Huur en verhuur in vlak 4: Wat is jou regte?

Argieffoto: Pixabay.com

Sedert die instel van die landwye afsondering is talle werkgewers genoop om van hul werknemers te laat gaan of salarisse te sny om finansieel te kan oorleef. Dié toedrag het werknemers met hande in die hare gelaat omdat hulle steeds maandeliks ’n bedrag op ʼn verband of huurkontrak moet opdok.

Volgens Megan Harrington Johnson, ʼn prokureur van HJW in Johannesburg, is huurders steeds verplig om die volle bedrag huurgeld te betaal tensy die verhuurder ʼn ooreenkoms met die huurder aangaan waarin die huurgeld aangepas word.

“Al het die werknemer se salaris ongelukkig verander, is hy of sy steeds verplig om dit [die ooreengekome huur] te betaal tensy die verhuurder wat die kontrak voorsien het, uit sy eie die huurgeld aanpas. Die hof gaan nie die huurder uitsit voordat die afsonderingsregulasies gewysig is nie. Om nie huur te betaal nie is kontrakbreuk en nie ’n misdryf teen die afsonderingsregulasies nie,” sê Johnson.

Johnson sê maatskappye begin ten tyde van die afsondering en wêreldwye pandemie finansieel swaar trek en daarom begin werkgewers met werknemers onderhandel om hul salarisse aan te pas eerder as om die werknemers te laat gaan. In party gevalle word salarisse heeltemal gesny en werknemers moet net met hul kommissie kop bo water hou.

“Tegnies is dit onwettig om salarisse sommer só te sny behalwe as dit in oorleg met werknemers gedoen word en die werknemers stem in beginsel daarmee ooreen. Teoreties sal die werknemers instem dat hul salarisse aangepas word omdat dit beter is as om die werknemer te laat gaan,” sê Johnson.

Johnson sê werkgewers moet oor ʼn redelike tyd met werknemers onderhandel oor salaris-aanpassings. “Dit is onredelik om ʼn dag voordat werknemers salaris kry, hulle te laat weet dat hul salarisse aangepas gaan word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Isabella Susanna ·

En hoe moet die werkgewer salarisse betaal as daar geen inkomste is nie?

marius ·

Tegnies gesproke gaan baie mense op straat sit. Dis die realiteit .

Pompies55 ·

Verhuurders is elk geval só geldgierig ek wondee wat word van mense wat nie kan betaal nie?Ek huur my lewe lank en nog nooit n billike verhuurder gekry nie.Hulle is soos aasvoëls en as jy in die knyp raak moet jy uit sodat hul weer n ander huurder kan roof!Ek hoop verhuurders sal in die tyd huurders tegemoetkom en ophou vraatskiet met huurgeld!

Roebs ·

Ek het in n nuwe huis ingetrek, ons inkomste is met meer as die helfte gesny kan niks anders betaal as die huur nie? Skuld word opsy geskuif net om ‘n dak oor ons kop te he? Anders sit ons op straat.

Ronel ·

Ja nee kyk! Almal se lewe draai net oor geld. Hier werk dit mos so…………….ELKEEN VIR HOMSELF EN GOD VIR ALMAL! In daai geval dan moet die government my huur kom betaal! Julle government het ons gestop om te werk en dis nie ons skuld dat die virus na SA gekom het nie want die government het mos gese as dit na SA kom is hulle reg vir dit>>>>>>>>>>>EN NOU? GEEN INKOMSTE Se GEEN BETALING! Dan moet die huur-agente ook maar geldjies ontvang of eis van die staat want ons kan net soveel doen en niks meer nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.