Huurder doodgeskiet in aanval op kleinhoewe

(Argieffoto)

Vier gewapende mans het Saterdagaand op ʼn kleinhoewe in die Mooinooi-omgewing in Noordwes toegeslaan.

ʼn 60-jarige man is tydens die aanval doodgeskiet en ʼn bejaarde egpaar is aangeval en beroof. Volgens kapt. Aafje Botma, polisiewoordvoerder, het die bejaarde egpaar gesit en TV kyk toe die 76-jarige vrou die honde hoor blaf het.

“Sy het gedink die honde wil dalk uitgaan en het die kombuisdeur gaan oopmaak toe vier gewapende mans met klapmusse die huis binnegekom het. Sy het begin skree en een van die aanvallers het haar gegryp, ʼn vuurwapen teen haar kop gedruk en geld geëis.”

Twee van die aanvallers is na die sitkamer waar die vrou se 86-jarige man, wat baie swak gehoor het, steeds gesit het. Hy het glo sy vuurwapen, wat onder die bank was, in die hande probeer kry toe een van die aanvallers hom in die boarm geskiet het. Die koeël is deur sy arm tot in sy longe.

Die ander aanvallers het intussen steeds geld van die vrou geëis waarna sy hulle na die studeerkamer gevat het waar sy vir hulle R60 kontant en ʼn skootrekenaar gegee het.

Die aanvallers het ook juweliersware geëis waarna sy hulle na die slaapkamer gevat en dit vir hulle gegee het. Die aanvallers het hierna op die vlug geslaan. Daar is ook selfone en vuurwapens tydens die aanval gesteel.

Volgens Botma het die vrou haar gewonde man in die sitkamer aangetref waar hy op sy rug gelê het. Hy is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal gehaas. Toe die vrou weer in die kombuis kom het sy op die liggaam van ʼn 60-jarige man afgekom wat ʼn huis op die hoewe gehuur het. Hy is in die kop geskiet en is op die toneel dood verklaar. Die vrou het kneusplekke tydens die aanval opgedoen.

Die polisie ondersoek sake van moord, poging tot moord en huisroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Harley Davidson ·

Dit is jammer die oom hou die wapen onder die bank en nie op sy persoon nie,dit is jammer die tante maak die deur so maklik oop en dit is jammer dat vuilgoed so maklik toegang to die huis erf het.

Phillip ·

Dit is jammer dat SA so ‘n plek geword het waar al die dinge nodig is

Frikkels ·

Dit is ook jammer dat ons regstelsel wetsgehoorsame burgers totaal faal! Solank as misdadigers voorrang geniet wanneer dit by menseregte kom, sal ons regstelsel en wette vir ons van nul en gener waarde wees. Bring die doodstraf terug en kyk hoe verdwyn misdaad!

david ·

Weereens is die slagoffers BEJAARDES..! Die voortdurende aanvalle op bejaardes toon maar nogeens
hoe DAPPER hierdie “helde van die rewolusie” is….
Dit kan met veiligheid aanvaar word dat hierdie helde nie van Kaukasiese oorsprong is nie..

Ek word telkens herinner aan hierdie uittreksel uit Operation Mayebuye, die kodenaam vir die ANC
se beplande rewolusie in 1963 , dit getuig was in die Rivonia verhoor..
“shamelessly attack the WEAK, and shamelessly flee from the strong..”

Het Mayebuye maar net herleef ?…..’n Bejaarde tel seker onder die “weak”…?

Frikkels ·

Jy het dit 100% reg mater. Ek wou dit so sê, maar my woordeskat het my in die steek gelaat. In hierdie geval rol die vloeke van my tong af, maar dis presies soos dit is!

Marcello ·

My hart krimp ineen as ek lees van bejaardes wat aangeval word, die aanvallers is lafaards, want oumensies kan hulself nie verdedig nie.

Swerwer ·

Hierdie misdadigers se straf moet dieselfde wees wat hul aan onskuldige mense doen. DOODSTRAF sal moet terugkom om net weer hierdie genadlose terroriste van hul eie medisyne te gee.

Samuel ·

En die polisie doen niks nie. Aanvallers natuurlik nie vasgevang.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.