Hulp stroom in om Jayvan se been te red

Jayvan Janse van Rensburg. Foto: Facebook via Support Jayvan Janse van Rensburg

Jayvan Janse van Rensburg. Foto: Facebook via Support Jayvan Janse van Rensburg

Hulp stroom in vir Jayvan Janse van Rensburg van Vereeniging, die driejarige seuntjie wat met kanker gediagnoseer is etlike maande nadat sy pa in ʼn rooftog dood is.

Jayvan en sy ma, Carin, kan vandag regmaak om Kaap toe te vlieg vir die operasie wat moontlik sy been kan red nadat groot skenkings van weldoeners ontvang is.

Carin het vroeër vandeesmaand aan Maroela Media vertel sy moet meer as R500 000 in 16 dae insamel sodat Jayvan nie sy been verloor nie.

Sy is Woensdagoggend deur die radiostasie JakarandaFM se gewilde program, Good Morning Angels, gekontak en luisteraars van heinde en ver het hul harte oopgemaak en uiteindelik R350 000 aan die gesin geskenk.

Carin het met Maroela Media gesels minute ná die skenking. “Ek sit nog buite die ateljee. Ek weet ek moet ry en met my werk voortgaan, maar ek kan nie eers reguit dink nie,” het sy vertel. “Ek kan nie glo daar is soveel goeie mense daar buite wat die ongelooflike geskenk aan my gesin gegee het nie.”

Sy het reeds R180 000 uit haar eie sak bygedra vir die operasie. “Die R320 000 wat nog nodig was, is ingesamel, plus nog R30 000. Die onderneming, Office National, het ook aangebied om vir die vliegkaartjies te betaal buiten die R50 000 wat hulle reeds geskenk het.”

Die ma van sewe gaan vir die volgende ses maande heen en weer moet reis tussen die Vincent Pallotti-hospitaal in Kaapstad en haar huis in Vereeniging. “ʼn Lang pad lê voor, maar ek is so dankbaar en geseënd. Ek wou al my motor en meubels verkoop om vir die operasie te betaal, maar God het ingegryp en dit was nie nodig nie.”

Die operasie gaan weens die spesiale aard daarvan meer as R1 miljoen kos.

Jayvan word op 27 Mei geopereer. Hy sal ten minste agt maande in ʼn rolstoel wees om aan te sterk.

Twee spesialiste is nodig om gelyktydig aan hom te werk. Een spesialis moet die linkertibia verwyder, terwyl die ander die femur in sy regterbeen moet verwyder. Dié operasie sal na raming dan ses ure neem, waar dit aanvanklik tien ure sou duur, want Jayvan het nie genoeg krag om so ʼn lang operasie te oorleef nie.

Vir die lang pad vorentoe het Carin egter hoop. “Die belangrikste is dat hy die operasie kry. Ek wil vir almal dankie sê – die wat R50 gegee het en die wat R50 000 gegee het. Dankie dat julle jul harte oopgemaak het om die wonderwerk in ons lewe te verrig. Alles is genade van God,” het sy gesê.

Maroela Media het destyds berig Jayvan se pa, Anton (52), is op 12 Augustus naby sy huis in Drie Riviere, waar hy en sy gesin skaars twee weke tevore ingetrek het, deur gewapende rowers oorval en doodgeskiet.

Kontak Carin by 072 262 4674 of stuur ʼn e-pos aan [email protected]. Besoek Support Jayvan Janse van Rensburg op Facebook.

Lees alle vorige berigte oor die Janse van Rensburg gesin op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Vra net ·

Sy het 6 kinders, nie 7 soos in die berig nie. Maar dit was awesome om te hoor hoe groot die harte van luisteraars was vanoggend. Mag haar verblyfkostes in die Kaap ook nog gedek word deur `n weldoener!

Landi Slatter ·

Dagsê Vra net

Volgens ons inligting is daar inderdaad sewe kinders: Marco (29), Chanté (16), Rulyn (13), Enrico, Tegan (8) en die tweeling Jayvan en Blake (3).

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Landi ·

ek dink amper Marco is haar oorlede man se seun van voor hulle getroud was…..

Magda ·

God is groot. Ek is so bly en opgewonde dat hy sy operasie kan kry. Sterkte Jay en Mamma Carin!

Sonja ·

Karma lees die hele storie. Hulle gaan sy been probeer red nie amputeer. Dit is hoekom dit so duur is.

Riette ·

Ek het trane in my oe soos ek hier sit! Ek bid alles sal goed afloop vir Jayvan en sy mamma, ek is self n ma en wil dood as ek dink my kinders moet iets oorkom, en hierdie arme mamma beleef ons almal se grootste vrees. Sterkte aan julle!

