Hulp vir droogtegebiede

Checkers-water

Tholang Maphabole van Shoprite help om water aan te dra in Aliwal-Noord. Foto: Verskaf

Die Shoprite-groep reik ʼn hand uit na verskeie gebiede wat sonder water sit of deur die groot droogte geraak word.

Shoprite het aanvanklik eers water aan die gemeenskap van Aliwal-Noord geskenk, maar nog vier trokke is uitgestuur om landwyd te help. Elke trok bevat 29 920 liter water.

Die eerste trok sal water in Senekal in die Vrystaat gaan aflewer, terwyl die ander trokke na gemeenskappe in KwaZulu-Natal en Limpopo sal gaan. Die totale skenking beloop ongeveer 119 680 liter water.

Shoprite en Checkers-supermarkte sal ook water teen kosprys verkoop in gebiede met watertekorte en geriewe is ook beskikbaar vir mense wat water wil skenk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

MCS ·

Goeie werk Shoprite en Checkers! Daag nou ander winkels uit om n goeie daad aan mede landsburgers tebewys en ook water teskenk!

Dee ·

Dink jy die Nkandla-mall sal ook bydra? Waarskynlik nie want dan sal daar te min water wees vir die swembad om brande mee te bestry.

christelle ·

wonder maar net wat van die dorp lindley wat al 6 maande sonder water is…..rivier is kurk droog…..net 2 jojo tenks in die dorp vir mense om water tetap.die die mense en koerant moet bietjie kom kyk hoe lyk lindley en hoe staan mense toue by daai tenk vir water.

Cindy ·

Hier in Brits is klein besighede wat met behulp van die inwoners water bymekaar maak om ook te help. Die eerste vragte word vandag weggevat na dorpe wat dit nodig het in die Vrystaat. Almal kan so help om ‘n verskil te maak en ander mense te help

alida ·

Waar is P&P en Spar – help mense help !! Baie dankie aan Shoprite en Checkers.

Liefie ·

Kyk se wat jy wil maar die Shoprite groep rocks! Is dit nie amazing hoe hulle altyd eerste inspring met alles nie…..en dan volg die res. Hulle is die mark leiers in Afrika en het dit uit en uit bewys die laaste paar jaar. Ek werk nie vir die Shoprite groep nie maar het voorwaar baie respek vir hulle bestuur spanne. Daardie manne weet van hard werk en na gemeenskappe uit reik terwyl ander groepe net vat en vat en vat…..Well done again!!!!!

ELSA ·

JAA KOM PICK a PAY EN SPAR IN BRONKIES LAAT JUL OOK HELPENDE HAND UIT STEEK

alida ·

ALLE die besighede klein of groot van die betrokke dorpe kan skenkings maak. Hulle maak ‘n bestaan uit die boere en die res van die gemeenskap. Die een hand was mos die ander of hoe?

Hennelie Rust ·

Eerstens,baie dankie aan die winkels wat reeds hulp bied en dankie vir die ander wat ook jammer gaan kry en help. Baie dankie vir die privaat huishoudings wat ook help. Kom ons redeneer: Dit wat EK kan doen,dit sal ek doen…………..en as ons almal so redeneer maak ons definitief die swaar tye draagliker. Kom ek vra vir Shoprite se bestuur (omdat julle regtig eerste doen) Stig asb. ‘n skenkingsrekening,by Capitec (vir die rente wat daarop verdien kan word,) sodat die eters van hierdie land sal kan bly eet en julle rakke met trots Suid-Afrikaanse produkte in oorvloed kan wees, want produksie word baie duurder en die boere sal baie hulp van almal in die land (privaat sektor en besighede) ook moet ontvang . Ekskuus,ek vra nederig dit sal weer na julle terugkom, via ons ondersteuning aan u winkelgroepe.

Liefie ·

Hennelie Rust vir administratiewe redes sal Shoprite nie sommer so stap neem nie en vir die eenvoudige rede dat hulle verkies om aktief in die gemeenskappe betrokke te wees en nie blindelings geld in n rekening te plaas nie. Doen die navorsing jy sal baie verbaas wees oor hoe die ouens betrokke is in hulle gemeenskappe. Ek is betrokke by die bou van winkel sentrums in SA sowel as Subsahara Afrika waar Shoprite die anker huurder is en ook die mark leiers. Die ouens weet van moue oprol en help.

Eliza-beth ·

Ek stuur nou die dag ‘n epos aan klomp mense in my omgewing en vra dat hulle (AS HULLE WIL) elkeen ‘n bottel of paar gan aflaai by sekere punte waarvandaan dit dan na plekke wat hulp nodig het vervoer word. Die aflaaipunt is IN ons dorp. Toe is dit vir een Engelsman (van Joodse afkoms) ‘n probleem – die petrol wat hy dan nou sou uitry na die plek sou meer wees as wat die water gekos het – kan julle glo sulke mense bestaan? Ja, hulle DOEN! As elke liewe mens wat kan selfs net een bottel skenk SAL dit mos help, maar ja… ek kan net my kop skud.

Liat ·

Soos gewoonlik is die Jode ons weer ligjare voor. Sy redenasie is heel prakties. Samel liewer geld in en help die boere as om bottels water aan te ry. Ek kan verstaan waarom die man so voel. Ben Gurion Universiteit in die Negev woestyn het hoeveel keer hulle hulp aangebied om SA te help met alternatiewe maniere vir landbou in baie droe gebiede. Die ANC en Wits het laat weet hulle stel nie belang nie! Waar was die kommentaar toe? Hoekom het boere nie die Israelis genooi om hulle te kom leer nie? Baie min of geen Afrikaners het daaroor “kop geskud”…Nou pluk ons die vrugte van kortsigtigheid.

Hennelie Rust ·

Eliza-beth,hoe klink dit as van sy bure of,skuins oor die straat,sy bottel oplaai, na die leweringspunt, So nie,die geld gee vir een van hulle, wat water gaan koop en aflewer by die punt? Dan moet hy direk die waarheid sê,of hy teen hulp is? ………..hoe klink dit?

Harry ·

Is dit alle Shoprite winkels? Was by Daspoort Shoprite in Pretoria om my deel te doen, en die winkel bestuur weet van niks.

Jacques ·

En die mense hou party in rtb oor hulle verjsat , wili help om die mense wat sukkel water te voorsien nie , maar die mense wat hulp nodig het is wit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.