Huurmoordenaar sit lank ná sewejarige se moord

Argieffoto

Argieffoto

Simosakhe Ngcobo (28) is Donderdag tot 25 jaar tronkstraf gevonnis vir die huurmoord op die sewejarige Philisiwe Ngidi.

“Philisiwe was op 4 Maart 2015 saam met haar gesin by hul huis in Nsuze, naby Tongaat in KwaZulu-Natal, toe Ngcobo en sy medepligtige hulle genader het en wou weet waar sy is,” het maj. Thulani Zwane, provinsiale woordvoerder van die polisie, gesê. “Sy het haarself uitgeken en hulle het haar uit die huis geneem.” Die res van die gesin is glo in die huis toegesluit. Haar ma en ouma het hulle later gaan soek. “Haar liggaam is in die tuin aangetref met steekwonde aan haar nek en maag.”

ʼn Saak van moord is by die Nsuze-polisie aangemeld en die dossier is na die KwaDukuza-polisie oorgeplaas vir verdere ondersoek. “Philisiwe se pa, Vincent Thokozani Ngidi (30) is op 10 Maart in hegtenis geneem op aanklag van moord. Ná verdere ondersoek is sy medebeskuldigde, Ngcobo, op 5 Mei in hegtenis geneem.”

Ngcobo het Donderdag skuld beken en hy is gevonnis. Ngidi bly in aanhouding en sal weer op 29 Julie 2015 in die hof verskyn.

Intussen berig News24 Philisiwe se keel is afgesny, sy het meer as 40 steekwonde gehad en haar ingewande is uitgesny. Ngcobo, ʼn straatverkoper, het aan die hof gesê Ngidi, ʼn polisiebeampte, het hom en ʼn vriend R20 000 elk aangebied om sy dogter te vermoor. Die medepligtige is nog soek. Ngidi het hulle glo net R1 000 elk betaal. Die hofdokumente het nie aangedui waarom Ngidi sy dogter wou vermoor nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Elfie ·

Wat ‘n gemors. Arme kind. En 25 jaar is glad nie LANK nie, hy gaan in elk geval net ander “tricks” in die tronk leer, verniet eet en drink en doen. Lewenslank – ‘n lewe is niks minder as dit werd nie.

pop ·

Weereens n polisie beampte, en n vrotsige een daarby. Arme ou dingetjie, meneer wou seker nie onderoud betaal nie. Die slagting en verniel van die kinders sal nie ongestraf gelaat word nie. God sal sy toorn nog loslaat oor die werpsels van satan.

CHRISTA ·

Wat de duiwel gaan met ons mense in hierdie land aan? Pa’s betaal misdadigers om hul kinders te vermoor, mans betaal misdadigers om hul vrouens te vermoor!!! Waar en wanneer gaan dit ophou??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.