Hulp stroom in ná Sutherland-brand

Foto: Verskaf

Die brand in die droogtegeteisterde Sutherland, waarin sowat R100 000 se veevoer in vlamme opgegaan het, het skaars 24 uur later ʼn positiewe nadraai gehad.

Droogtehulp se Burre Burger het gisteraand laat weet dat ʼn skenker 12 vragmotors, met die nodige diesel om lang afstande te ry, beskikbaar gestel het om nog voer vir Sutherland se boere te neem.

En dit was nie al goeie nuus vir die dorp nie. Burger sê in ʼn videoboodskap aan Maroela Media wat ook op Droogtehulp se Facebook-blad geplaas is dat daar twee oproepe later genoeg mielies geskenk is om die 12 vragmotors vol te maak. Dit sal teen die naweek in Sutherland afgelewer word.

Die brand wat Woensdagnag op die dorp se skouterrein uitgebreek het, het laat Donderdag steeds gesmeul. Sowat 32 ton veevoer, bestaande uit 75 bale gars en gras, is verwoes.

Die voer is skenkings uit die Wes-Kaap en Mpumalanga en sou vandag op plase in die omgewing afgelewer word.

Die knellende droogte in groot dele van die land duur reeds langer as ses jaar en meer as 60 dorpe op die platteland word daardeur geraak.

“Net in die Sutherland-distrik moes daar reeds 224 plaasarbeiders afbetaal word omdat daar nie meer werk of geld is om hulle aan te hou nie,” sê Sybil Visagie van Droogtehulp Noord-Kaap. Al meer dorpe vra ook nou humanitêre hulp en die organisasie deel nou ook kospakkies uit aan mense wat nie meer kop bo water kan hou nie.

“Dis hartverskeurend. Ek weet van ʼn gesin wat vir hul dominee net water kon aanbied toe hy huisbesoek kom doen het want hulle kon nie meer koffie bekostig nie,” sê sy.

Die polisie in Sutherland het intussen ʼn dossier geopen en ʼn klag van brandstigting word ondersoek. Daar is ook ʼn beloning van R3 000 uitgeloof vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van die brandstigter.

Ons by www.droogtehulp.co.za en Vibro Bricks & Paving vat hande met groot Koöperasie groep… Ons sal nie dat ons land afgebrand word ie. God is te groot daarvoor en ons moet ons land terug gee vir God…Dankie aan almal betrokke…Jy kan help so maklik:DROOGTE HULP MET BURREFNB ACCOUNT(cheque)ACCOUNT: 62721858522BRANCH: 200406 of 250655SWIFT: FIRNZAJJREF:DROOGTE HULPVIR ANDER SKENKING OPSIES SOOS PAYPAL BESOEK ONS WEBBLADwww.droogtehulp.co.za

Posted by Burre Burger on Thursday, September 5, 2019

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Monica ·

Burre Burger vir jou kan soveel mense dankbaar wees. Jy is n ster in baie mense se oe en mag die Here jou meer en meer seen met dit wat jy doen… jy sien hoe mense swaar kry ons hoor dit net, maak n groot verskil om dit regtig te ervaar glo ek.. Sterkte!!!

Jacoba ·

Se ek mos ook Wurmpie. Ons God is ‘n Almagtige God. Jesus Christus het weereens voorsien. Ek Loof en eer en seen my Jesus.

nella ·

Dankie vir almal betrokke !!! Mag julle geseën word. Ons glo ook daar sal
uitkoms vir al die werkers wees. Hou net aan vertrou, hoop en bid.

CabyTheron ·

Dit is wonderlik om te sien hoe mense hulp gee! Geseënd is almal betrokke!

Japie ·

Mag daardie man baie geseend wees. Gooi jou brood op die water en jy sal sien wat gebeur. Droogte in groot dele is n nasionale ramp. As jy nie deel is daarvan nie sal jy dit nie weet nie.

Ore ·

Solankhulle vlamme kan sien,het geen gevoel of respek vir niks of niemand nie

Janette Botha ·

God is voorwaar Groot. Burre, mag jy en jou span, almal wat help en bydrae, almal wat bid, geseen word. As boervrou bid ek dat die droogte gebreek sal word en dat ons boere sterk sal bly in geloof. Dankie aan een en almal

Anna ·

Wonderlike nuus! Baie dankie ook aan die skenkers wat die 12 vragmotors en diesel beskikbaar gestel het, ook hulle wat mielies geskenk het!

Delia ·

Eendrag maak mag…so het ons geleer.
Waar kan ons skenkingsgeld inbetaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.