Gesiggie ·

Carin, ek het vanoggend op Jacaranda na die hele fonds insameling geluister, en hoe elke Engel sy skenking maak, en toe die laaste persoon sy R50 000.00 Plus vliegtuig kaartjies en n Trustfonds gee, ek het nie keer gehad aan my trane, ek het met die dankbaarste gevoel vir amper nog n halfuur daarna gehuil… God het soveel Engele op jou pad geplaas, en van nou af gaan dit net beter gaan… met Jayvan.. hy is n pragtigge seuntjie wat nog soveel het om voor te lewe… En met die krag van Jesus sal Jayvan kry, waarvoor jy en almal voor Bid….Ek dink aan jul, en aan jou deur die lang pad wat jy nog moet stap, my dogter volg als op Face-book, so ek sal beslis by haar al die nuus ontvang… God Bless….Deur die Genade van God, sal jy Bo uitkom… xxx

Mike ·

As almal so goed is om te skenk hoekom doen die geneesHERE nie ook hulle deel nie ?????????????

Se maar net ·

Weet jy Mike, christene glo altyd daar is ‘n plan. Kom eknwys gou vir jou 2 dinge wat vanoggend bereik is – dis dalk nie die Here se finale plan nie maar dis wat ek so vinnig kon raaksien. 1) Hierdie storie het baie mense laat bid. Mense wat dalk, soos ek, nie gereeld bid nie maar tog ‘nbvinnige gebedjie op gese het vir hierdie arme familie. 2) Dit gee ons hoop vir ‘n toekoms vir ons land. Die feit dat soveel mense soveel geld gee vir ‘n wild vreemdeling wys ons dat tog nog baie goeie harte in die samelewing is en laastens die Here help ! Dalk nie so vinnig en op die manier wat ons wil he nie, maar Hy het ‘n plan en hierdie mamma se een gebed is beantwoord. Haar kind se been kan gered word. Onthou een ding, small picture world big picture God. Ons kyk vas in ‘n klein gedeelte van God se plan en fokus daarop. Staan terug en vertrou, laat God toe om Sy ding te doen !

charlene ·

Mike jy verstaan geloof bietjies verkeerd. Die Here het hier iets baie goeds gedoen, ongelooflik goed. So baie mense wat mekaar help wat mekaar dra. Meeste van die mense wat ingebel het, ken die mense nie, ken nie die ma nie maar was bereid om te help, almal was bereid om `n bietjie te gee sodat iemand wat ons nie ken nie wat ons seker nooit sal ontmoet nie `n beter toekom kan kry. Dis wat die so wonderlik maak, mense wat mekaar help mense wat bereid is om te gee al kry hulle ook swaar. Die Here is groot en ek glo as dit God se wil is, sal hy vir Javen genees.
(en nee dis nie maklik vir my om te sê glo glo nie – ek is `n ma na 3 dokters vir my gesê het dis onmoontlik, die een dokter wat gesê is dit moontlik het vir my gesê ek gana op 7 mnde opgeneem al moet word… wel ek het gewerk tot 3 dae voor my kind gebore is).
GOD IS GROOT EN AMAZING. Carin mag jou geloof jou dra en mag jou pragtige krul kop seuntjie die wereld wys hoe sterk hy is, en mag hy die kaker ten volle oorwin want hy verdien `n kans op `n lewe. Jy is geseen met 7 pragtige kinders en mag julle as gesin mekaar se laste dra. En daar is elke aand meer as een mamma wat net vir jou en jou kind bid onthou dit.

HENNA ·

Dit was seker die hart roerendste geval waarna ek nog geluister het! Carin STERKTE vir die operasie met liefde. Rian en Dianne dankie vir julle…

Gesiggie ·

Mike…. Glo my die geneesHere, sal … hierdie Familie het genoeg hartseer gehad… en wanneer ons dink, ons kan nie meer…daar is geen hoop meer… dan is dit juis God wat voorsien en intree… In en deur God is…. ALS MOONTLIK…

Pops ·

Ek voel ook soos MIke. God sal nog groter wees as die arme seuntjie nooit siek geword het nie. Maar dis nie die punt hier nie. Wat fabulous is, of jy n gelowige of n ateis is (eks ook n ateis), was om vanmore mense se welwillendheid en goedheid so te sien gebeur. Om die goedheid van mense weer te kon sien gebeur. Dit was regtig amazing! En gee mens weer hoop. Sterkte vir Carin en Jayven.

