‘Huurmoord’ op ma, dogters ondersoek

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Die polisie in Port Elizabeth ondersoek ʼn driedubbele moord nadat ʼn ma en haar twee dogters Dinsdagoggend op teregstellingswyse in hul huis doodgeskiet is.

Kapt. Andre Beetge, woordvoerder van die polisie, het gesê die vrou en haar dogters, onderskeidelik 21 en 15 jaar oud, is omstreeks 14:00 in hul huis in die Govan Mbeki informele nedersetting doodgeskiet.

Volgens Beetge is ʼn vyfjarige seuntjie en ʼn tien maande oue baba ook ná die skietery in die huis gevind. Hulle was ongedeerd.

“In hierdie stadium is die motief vir die moorde nog onbekend, maar die polisie volg tans leidrade op. Die moontlikheid van ʼn huurmoord is nie uitgesluit nie,” het Beetge gesê. “Daar was geen tekens van gedwonge toegang tot die huis nie en dit kom voor asof die verdagtes of verdagte net gekom het om hulle te skiet.”

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Theresa B ·

Hoe wreed het die mensdom darem nie geword nie. Ons kan net aanhou bid………………….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.