‘Hy gaan dit van alle kante kry’ – politieke ontleder oor staatsrede

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: PresidencyZA/Twitter)

Pres. Cyril Ramaphosa sal Donderdagaand sy staatsrede lewer terwyl hy polities ál meer broos voorkom weens massiewe gesondheids- en ekonomiese krisisse asook ʼn verdeelde regerende party.

Suid-Afrika is steeds die Afrika-land wat die swaarste deur die Covid-19-pandemie getref word en die ekonomie steier onder afsonderingsregulasies. Suid-Afrika is boonop stadig uit die blokke wat die toedien van die entstof betref.

“Hy gaan dit van alle kante kry,” voorspel prof. Amanda Gouws, politieke wetenskaplike aan die Universiteit Stellenbosch.

Om sake te vererger, lyk dit of Ramaphosa sukkel om sy gesag in die ANC af te dwing met toenemende vyandigheid van faksies in die regerende party en opposisiepartye wat hom daarvan beskuldig dat hy nie korrupsie in bedwang kan bring nie.

“Solank jy ʼn stryd binne jou eie party moet voer, is dit baie moeilik om ʼn gevoel van stabiliteit buite die party te skep,” sê Gouws.

Ramaphosa is ook versigtig om sy medepartylede wat van korrupsie verdink word, onder wie oudpres. Jacob Zuma en ANC-sekretaris-generaal Ace Magashule, te roskam. Gouws meen Ramaphosa se hande is vasgebind aangesien enige optrede teen die Zuma-faksie heel waarskynlik tot ʼn “ernstige politieke uitval” sal lei.

“Dit lyk tans of ons ʼn afwesige president het,” sê Gouws.

Maroela Media het vroeër berig Suid-Afrika het teen Woensdagaand altesaam 1 482 412 bevestigde Covid-19-gevalle gehad en 3 159 nuwe gevalle is aangemeld. Nog 276 Covid-19-verwante sterftes is in Suid-Afrika bevestig, wat die totaal op 47 145 te staan bring.

Die regering het nou sy oog op die Johnson & Johnson-entstof nadat hy die eerste fase van sy entstofprogram tydelik opgeskort het, aangesien navorsing getoon het die AstraZeneca-entstof het moontlik nie dieselfde doeltreffendheid teen die 501Y.V2-variant nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Adri ·

Hy gaan weer afsluit met: “May god bless our country!!!” (Beslis nie God nie!)

JohanR ·

Kom parlement weer Vrydag bymekaar sodat NDZ kan verander wat Cyril Donderdag gese het?

Charles ·

Gaan hy die Afrikaner weer geblameer vir alles wat fout is?

Casper ·

Hoekom treë hy nie op teen korrupte politici ne maar amptenare word vervolg.Staan hyself agter die deur.Zuma en Magashule gaan die wêreld vir hom nog warm maak.

Nie Verbaas ·

Daar is geen entstof vir n tekortkoming van n ruggraat nie so verwag leuens.

Jakes ·

Laat ons maar eerlik wees, sedert 1994 het SA veragter na n land wat oor die afgrond in regeer is. CR het nes sy voorgangers weinig gedoen om die burgers van SA tevrede te stel. Hy is lid van n verdeelde party en sal daar nooit n verenigde ANC bestaan nie. Die party is besmet met kriminele elemente en dus verwag ek vanaand net mooi niks positief van n president wat geen tande het nie.

Mariana ·

Verwag niks van hom want hy doen niks vir die mense van die land nie. Hoekom hy moeite doen om te praat weet nugter, hy sê nooit niks van belang.

Saartjievandiebosveld ·

My Fellow Sourh Africans….we are on track with the destroying of South Africa and it,s people…

Johan ·

Ons is nie in n krisis agv die “pandemie” nie maar agv die regulasies…die “Covid Dictator Council” is verantwoordelik vir duisende se hongersnood.

Karina ·

Die sogenaamde staatsrede was vir my ‘n kwessie van: “jakkels prys sy eie stert, maar pasop, wolfie gaan kom en daardie stertjie afbyt” warra warra warra is al wat ek gehoor het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.