Hulp gevra vir weduwee van Transnet-pensioenheld

Transnet-pensioenarisse het op 24 April 2014 na die Uniegebou in Pretoria opgeruk om 'n beswaarskrif te oorhandig. Foto: VF Plus

Transnet-pensioenarisse het op 24 April 2014 na die Uniegebou in Pretoria opgeruk om ‘n beswaarskrif te oorhandig. Foto: VF Plus

Die VF Plus doen ʼn beroep op mense om hul hand uit te steek na die weduwee van Johan Kruger, een van die twee eisers in die klasaksie-hofsaak van R79,5 miljard teen Transnet, wat onlangs dood is aan longkanker.

Anton Alberts, woordvoerder van die VF Plus, het gesê Kruger was ʼn held vir 66 000 pensioenarisse. Hy was een van net twee mense wat bereid was om in persoon ʼn hofaansoek te doen met die risiko dat ʼn kostebevel teen hom toegestaan kon word.

Die regspan het reeds aangedui dat hy deur ʼn ander persoon as eiser vervang sal word.

Alberts het gesê hy het Kruger gereeld besoek, ook nadat hy reeds ernstig siek was en groot pyn ervaar het. Hy was nooit oor homself besorg nie, maar oor die hofsaak en die lyding van sy mede-pensioenarisse wat, net soos hy en sy eggenote, bittere lyding ervaar het weens geldnood.

Kruger het met sy dood net R1 700 as pensioen ontvang. Dit na ʼn loopbaan van 29 jaar as rangeerder vir Transnet waar hy deurgaans tot die pensioenfonds bygedra het.

Alberts het gesê enige skenking aan mev. Annetjie Kruger, sal baie waardeer word. Haar besonderhede is: ADW Kruger, Absa-spaarrekening, nr.: 930-905-5010.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

George ·

Mnr , nie almal het internet , kan julle nie n selfoon kry no kry en dan met n sms kan mens n R10 of R20 donasie met n sms gee , ek sal met graagte wil bydrae en en help , veral n ander mens wat so groot plek aan gevat het vir die ou mense .

ig ·

George,almal het miskien nie internet nie maar almal weet waar is die naaste Absa.Maklik.

Marie ·

Ja Transnet klap hande! Hulle hoop ons almal gaan dood voor die hofsaak. Dws as daar een sal wees! Skelm satans.

Anita ·

Net nou en dan hoor ‘n mens iets van die pensioenfonds, maar dit lyk of daar geen vordering gemaak word nie. Wat gaan aan? Hoekom is alles so stil? Die laaste kommunikasie was ‘n persoon wat ‘n opname gemaak het oor jou opinie van die 2% wat al weer in ons kele afgedruk gaan word. Kan daar nie meer inligting hieroor verskaf word nie?

neelsie ·

Jammer, dis die mees onbetroubare regering waaraan ek kan dink!
Diefstal en bedrog is vir hulle n aanvaarbare lewenswyse.
Elkeen sal nog verantwoordelikheid moet aanvaar vir hulle optrede.
Gierigheid is n swak karaktertrek.

Hedwig Schoonraad ·

Daar’s fout met Kruger se bankbesonderhede. Capitec en FNB EFT aanvaar dit
nie… ???

Sune van Heerden ·

Dagsê Hedwig

Ons probeer by VF Plus uitvind.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Sune van Heerden ·

Dagsê Hedwig

Daar het inderdaad een syfer afgeval. Die rekeningbesonderhede is soos volg:

ADW Kruger
Absa-spaarrekening
Tak: 632 005
Nr.: 930-905-5010

Baie dankie!
Groetnis
Suné

pop ·

Baie dankie maroela vir regstelling. Komaan mense, kom ons steek hande diep in sakke.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.