‘Huurmoordenaar’ voor beplande moord vasgetrek

Foto: SAPD

Foto: SAPD

ʼn Man wat glo beplan het om ʼn Eshowe-inwoner van KwaZulu-Natal te vermoor is Woensdag vasgetrek voordat hy die moord kon uitvoer.

Kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie het inligting ontvang dat die 43-jarige verdagte beplan het om een van die inwoners in die Eshowe-omgewing te vermoor. Nadat die polisie die beweerde moordenaar geëien het, is ʼn operasie saamgestel om hom vas te trek.

“Die provinsiale opsporingspan en die Umhlali K9-eenheid is by die plan betrek. Die operasie is in die vroeë oggendure in die Ntumeni-gebied uitgevoer waar die verdagte in hegtenis geneem is,” het Naicker gesê. “’n AK47-geweer met 41 koeëls, ʼn 9 mm-CZ75-pistool, ʼn Taurus 9 mm-pistool en nog 67 koeëls is in sy besit gevind.”

Naicker wou nie oor die motief vir die moord bespiegel nie en het gesê dit sal deel vorm van die ondersoek. “Sodra ons agtergekom het wie hom gehuur het om die moord te pleeg, sal ons moontlik ʼn motief kan vasstel,” het hy gesê.

Die verdagte sal Donderdag in die Eshowe-landdroshof verskyn vir die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie. Volgens Naicker is daar ʼn moontlikheid dat ʼn aanklag van sameswering tot moord later bygevoeg kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Martin ·

Maart hy wou daai arme inwoner DOODMAAK nê.
Kyk al die ammo en wapens. Nee die man was kwaad!!!!

Bloues ·

Kom nou Oscar aanhangers, die man moet seker ook nie gestraf word nie????

Bokstert ·

Bloues, my pa het altyd gesê “wie ‘n ander jaag staan self nie stil nie.”

Bloues ·

Wat ek probeer oorbring het was dat daar mense is wat van mening is dat Oscar onskuldig is, dat God hom vergewe het en hy dus maar uit die tronk moet kom. Diesulkes wat van mening is dat ons nie mag oordeel nie. My kommentaar was dus op die mense gemik om vir hulle te vra, wat nou in hierdie geval?. Moet ons vergewe en vergeet en nie klippe gooi nie ens ens.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.