Hy ‘haat’ g’n Afrikaans – Nzimande

Min. Blade Nzimande sê hy erken Afrikaans as een van die land se amptelike tale, maar kan nie toelaat dat dit gebruik word om ʼn eng en rassistiese agenda te bevorder nie. (Foto: ANA/Jacques Naude)

Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, opleiding en tegnologie, het uitgevaar nadat die DA hom – volgens die minister – daarvan beskuldig het dat hy “Afrikaans haat”.

Nzimande het Dinsdag gesê hy erken Afrikaans as een van die land se 11 amptelike tale, maar kan nie toelaat dat Afrikaans gebruik word as ʼn manier om uit te sluit of te onderdruk nie en ook nie as ʼn manier om ʼn “eng en rassistiese Afrikaner-nasionalistiese agenda” te bevorder, soos “die geval onder apartheid” was nie.

“Afrikaans moet gesetel wees in ʼn demokratiese Suid-Afrika en moet gered word van ʼn wit, regse agenda. Dit moenie gesien word as dat dit in konflik met die bevordering van moedertaalonderrig in ʼn demokratiese Suid-Afrika nie,” sê Nzimande.

Die minister se opmerkings kom nadat die DA Nzimande by die Menseregtekommissie (MRK) verkla het oor sy klassifisering van Afrikaans as “uitheemse taal”.

Leon Schreiber, die DA se kieshoof in Stellenbosch, sê Nzimande se volgehoue siening dat Afrikaans “uitheems” is, ten spyte van die wetenskaplike feit dat die taal in Suid-Afrika ontwikkel en bykans eksklusief hier gepraat word, laat die vraag ontstaan of Nzimande dus Afrikaanssprekendes ook as “uitheems” aan Suid-Afrika beskou.

Schreiber sê Nzimande moet oop kaarte speel oor sy ware motivering vir die “onlogiese aandrang” dat Afrikaans uitheems is.

“Is dit omdat hy en die ANC-regering die sprekers van die taal en hul kultuur op een of ander manier as vreemd aan Suid-Afrika beskou? Glo die ANC dat Afrikaanssprekendes nie ewe veel hier hoort nie. En is die praktiese doel van sy ongrondwetlike klassifisering van Afrikaans as “uitheems” om die taal heeltemal by hoër onderwysinstellings uit te wis?”

Jan Bosman, hoofsekretaris van die Afrikanerbond, het die minister se verklaring as “ongevraagd” bestempel.

“Min. Nzimande het die demokratiese reg om te reageer op die DA se klagte by die MRK. Sy minagtende houding oor Afrikaans word egter weer gedemonstreer uit die stelling dat Afrikaans ‘uit ’n wit regse agenda gered moet word’,” sê Bosman.

“Hiermee sleep hy Afrikaans opnuut, soos Panyaza Lesufi [LUR vir onderwys in Gauteng], telkens in ʼn onnodige ideologiese spel in en maak hy dit goedkoop verkiesingspropaganda.”

Bosman sê Nzimande verkies om in die verlede vas te haak, eerder as om verantwoordelikheid te aanvaar.

“Dit blyk verder dat Nzimande ook nie tred hou met die realiteite van Suid-Afrika nie. Taaldiversiteit is iets wat nie summier deur ʼn ideologiese bril afgemaak en verdag gemaak kan word nie. Ons word opnuut herinner aan soortgelyke opmerkings deur Nzimande in 2014 oor Akademia en Afrikaanse universiteite en toe is met verwysing na die Noordwes-Universiteit, terme soos volkstaat en apartheid-enklaves ook kwistig ingespan deur die minister.

“Dit dui weer eens op ʼn onderliggende en dieperliggende afkeer van enigiets wat Afrikaans is,” sê hy.

Volgens hom verkies die minister om op ʼn “lui manier” Afrikaans deur Engelse kolonialisering in te perk, eerder as om skeppend en kreatief oplossings vir Afrikaans en ander inheemse tale te vind.

“Die oplossings verg toewyding, aanpassing en begrip vir taal- en kultuurdiversiteit. Dit blyk egter asof die woorde nie in die minister se woordeskat is nie en dat hy eerder die land se ryke diversiteit sal laat verengels en sodoende ook uit te sluit, as om iets konstruktief by te dra tot die beskerming en bevordering van inheemse tale, Afrikaans ingesluit,” sê Bosman.

Hy sê dit help nie om uit ministeriële hoogtes neerbuigend en afbrekend teenoor ʼn taalgemeenskap op te tree nie en veral nie om sy “ewige afkeer” van Afrikaans so te wys nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

JohanR ·

Toe pampoen pitte uitgehandig is het die ou net een meer as Bheki Cele gekry!

Cherokee ·

Dit is nie afkeur maar jaloesie. En as tussen die lyne gelees word, vrees hy die Afrikaanssprekende Suid Afrikaner.

Gert ·

Wanneer begin hy Engels uitwis want dit is so ‘n uitheems se taal. Asb ek vat nie die Engelse mense aan nie, maar die feit bly staan hy sal met alle mag en met elke ding tot sy beskikking Afrikaans probeer vernietig.

Harley Davidson ·

So hou die bek gevegte aan maar eintlik gebeur daar niks ,begin onderhandelinge vir ‘n onafhanklike tuisstaat dit is al manier.

Dup ·

Mnr “Blade” behoort te besef dat as Afrikaners en Afrikaans nie hier was nie,dan was hier NIKS…ñ absolute ronde nul…..amper soos Mars se landskap…net meer stof.

Bosveldbul73 ·

Dit is baie duidelik dat almal wat deesdae ‘n “soapbox” het om op te staan (m.a.w. in die publieke oog is) na absoluut enige nonsens sal gryp, net om emosie te ontlok… Pleks gee hulle meer aandag aan belangrike dinge, soos basiese dienslewering, veral siende ons binnekort moet gaan kruisies trek. Dit is vir my baie duidelik dat hulle of, 1. Nie meer Raadgewers het, wat hulle ