HuntEx uitgestel

Foto ter illustrasie. (Foto: Alexander Andrews/Unsplash)

Die organiseerders van die jaarlikse HuntEx-ekspo by die Gallagher-landgoed in Midrand, Gauteng, het Woensdag bevestig dat dié skou tot later vanjaar uitgestel is weens kommer oor die derde golf Covid-19-infeksies.

Dié besluit volg kort nadat die polisie en HuntEx ʼn ooreenkoms oor die skou se Covid-19-regulasies bereik het. Die hof het op 20 Mei beslis dat HuntEx nes enige ander winkelsentrum teen ʼn kapasiteit van 50% mag voortgaan.

“Klein ondernemings wat al langer as ʼn jaar nie hul goedere kon verkoop nie, kan nou daarna uitsien om weer sake te doen,” het Adriaan Woudstra, organiseerder van HuntEx, gesê.

ʼn Aantal belanghebbendes het egter die organiseerders genader oor die toename in koronavirusgevalle in Gauteng die afgelope ruk.

“Nadat ons dit met talle uitstallers en ander belanghebbendes bespreek het, het ons ingestem om vanjaar se HuntEx-ekspo uit te stel. Die skou sal vanjaar tussen 1 en 3 Oktober plaasvind,” het hy gesê.

Die skou sou aanvanklik vanjaar tussen 10 en 13 Junie plaasgevind het.

“Hierdie besluit stel die meeste van die uitstallers in staat om veilig te wees en steeds deel te neem aan die skou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Rudolph ·

Uitstekende nuus vir die diere. Ons het nie nodig om op diere teiken te skiet om ons ego’s te voed nie. Kry vir julle kameras en skiet fotos en videos. Dit is dierevriendelik!

Danie ·

Net soos jy geniet om fotos te skiet, geniet ek om my wapen te skiet en my vrieskas propvol vleis te stop. Gun ander mense ook hul plesier. Wat is die verskil om n bok te skiet en te eet teenoor n skaap tjoppie of a bees snit te braai?

Persheks Adri ·

Al is die skou uitgestel kan ons nog steeds ons huidige wapens gebruik duh!!!

Baie van ons doen kompetisie skiet so jou redenasie is nie reg nie!

Excalibur ·

Baie Dankie Manne!! Lei met voorbeeld en wys jul harte is op die regte plek vir die samelewing se oorlewing. Na die winter se groot jag en biltong maak; sien ons jul definitief na hierdie jagseisoen om stories uit te ruil, lekker te kuier met ‘n vleisie en ‘n koeldrankie en behendigheid te verskerp met wat te sien en te koop is in die Jagters mark van elke plaaskind.

Jan ·

Dit word by die dag duideliker dat die regulasies niks bereik nie behalwe om skade en verarming te veroorsaak maar die sirkus duur voort.

Danie ·

Jan ek neem aan jy kyk nie oorsese nuus nie.
En dat jy nie geliefdes en vriende aan die virus verloor het soos meeste van ons nie.
So jy sal nie weet dat SA in n baie beter posisie is as lande met liberale idees oor covid nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.