Gesiggie ·

Jayvan en Carin :
My Wish for you.. is that this Life becomes all that you want it to… your dreams stay big, your worries stay small, you never need to carry more than you can hold. And while you’re out there gettin where you’re gettin to, I hope you know somebody loves you… and wants the same things too… Yeah, this is my wish for you two… Net n gedagte spesiaal aan jul.. Sterkte

vra ma net ·

Ek is vreeslik bly vir Carin en Jayvan glo my maar ek het net een vraag en ek weet ek gaan goed gekruisig word maar ek gaan dit vra! Almal is nou so bly en dankbaar vir die skenkings wat ingestroom het vanoggend en dit om EEN seuntjie se been te red! Het hy sy been verloor sou hy nog steeds geleef het en by sy mamma gewees het! Wat van die arme Wit kindertjies wat op n streep doodgaan van die HONGER in die wit plakkerskampe in en om Pretoria en Krugersdorp? Hulle kan NOOIT weer by hulle mammas wees nie en daardie arme mammas sit vir die res van hulle lewens en wroeg oor die verskriklike manier waarop hulle klein mensies dood is! Hulle het nie gevra om daar te wees en nog minder gevra om so n afskuwelike dood te sterf!! Dink asb daaraan…………….!!!!

Lisette Swart ·

Here wees saam met hierdie mamma en seuntjie, Here by U is als moontlik, dankie dat sy operasie ‘n groot sukses sal wees en dat U hom en sy mamma sal seën en net sterk sal hou

Mooi storie ·

Sjoe wat ‘n mooi storie, dankie aan elkeen wat hul hart oopgemaak het, sterkte aan Carin en Jayvan, mag daar altyd hande wees wat jul vashou in die moeiliker pynlyke tye ook.

petra ·

Aan alle maatskappye of persone wat genoeg geld het.
Kan julle asb saamstaan en ook die wit gewone kinders wat so swaarkry van die armte help?
Hulle is ook deel van ons en kry absoluut geen hulp van die staat af nie.
Jakaranda FM kan julle so ‘n insameling hou en vir Solidariteit Helpende Hand skenk sodat hulle hierdie kindertjies kan help? Van hulle is dalk ook siek en het behandeling nodig en waar kry hulle die geld?Sal julle asb daaraan dink om so-iets te doen? Daardie kindertjies en hulle ouers het ook gebede, ideale, wense, behoeftes wat gevul moet word! En ook die magies wat altyd skreeu van die honger? Voetjies wat altyd koudkry. Uitgeworpenes van die samelewing van vlees en bloed net soos ons. Hierdie kindetjies – die wat oorleef- gaan ook grootword en hulle plekkie in die samelewing wil volstaan. Gee hulle ‘n kans? kan iemand help?
Ek wens ek kon. Ek behoort al klaar aan Solidariteit en gee maandeliks wat ek kan, maar kan ongelukkig nie meer gee nie, maar ek is seker daar is dalk groot maatskappye wat dalk kan help?

omgee ·

Waarom is daar nie verdere kommentaar nie? Is dit na Petra se kommentaar nie meer sensasioneel genoeg nie? Kom aan mense help hierdie ander mense ook asb?Ek is ook lid van SHHand en ek gee.

ellis ·

Ek is so bly hierdie seuntjie kon gehelp word en is trots op alle helpers. Ek hoop dat ander kindertjies wat in nood is ook so gehelp kan word soos Petro gevra het.

C ·

Mike, ek kan nie glo jy verstaan die werke van die Here glad nie. Hy doen nie al die werk fisies Homself nie, dit is hoekom Hy mense op aarde gesit het en waardeur Hy werk. Al hierdie engele wat hul harte so groot oopmaak teenoor klein Jayvan is deur Hom gestuur en so gaan Hy ook elke dokter, spesialis, ens as sy instrumente gebruik om Jayvan se beentjie ten volle te red. So die Here is hier besig met sy werk al word baie ander mense ook betrek. As jy geen geloof in jou het nie sal dit beter wees as jy liewer geen onsmaaklike uitlatings teenoor die Here maak nie, veral nie in die media nie, hou dit maar liewers vir jouself.

Lola ·

Ek is nie ‘n ateis nie maar ek is seker wat Mike bedoel het met geneesHERE is die dokters. Daar is so baie mense wat hulle harte en beursies oopgemaak het, hoekom kon die duur spesialiste en die hospitale nie maar ook hulle harte en beursies oopmaak nie……..jy weet die hipokratiese eed en al daai dinge?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.