Hulp stroom in vir kinders ná moord op ma

Laurika Potgieter. Foto: Facebook

Laurika Potgieter. Foto: Facebook

Sedert Laurika Potgieter (44), ʼn enkelma van Hartbeespoort in Noordwes, Woensdag in haar huis op ʼn kleinhoewe vermoor is, stroom hulp van oor die hele land vir haar drie dogters in.

Potgieter se dogters, onderskeidelik 4, 16 en 20 jaar oud, is wees gelaat ná hul ma se gru-moord wat die gemeenskap geruk het. Potgieter se man is in September 2014 aan natuurlike oorsake oorlede.

Andri Boshoff, ʼn inwoner wie se kinders al jare lank met die Potgieter-kinders vriende is, het sedertdien ʼn trustfonds op die been gebring om die kinders finansieel te ondersteun. Boshoff het ook ʼn aanlyn kunsveiling van stapel gestuur om geld in te samel en kunstenaars van oor die land het talle kunswerke geskenk wat tans opgeveil word.

“Toe ek vanoggend die sommetjies maak, het ek gesien ons trek al by R118 000 as ons al die aanbiedinge bymekaartel. As al die skenkings ook bygetel word, is dit al so R180 000,” het Boshoff gesê. Al die geld gaan in ʼn trustfonds van ʼn prokureursfirma in Hartbeespoort wat die trust sal bestuur.

Maroela Media het vroeër berig twee verdagtes is Donderdag in verband met Potgieter se moord in hegtenis geneem. Volgens Anette van Niekerk, Potgieter se suster, was die twee verdagtes bekend aan die gesin. “Ek ken hulle nie self nie, maar soos ek verstaan, het die een voorheen vir Laurika as ʼn operateur gewerk in haar padskraperbesigheid. Die tweede een het ook vir haar gewerk, maar ek is nie seker of hy die tuinier was of ook ʼn operateur nie,” het sy gesê.

Intussen het Van Niekerk haar suster se twee jongste dogters ingeneem en sal die meisies vandag by hul nuwe skole in Centurion begin skoolgaan. Die oudste dogter woon steeds in Hartbeespoort waar sy voltyds werk.

Van Niekerk het Dinsdag aan Maroela Media gesê dat die kinders steeds by hul nuwe omgewing aanpas, maar dat dit in die omstandighede met hulle goed gaan. “Hulle het reeds beraders gespreek en is in die stadium redelik rustig. Natuurlik is dit vir ons almal ʼn baie dol en moeilike tyd. Sodra alles ʼn bietjie kalmer is, sal albei kinders weer berading ontvang.”

Volgens Van Niekerk word die familie gedra deur die ondersteuning wat hulle uit soveel oorde ontvang. “Die Hartbeespoort-gemeenskap is groot, maar hul harte is nog groter. Ek het nie eens woorde om dankie te sê vir al die ondersteuning en gebede nie. Ek wonder soms of Laurika ooit geweet het hoe lief mense haar gehad het en hoeveel vir haar omgegee het. Sy was diep in talle mense se harte.”

ʼn Gedenkdiens vir Potgieter sal Vrydag in die NG kerk in Hartbeespoort gehou word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

johann cb ·

Dit is wonderlik om te sien hoe mense nog vir mekaar omgee in ons gemeenskappe. Sterkte aan die dogters en familie.

maricia ·

Baie sterkte aan die 3 kinders.dink aan julle onthou liewe Jesus is al die pad saam met julle. ???

Anoniem ·

Doen mens se hart goed as mens sien hoe ons mense nog kan saam staan. Dankie vir elkeen wat gee. Dit bring trane en gelukkigheid in ons oe en harte……

Georgie ·

Amen! Kosbaar om te weet daars MEER goeie mense as gewetenlose moordenaars! Sterkte en seën aan die dogters en familie.

Marianne ·

Dankie Here vir familie – vriende en vriende wat so baie omgee. Die sussie het mekaar nou baie nodig. Die “baba” gaan haar mamma Mia en soek. Gelukkig is haar ouer sussie DAAR.
Bring die doodstraf terug, laat reg en geregtigheid geskied….. Laurieka se dood is so betekenloos.
Mag God Jou kinders dra en versterk….

JC ·

Eerstens, Dankie, dankie vir MAROELA MEDIA wat die artikel geplaas het en ook ALMAL se WONDERLIKE werk en ook ALMAl wat betrokke is hierby!!
Ek sal ook graag ‘n bydrae wil maak aan die einde van die maand.
Ek sal dit waardeer indien jul asb die bankbesonderhede kan bekend maak vir die doeleindes vir nog bydraes.
Baie dankie!!

Landi Slatter ·

Dagsê JC,

Dankie vir jou terugvoer. Jy kan gerus op dié skakel klik vir verder inligting oor skenkings: https://www.facebook.com/Potgieterkids/home. Andri Boshoff het dié aanlyn kunsveiling van stapel gestuur om geld in te samel en kunstenaars van oor die land het talle kunswerke geskenk wat tans opgeveil word.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Leon ·

Ai tog, hoe wreed weereens.
Ons het haar telkemale gesien in Harties omgewing, en altyd vriendelik!
Sterkte vir haar naastes en soveel dankies vir almal wat bystand verleen!

Denise ·

Ek is baie bly die mense is omgee mense ek het nog nooit van die vrou gehoor nie want ek is in die Weskaap tog het dit my baie geraak !!!! Sterkte aan haar drie kinders en al die omgee mense!!!

m ·

Dis net so hartseer dat hierdie arme kinders nou sonder hulle ouers moet aangaan.

Jeanette Visser ·

Baie sterkte aan die kinders die lewe is wreed dis al wat ek kan sê. Ek wil ook net ietsie byvoeg van mense wat nog saamstaan. Ons woon op ‘n plot in die noorde van Pretoria en in die afgelope ruk was daar twee veldbrande om ons op ander plotte dreigend na ons plot toe. Baie vinnig sien jy hoe kom die plot bewoners aan met bakkies vol water tenks gelaai om te kom help, tot laat in die nag los hulle hulle eie families by die huis om ander te help. Ek kan net baie dankie sê almal julle weet wie julle is. As dit nie vir julle was nie sou baie diere gevrek het in die brand. Dankie vir die wat nog omgee

Marietjie ·

Sterkte aan die 3 dogters. So bly dat daar nog goeie mense is wat help geld insamel. God sien als raak en weet verseker dat jul geseend sal wees. Mag gereg see vier dit is moord !!!! hoop die sleutels word weg gegooi daai arme vrou is vermoor ….. nog n moord hoe hartseer sterkte aan al die familie en vriende

Corrie ·

Wat help dit dat die moordenaars gearresteer is,oor n paar dae loop hulle weer rond en beplan nog moorde op witmense.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.