Hulp ná brand 900 dakloos laat

Die skuilings in ligte laaie. (Foto: ANA)

Mzwandile Masina, burgemeester van Ekurhuleni, het die rampverligtingsorganisasie Gift of the Givers bedank nadat hulle Dinsdag ingespring en gehelp het toe ’n brand by ’n informele nedersetting in Kempton Park 900 mense dakloos gelaat het.

Die organisasie het gister ’n oproep van die Ekurhuleni-rampbestuurspan ontvang ná die brand by die Pomonaweg-nedersetting waar 200 skuilings deur die loop van die nag in puin gelê is.

Luidens ’n verklaring het Gift of the Givers, die Ekurhuleni-munisipaliteit en die departement van menslike nedersettings ’n memorandum van verstandhouding wat die organisasie in staat stel om geld by die publiek in te vorder om slagoffers gedurende rampe van dié aard by te staan.

Die organisasie kon dus ná die brand warm etes, doeke, sanitêre doekies, komberse, vrugte en gebottelde water aan die slagoffers van die brand voorsien.

Gift of the Givers doen nou ’n beroep op die publiek om te help met enige materiaal wat gebruik kan word om die slagoffers se skuilings te herbou en hulle weer op die been te kry. Dit sluit dakplate, houtpale asook kospakkies, klere en matrasse in.

Lindiwe Sisulu, minister van water, sanitasie en menslike nedersettings, het intussen die departement van menslike nedersettings in Gauteng en die munisipaliteit geloof vir hul vinnige reaksie op die brand.

Inwoners ontvang benodighede.  (Foto: ANA)

“Dit is op dae soos dié dat ons almal met die private sektor moet hande vat en mense in benarde situasies ondersteun,” het die minister gesê.

“Ons loof die organisasies en individue wat hul tyd, kos en ander benodigdhede aan die slagoffers geskenk het.”

Sisulu het verder gesê sy het reeds opdrag aan die departement gegee om elkeen wat deur die brand gestrand gelaat is, van ’n dak oor sy of haar kop te voorsien.

“My hart gaan uit na veral vroue, skoolkinders en bejaardes. Ek doen ʼn beroep op die provinsiale regering en reddingspanne om hulle te prioritiseer,” het Sisulu gesê.

Bel Gift of the Givers se Emily Thomas by 083 652 0315 vir inligting en Badr Kazi by 083 228 1298 vir bydraes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

susan ·

Daar is báie erge nood in die Karoo die mense het nie eens tee om te drink. Kom tog nou help bietjie daar ook dit gaan al vir ‘n paar jaar nie goed daar nie.

Andrep ·

Nie so lekker as jou eie plek afbrand nie, hoe voel dit? As julle ander mense se goed afbrand is dit lekker, hulle kry nie die hulp wat nou so mildelik uitgedeel word nie. Geen simpatie.

Isa ·

Het jammer vir hulle gevoel totdat ons vertel is dat hulle onwettig krag gekoppel het en dit het die brand veroorsaak. Ons het elke week krag- of water problem agv van hulle wat alles onwettig gebruik. Nou word ons met klippe bestook asof ons die skuldiges is. Jammer maar wet en orde word nie gehandhaaf nie, almal maak net soos hulle wil. Maar laat dit nou een van ons wees dan is die gort gaar. Hulle lewe lekker uit ons sake.

Thersia ·

En wat gebeur met die arme diere wat vasgeketting staan terwyl almal onder die vlamme uithardloop ???. …

Heksie ·

900 onwettige plakkers, die besighede rondom hulle betaal hul elektrisiteit, en EMPD staan en kyk dat niemand dood gery word nie, maar ironies genoeg nou word daar nie “worry” oor die onwettige konneksies wat teen vanoggend reeds weer aan is nie … (Laas week Vrydagmiddag, was daar iemand raakgery aan die oorkant van die pad).
Die publiek moet hulle jammer kry en benodighede aandra, waar is die anc regering vir wie hierdie plakkers gestem het? Hoekom is hulle nie daar om te help nie maar van ver uit die gemak van hul warm gemaklike paleise, word daar gesê die Gautengse regering gaan dié klomp help … met wat? Huise? In 25 jaar kon hulle nie genoeg behuising verskaf nie, maar solank dié lot vir die anc gestem het, is alles mos “hunky dory”, verder gee die regering nie ‘n duit om nie. Viva “nuwe” Suid-Afrika, Viva!

Isa ·

Het jammer gevoel vir hulle toe ek daar verbyry, maar toe ons hoor die huise het afgebrank agv onwettige krag verbinding het ek besuit geen hulp, dit is die rede hoekom ons gedurig sukkel sonder krag en water hulle kom net en vat sonder om te betaal wat nie aan hulle behoort nie. My gisteraand meer as ‘n uur geneem om by die huis te kom omdat die motoriste met klippe bestook word as of dit ons skuld is. Waar is reg en geregtigheid, ons owerhede is hopeloos.

Johan ·

Hierdie is onwettige plakkers. Verskuif hulle en kry klaar aangesien daar ‘n hofbevel teen hulle gemaak is.

Ig ·

Kry nie n sent van my nie, ek help waar dit saak maak waar mense deur bbbe ens benadeel word

patriot ·

Nou moet die privaat sektor uitspring en help. Die privaatsektor wat deurloop sodra dieselfde mense begin strike en goed afbrand. Gaan vra maar vir julle leiers geld.

Ronel ·

Kry net asb minder kinders dan sal soveel probleme opgelos word! Ek sal ook nie help nie want my vel word verafsku nou ja? Ek help liewers vir Wollies.

Ai ·

Sisulu moet dalk eerste dankie sê vir die gemeenskap en kerke wat al daai selfde aand kos, komberse en klere vir die mense afgelaai het, maar nee dit word nie eers genome nie.

leser ·

” dis op dae soos die wat ons hande moet vat met die privaat sektor”
LMGA, julle het toegelaat dat hulle oor die grense “stroom”
vir julle wat in glashuise bly, met horde sekuriteits wagte, ens., is daar nie vir jul hande nie, gee alles terug wat verbrand het, ons weet nie waar die geld vandaan gaan kom nie

Naambord ·

Hierdie einste munisipalteit gaan miljoene bestee om bekende name van paaie en wisselaars te verander. Hulle het nie geld om hier te help nie. Nee dankie, stel nie belang om daar te help nie. Verander die naam van die informele nedersetting en die probleem bestaan nie meer nie.

Anoniem ·

Ja en die witman dra weer lekker aan, en more vermoor hulle weer n wit bejaarde

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.