Hulp vir boere om uitvoerstatus te beskerm

Argieffoto (Foto: AfriForum)

Daar heers groot kommer oor die raad van toesig oor die uitvoer van bederfbare produkte (PPECB) se versoek aan boere om hul breëbasis- swart ekonomiese bemagtiging-sertifisering (BB-SEB) in te dien. Volgens TLU SA vrees boere dat hierdie versoek hul uitvoerstatus kan beïnvloed.

TLU SA wil nou in samewerking met Sakeliga boere bekwaam om die uitdaging aan te pak.

PPECB het op 19 Oktober 2021 ʼn kennisgewing uitgereik wat aanspraak maak daarop dat boere ’n afskrif van hul BB-SEB aan hul relevante PPECB-kantoor moet stuur.

Na aanleiding van hierdie kommunikasie het verskeie betrokke kliënte die PPECB gekontak vir duidelikheid oor die doel van hierdie versoek. Die PPECB het gesê hy verstaan hierdie bekommernisse en wil die bedoeling van sy versoek verduidelik.

Die raad het in November gesê die doel van die indiening van sertifikate is om die vlak van voldoening in die sektor as ʼn geheel te bepaal en nié die voldoening van individue nie. Die PPECB vereis ook nie van sy kliënte om ʼn BB-SEB-registrasie te hê, of dat hulle ʼn spesifieke BB-SEB-status moet behaal nie.

Die raad het die bedryf ook verseker dat geen kliënte se diens geraak gaan word weens hul bemagtigingstatus nie en maatskappye kan soos gewoonlik met uitvoere voortgaan.

Bennie van Zyl, TLU SA se hoofbestuurder, sê in die beëdigde verklaring wat boere saam met die verwagte sertifikaat moet voorsien, stel TLU SA en Sakeliga voor dat boere vier paragrawe moet byvoeg om hulle te beskerm en te help met die oog op die toekoms.

Boere kan toegang tot dié vier uiters belangrike paragrawe kry deur die webwerf https://tluveldtogte.co.za/boere-beskerm-jou-uitvoere/ te besoek en hul e-posadres in te vul.

“Met bewoording soos ‘tans’ en ‘in hierdie stadium’ wys dit duidelik dat die gebruik van BB-SEB-sertifikate in die toekoms ’n invloed gaan hê en daarom is dit belangrik dat ons nou optree om ons boere te bekwaam vir die uitdaging,” het Van Zyl gesê.

“Dit is om dié rede dat ons ook ’n veldtog begin het om boere maklik toegang tot ons hulp te gee en om die publiek die geleentheid te gee om hul stem en steun aan ons land se boere en ekonomie te gee.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Ian ·

Hierdie nonsens gaan MOET stop. Alles kan nie BBBEE nie. Dit is net eenvoudig VERKEERD!!!!!

Kokerboom ·

Die ANC probeer ALLES is sy mag om Blanke boere te ontwrig en uit te werk en om die ekonomie te vernietig!!Sterte aan alle boere en VAT HUL AAN TLU/Sakeliga. Die politieke arrogansie kan NIE voortgaan!

Groen Ghoen ·

Wat op dees aarde het die gehaltesertifisering van bederfbare produkte deur die PPECB met swart ekonomiese bemagtiging te doen? Stop hierdie snert voordat een of ander genie die idee kry om uitvoersertifikate te stop van boere wat nie “swart bemagtig” is nie. Watter verregaande spul opportuniste!

Shakespeare ·

As die boere afhanklik is van die ANC/EFF het ek baie slegte nuus. Die paartjie se doel is om af te breek. Verseker nie om ons ekonomie op te bou nie.

Alfred E Neuman ·

Boere, gaan liewers Zambia toe, julle sal met ope arms daar ontvang word, sonder bee drek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.