Hulp vir familie om na NZ te reis ná gesinstragedie

Die Dickason-gesin (Foto: Graham Dickason, Facebook)

Die Nieu-Seelandse regering is in verbinding met die Dickason-egpaar se familie in Suid-Afrika om te verseker dat familielede so gou moontlik na dié land kan reis om die egpaar by te staan ná die dood van hul drie kinders.

“Ek dink dit is baie belangrik, en ek dink alle Nieu-Seelanders sal saamstem, dat ons familie-ondersteuning so gou moontlik hier moet kry en ons werk baie hard daaraan om dit moontlik te maak,” het die eerste minister van Nieu-Seeland, Jacinda Ardern, Sondag gedurende ’n mediakonferensie gesê.

“Ek kan myself nie indink wat die familie moet deurgaan nie.”

Volgens Ardern is plek reeds in dié land se isolasie- en kwarantyngeriewe vir familie van die egpaar gereed gemaak.

Die land het tans ’n verpligte kwarantyntydperk van minstens 14 dae vir alle reisigers wat die land binnekom in ’n poging om die verspreiding van Covid-19 te beperk.

Nieu-Seeland se eerste minister, Jacinda Ardern. (Foto: Mark Mitchell/New Zealand Herald via AP)

Dr. Graham Dickason, ʼn voormalige inwoner van Pretoria, het Donderdag op die liggame van sy drie jong dogters, Maya en Karla (2), en hul ouer sussie, Liane (6), by hul huis in die hawestad Timaru afgekom.

Dickason en sy vrou, Lauren, ook ʼn dokter, het verlede week saam met hulle kroos in dié stad aangekom nadat hulle self eers in kwarantyn was met hul aankoms in Nieu-Seeland van Suid-Afrika af.

Lauren (40) het intussen in die streekshof in Timaru verskyn vir die moord op haar drie dogters.

Min inligting is in die stadium oor die hofverskyning, insluitend hoe die kinders dood is, bekend aangesien die media ingevolge ’n hofbevel verbied word om daaroor te berig.

Regter Dominic Dravitzki het Lauren na die Hillmorton-hospitaal in Christchurch vir sielkundige waarneming verwys.

Sy sal na verwagting weer op 5 Oktober in die hooggeregshof in Timaru verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

piet ·

Ander media het berig dat die kinders met plastiek bind-kabels vermoor (versmoor) is.

piet ·

Ek twyfel of Media24 so iets sal publiseer as dit nie substansie het nie.

Leandra ·

Kom ons oordeel eerder nie. Jy weet nie wat werklik gebeur het of in watter geestestoestand sy was nie, en totdat jy nie self deur dit gaan nie, sal jy sekerlik nie kan verstaan nie.

jou gewete ·

Skandvlek op die anc regering dat hulle niks doen maar NZ regering wel. sies anc regering. dis pateties. Dis hoekom professionel mense hierdie hool verlaat by duisende

Hoekom ·

Die ANCartel se enigste prioriteit is om aan bewind te bly en hulle sakke vol geld te druk…

Sterkte aan die familie in hierdie swaar tyd.

piet ·

Wat moet ons regering doen? NZ moet spesiale vergunning maak om mense op kort kennisgewing sonder die gewone reisvereistes toe te laat. Niks wat die SA regering daaraan kan doen nie of verwag jy dat die SA regering ‘n finansiele bydrae moet maak vir die familie se reis?

JanSt ·

Inderdaad ‘n wonderlike regering wat NZ hey. Dit so moeilik gemaak vir iemand met n mediese probleem dat sy nie haar medikasie geneem het nie. Nog meer wonderlik is hulle kwarantyn stelsel. (Ek onthou hoe het die spul op Maroela tekere gegaan toe Limpopo provinsie dit so gedoen het daar in die begin…) Nou dat die skade gedoen is “ondersteun” hulle die familie… Wonderlik inderdaad?

Elinette ·

Nee man, hoekom nou politiek hierby intrek? Die gesin het immers SA verlaat en is nou immigrante in NZ; hulle het sekerlik alles in plek gehad en is nou oud-SAners en nuwe NZlanders.

fs ·

moet die regering vir elke moordenaar of die familie hulp aanbied? – dan is ons nog gouer bankrot as met die korrupsie

Catherina ·

Dankbaar vir die NZ regering. My hart bloei nog vir daardie gesin…. albei ouers ook. Ons kan, en mag nie vingers wys….. Nie een van ons weet wat in die ma se gedagtes omgegaan het nie. Hou op spekuleer en ondersteun hulle in welke manier ons kan. An awful tragedy .

Kobus ·

Dit is hartseer. ‘n Pluimpie vir die eerste minister Me Ardern. Wens ons kon haar “invoer” soos die ANC Kubane invoer. Sy is merkwaardig. Sterkte aan die familie

Robert ·

Haar standpunte is nogal ooreenstemmend met ons minister van kopdoek sake.

piet ·

Erger, Robert, baie erger. Sy sal jou hok as jy skeefkyk. Praat van ‘n diktator……

Zombie ·

Piet, vir een kon hulle gehelp het dat die pa so gou as moontlik ondersteuning uit SA van vriende of familie ontvang het. Mag jy êrens in jou hart ń tikkie empatie hê vir die die pyn waardeur familie moet gaan.

piet ·

Ondersteuning hoe en op watter vlak. Ek sal baie graag wil weet. Ons wag…..

