Hulppakket vir Wes-Kaapse ondernemings

(Argieffoto: pixabay)

Die Wes-Kaapse regering het ʼn sakeverligtingsfonds op die been gebring waardeur R27 miljoen gebruik sal word om klein sakeondernemings in die formele en informele sektore wat swaar deur die afsonderingsregulasies getref is, te help.

Die LUR vir finansies en ekonomiese geleenthede in die provinsie, David Maynier, sê sakeondernemings het weens die Covid-19-pandemie ʼn taai tydperk agter die rug en dat sy departement hard werk om ondernemings, veral kleiner ondernemings, te help om veilig te heropen en werksgeleenthede én die provinsie se ekonomie te help red.

Die fonds sal geldelike hulp in die vorm van ʼn toelaag verskaf wat uitsluitlik gebruik mag word om sakeverwante uitgawes, soos bedryfsuitgawes of skuld aan verskaffers, te dek.

Maynier sê ʼn veldtog om bewusmaking te skep oor maatreëls wat getref kan en moet word om te midde van die Covid-19-pandemie steeds veilig te werk, is ook van stapel gestuur.

Vlak 1 van die afsonderingsregulasies het Maandag in werking getree en heelwat meer sakeondernemings mag nou heropen. Maynier sê die verligtingsfonds is ʼn belangrike stap om die ekonomie te help herstel.

Ondernemings kan hier aansoek doen om hulp. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 12 Oktober om 10:00.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jaco ·

Net BEE besighede wat swaarkry of alle besighede wat swaarkry? Ek vra maar net. Al het die Wes-Kaap ‘n DA-beheerde regering, geld daardie BEE steeds.

Jaco ·

BEE, regstellende aksie en opmerkings soos “jy is wit daarom help ons jou nie”, is alles goed wat seermaak, MAAR let tog ook net op die volgende:
Elke wit besigheid wat vir dié hulp aansoek doen en dit selfs, as ‘n wonderwerk, kry, sal AL sy details moet gee: naam, omset, inkomste, uitgawe, adres, bankbesonderhede ens ens. Vandag kry jy die hulp. Oor 2 jaar begin onteiening sonder vergoeding of iets nog meer leliks teenoor wit mense en dan is dié wit besighede wat nou “gehelp” is, eerste om afgevat te word. Wit besighede behoort dus eintlik bly te wees dat hulle weens hulle “verkeerde” velkleur nie “hulp” kry nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.