‘Huurmoordenaars’ om man, skoonma uit die weg te ruim

Argieffoto (Foto: Kent Williamson)

ʼn 36-jarige vrou is van die ses verdagtes wat Vrydag in hegtenis geneem is in verband met die moord op haar man en skoonma in Elliotdale in die Oos-Kaap.

Kapt. Siphokazi Mawisa, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn 46-jarige man en sy 81-jarige ma is Donderdag by hul huis in Mkatazo Village doodgeskiet. “Die polisie het onverpoosd gewerk en kon die verdagtes in hegtenis neem.”

Die voorlopige ondersoek dui daarop dat die 36-jarige vrou ʼn groep mans gehuur het om haar man en skoonma dood te maak. Die polisie het beslag gelê op drie ongelisensieerde vuurwapens en 34 patrone.

Die verdagtes, almal tussen 23 en 55 jaar oud, staan tereg op twee aanklagte van moord, sameswering om moord te pleeg en die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie. Hulle sal na verwagting Maandag in die Elliotdale-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Blomme ·

Ai, waar gaan dit alles eindig.. Was dit nou regtig nodig? Sy kon mos net uit die huwelik uitgestap het as dit nie gewerk het nie. Hoekom dan moord pleeg?

Cherokee ·

Natúúrlik is jy bàie reg Blommetjie, maar dàn weer, soos met die hotelsaak(?), somtyds is finansies die oorweging.

Anel ·

Nogal jammer dat die pokusie nie so vinnig optree en hard werk waar plaasboere vermoor word nie.

Hardekwas ·

As die pokusie maar net geweet het wat hulle te doen staan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.