Niklaas ·

Hul oorweeg nog al die stappe wat gevolg kan word. Dit sal 2 maande duur. Wees geduldig. Moenie haastig wees nie. ‘n Kommittee is intussen aangestel.

sanette ·

Hulle het aansoek gedoen om ‘n kommissie saam te stel om ‘n afvaardiging van 5 oorgewig verteenwoordigers te kies om eerste klas na NZ toe te vlieg.

Swerwer ·

Innige simpatie aan die familie in Suid Afrika, en sterkte.

Elmarie ·

My absolute en innigste simpatie aan die hele familie vir krag, sterkte en vrede. Ek glo die vrou sal die nodige sielkundige en ander hulp daar kry, dis nie normale oprede nie.

piet ·

Gaan nie die arme kinders terugbring nie. Lewenslank in ‘n gestig asseblief.

Elmarie ·

Hopelik sal jy bietjie nalees oor geestessiektes en probeer, PROBEER verstaan – mense kan dit nie verhelp nie. JA die kinders sal nie teruggebring word nie maar om so negatief oral te wees soos jy ook nie. Ek hoop en GLO die mense daar in NZ is meer verdraagsaam en sal haar die nodige hulp gee

piet ·

Sy’t geweet van haar probleem maar niks daaraan gedoen nie. En kyk hoe lyk dit nou…

Irma ·

Ja piet, ek wil nie hierdie dokter oordeel nie, maar die vraag waarmee ek bly worstel is, hoekom het sy opgehou om haar medikasie te gebruik. Pasiente word gedurig deur dokters daaraan herinner om nie skielik op te hou om chroniese medikasie te gebruik nie. Dit is iets wat ek glad nie verstaan nie.

Cherokee ·

Jy mors jou tyd met goeie advies, Elmarie. Gee dit vir mense wat erkentlik is en sal waardeer.

Guve ·

Baie sterkte dr.Graham en dr. Lauren, mag God jul styfvashou in hierdie onmenslike moeilike tyd, net Jesus kan jul werklik vertroos, ek Bid nonstop vir julle. Ek hoop en Bid dat jul familie so gou moontlik by jul sal aansluit, Jesus liefdegroete ????

Zombie ·

Die klomp vraagtekens aan die einde van “Jesus liefdegroete” is betekenisvol?

Skappie ·

Dit is ‘n baie hartseer geval. Sterkte vir die familie en vriende van hierdie gesin. Mag onse Liewe Heer julle deur dra in hierdie moeilike tyd. Sterkte aan die pappa. Niemand weet hoekom hulle ma dit gedoen het nie, maar mag sy die nodige behandeling ontvang.

Elmarie ·

Ek ken hierdie gesin van geen kant af nie. Maar vandat hierdie nuus gbreek het laasweek, huil ek met elke berig wat ek hieroor lees. Daar gaan ‘n miljoen gedagtes deur my kop, sterkte aan al die familie lede

Pablo ·

Wat het tot die tragiese gebeure gelei wat die kinders van hulle lewens ontneem het?

Renier ·

Wat vir my opvallend is ,nie een van die kinders hou vir mamma vas op die gesin foto nie.

Kattebol ·

As daar nie so ‘n stigma gekleef het aan sekere psigiatriese siektes nie, sou dit nie gebeur het nie. Mense kry skaam vir hulle toestande (waaraan hulle geen skuld het nie) en steek als weg. Familie en vriende is maar net te bly om ‘n smile te sien sodat hulle kan voortgaan om die persoon se siekte te ontken.

Johanna ·

Dit is so verskriklik hartseer. Hoe sal ons weet wat in harte en lewens van ander mense omgaan. Ek sal NOOIT oordeel nie, ek het self kinders en kleinkinders.
As n aardse Regter sal kyk na versagtende omstandghede, hoeveel te-meer sal God ons Hemelse Vader, wat ALLES WEET, nie ook GENADE he nie.
Ek sal bid vir Mamma Pappa en Groot-Ouers. Almal moet gebroke wees n díé tyd.
Sterkte vir de familie, weet dat daar baie mense is wat vir julle bid..

TO ·

Dis so verskriklik hartseer. Dankie aan die New Zealand regering se ondersteuning. Ek bid dat GOD hulle deur die bitter moeilike tyd sal dra. Eks seker dit wat ‘n geleentheid van n leeftyd moes wees het nou in nagmerrie verander

ONTPS ·

Ons as mense sal altyd wonder wat gebeur het. Sommige mense ag ons hoër, bv jy verwag nie dat jou dominee ‘n verhouding met jou vrou sal hê nie; bankiers en prokureurs moet nie wegloop met jou geld nie, die polisie moet jou beskerm en dokters moet lewens red.

Maar, almal is mens, en almal gaan deur donker tye en het hulp nodig. Mag die familie al die hulp en vertroosting kry wat moontlik is. Niemand verdien daardie pyn nie. Innige meegevoel aan die familie en vriende

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.