verklaar. Die VF+ het ʼn soortgelyke versoek gerig.

“Wanneer die regering landbouers nodig het, soos gedurende Covid-19, is ons net die beste, maar wanneer ons die regering se hulp nodig het, is daar doodse stilte,” sê Bertus van der Westhuizen, die voorsitter van TLU SA in die Vrystaat. “Landbou is reeds gewoond hieraan en daarom is dit geen verrassing nie dat boere en ondersteuners van reg oor die land self inspring om die boere in die Vrystaat en Noord-Kaap by te staan.”

TLU SA het reeds begin om die bydraes en fondse wat instroom na die boere in nood te kanaliseer.

Boere het laat weet dat die volgende nou benodig word:

  • breëspektrum-antibiotika en ander veemedisyne;
  • energielekke soos melassemeel en/of lekblokke;
  • gras, oesreste, mielies en enige ruvoer.
  • enige weiding wat uitgespaar is en afgestaan kan word;
  • pale, draad en omheiningsmateriaal om beskadigde infrastruktuur te probeer herstel;
  • plastiekpyp vir watervoorsiening;
  • brandstof en vervoer vir skenkings; en
  • fondse om die bostaande te voorsien.

Enige finansiële bydraes kan direk in TLU SA se Traumafonds-rekening (klik hier vir die besonderhede) betaal word.

“Ons sal voortgaan om boere, of hulle lede is of nie, te ondersteun wanneer hulle dit nodig het,” sê Van der Westhuizen. “Ons belangrikste taak is om te verseker dat boere veilig en volhoubaar op hulle grond bly om in die landbouvraag van die land te voorsien. Dit sal ons doen.”

As jy op soek is na bankbesonderhede waar jy ‘n direkte inbetaling kan doen, kan jy dit ook direk by Saai inbetaal in die volgende rekening:

Rekeninghouer: Saai
Bank: FNB
Rekeningnommer: 62809459309
Takkode: 252045
Verwysing: vrystaatbrand

Maroela Media het vroeër berig Agri SA het gesê meer as 100 000 ha weiveld is die afgelope vier dae in groot gedeeltes van die Vrystaat en Noord-Kaap deur vlamme verteer.

Honderde stuks vee, wild en selfs huise is geheel en al verwoes. Boshof, Dealesville, Hertzogville en Hoopstad is van die gebiede wat deur die verwoesting geraak is. Dié brand het in ʼn noordwestelike rigting na Boshof in die Noord-Kaap beweeg. Die brande is volgens Agri SA in hierdie stadium onder beheer, maar word steeds fyn dopgehou.

Volgens Vrystaat Landbou (VL) is die brand veroorsaak deur betogers wat tydens ʼn diensleweringsbetoging bande aan die brand gesteek het. Dit is verder deur sterk wind aangedryf.

Talle vrywilligers en boere het saamgewerk om die brande te blus en verskeie mense is in hierdie pogings beseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Persheks Adri

Duisend maal dankie TLU! Ons ondersteun graag organisasies soos julle wat daar is vir ons boere!

Pieter

Ons blankes sal sonder die ANC kommuniste regkom. Dalk is dit tyd dat ons boere moet saam staan as die slim menisters by SPAR of PiCK PAY of ander winkels kom moet die rakke leeg wees. Dan gaan jy n ander ding sien dalk dan sal hulle wakker skrik.

Pieter

So, elke keer wat die staat (anc) droogmaak (daagliks) en ekonomie verwoes, moet ALMAL (ons wittes veral) help om die land aan die gang te hou. Maar ALMAL sluit blankes uit as hulp van die staat (anc) se kant af nodig is. Woorde faal my om te beskryf hoe absoluut walglik die anc en al sy ondersteuners is.

Willem Wikkelspies

.. ons sal self ..

Althes

Boere ons staan agter julle. Saam is ons sterker. Niks sal ons breek nie.