Hulp gevra om PTA-tiener op te spoor

Philip Calitz en Abigayle Schoonraad.

Philip Calitz en Abigayle Schoonraad.

Die polisie en familie van Abigayle Schoonraad, ʼn 17-jarige skolier aan Hoërskool Overkruin in Pretoria wat vermoedelik Woensdagmiddag ná skool ontvoer is, versoek die publiek se hulp om haar op te spoor.

Gunther Schoonraad, Abigayle se pa, het Vrydag aan Maroela Media gesê sy dogter het Woensdag moontlik teen haar wil saam met ʼn 20-jarige man in ʼn voertuig geklim. Die man is aan haar bekend en was ʼn ou vriend. Hy woon in Centurion. Hy het glo Woensdag ʼn voertuig gesteel en na Abigayle se skool gery waar hy vir haar gewag het.

“Leerlinge by die skool het gesê hy het sowat ʼn uur lank Abigayle gesmeek om saam met hom te ry, maar sy wou nie,” het Schoonraad gesê. “Sy het uiteindelik seker maar ingestem om hom sy sin te gee.”

Schoonraad het gesê sy dogter het beslis nie weggeloop nie, en al haar persoonlike items is nog by hul huis in Kameelfontein.Hy het haar as “dolgelukkig” beskryf.

Schoonraad en die polisie versoek die publiek om op die uitkyk te wees vir ʼn wit Renault Scenic met die registrasienommer SBJ 668 GP. Die polisie is ook op soek na Philip Calitz wat hulle moontlik kan bystaan met die ondersoek.

Die Sinoville-polisie het Donderdag aan Maroela Media bevestig ʼn vermistepersoon-saak word ondersoek.

Mense wat weet waar Abigayle haar mag bevind, of wat ʼn voertuig sien wat by die beskrywing pas, word versoek om Schoonraad by 082 301 9368 of die Sinoville-polisiestasie by 012 543 0800 of 012 543 8800 skakel.

Lees ook:
Tiener glo by PTA-hoërskool ontvoer

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

charmaine ·

Dit is glad nie gesond vir skool kinders om in sulke ernstige verhoudings betrokke te raak nie. Jy is nie iemand se eiendom nie. Die seun van 20 doen hy nie iets met sy lewe nie, swot of werk? Nou loop hy vir kwaad geld rond en ontvoer ‘n meisie? Hoekom?
Jou hele lewe le nog voor waar jy baie, baie mense gaan ontmoet en baie vriende maak, en een ou en een meisie is nie alles nie. Mense kom en gaan uit ons lewe, of dit met dood is of ‘n verhouding wat nie werk nie, so sleg as wat dit is, so goed kan ‘n nuwe vriend/vriendin ook vir jou wees.

Dit is n baie belangrike tyd nou vir elke leering op skool die eksamens is hier, werk aan julle toekoms skep goeie ideale vir jouself goeie geleerdheid beteken goeie werk met goeie salaris eendag.

Ek het 2 seuns een van 18 en 20, ek suig nie dit wat ek hier bo se uit my sykouse uit nie.
My seun van 20 is nou vir die eerste keer van sy tiener/jongman lewe in n verhouding, die meisie is eerst jaar by Tuks en om te sien hoe volwasse hulle optree maak ons as beide die kinders se ouers baie trots. Hulle kuier nie nou nie wat die meisie skryf eksamen, en wat my seun is hy moet haar en haar ouers repekteer, want hulle betaal duur vir haar studies en sy wil met goeie punte slaag.

So wat gee die jong man die reg om ‘n kind van haar skool en ouers weg te vat? Hy kort ‘n paar goeie klappe.

Belinda ·

Lekker lag ek vir jou Charmain maar beslis die waarheid………………..

Ina Smith ·

Ek hoop sy word gevind maar dit maak nie sin nie ,, .. dit was ‘n ou vriend van die meisie ,, volgens die berig het hy vir meer as ‘n uur gesukkel om haar te oortuig om saam hom te ry ,, kon enige iemand nie in daardie uur wat gesien wat gebeur alarm maak nie veral haar vriende/inne wat dalk gesien het sy wou nie saam die persoon ry nie ? kon sy nie net self omdraai en wegloop of alarm maak nie ,, as sy klaar in die kar was hoekom dan ‘n uur vat voor jy saamry . het hy die deure gesluit sodat sy nie konuit nie ? kon niemand sien sy is dalk paniekbevange nie .. Nee dit kon verhoed gewees het baie beslis ,,almal het gesien en niemand het iets gedoen nie ,, Ek is eerlik jammer oor my harde woorde maar weereens tipies SA ons is almal soos mosterd na die maal , nou sal almal help soek maar toe dit verhoed kon word het niemand niks gedoen nie ,,

madalein roos ·

Die kar waarmee hulle ry is my dogter se kar wat Hy gesteel het.
Ons kontakbesonderhede
082 821 1714
082 221 1289
Paul en Madalein Roos

RIchard ·

Easy… SANRALL ETOLL can easy pick up that licence number SBJ 668 GP

Richard ·

SANRAL ETOLL can easily pick up that registration number, right? SBJ 668 GP

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.