‘Huurmoordenaar’ in Bloemfontein vasgetrek

misdaadtoneel

Argieffoto

ʼn Man, wat vermoedelik ʼn huurmoordenaar is, is Maandag in hegtenis geneem kort nadat hy na bewering ʼn motoris in die Bloemfonteinse middestad in die kop geskiet het.

Kapt. Chaka Marope, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn 40-jarige Bangladesji man het teruggekeer van ʼn gebedsessie by ʼn plaaslike kerk toe die voorval gebeur het. Die man was besig om sy motor oop te sluit, toe die skieter hom genader en op kort afstand geskiet het. Die skieter het onmiddellik van die toneel gevlug.

Die polisie is ontbied en die 28-jarige verdagte is ʼn paar meter van die toneel in hegtenis geneem, het Marope gesê. ʼn Rewolwer met vyf patrone binne is in sy besit gevind.

Die slagoffer is tans in ʼn kritieke toestand in die hospitaal.

Volgens Marope is die motief vir die voorval nog nie bekend nie, maar die polisie vermoed die aanval was beplan, aangesien die slagoffer nie van sy persoonlik besittings beroof is nie. Die verdagte sal binnekort in die Bloemfontein-landdroshof verskyn op aanklagte van poging tot moord en die onwettige besit van ʼn vuurwapen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jan maak n Plan ·

Nou wat is nou so vreeslik hieraan???? Hier by ons verkoop al die buitelanders dwelms en maak n fortuin en die polisie weet van niks.

Schalk ·

Beslis nie n baie suksesvolle huurmoordenaar nie. Die polisie is onbied, wat ons weet, baie baie lank kon vat om op te daag. En hulle arresteer hom meters van die toneel? Het hy gevlug met n loopring?

Takkie Takuuza ·

Ek wonder ook daaroor. Is die verdagte ‘n slak of ‘n skilpad?

Grap ·

Het Suid-Afrika huurmoordenaars ook tot watter vlak gaan die land nog verval

Theresa B ·

Die skieter het onmiddellik van die toneel gevlug. Die polisie is ontbied en ‘n paar meter verder is die verdagte inhegtenis geneem. Hy vlug nie baie vinnig nie. Die mensdom is siek verby! Wat ookal die rede – Ek hoop die man trek deur en herstel.

Bets ·

Dis meer die verkeers manne wat die skieter aangekeer het, hy het gevlug van Henry str, en is aangekeer in Berg str

James ·

Teresa dis seeker weer drugs en skuld mekaar geld en dan n hit , suid afrika is nou mos een groot drug kartel . zama het mos die grense oop gemaak om stemme te kry , nou is so iets aller daags hier .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.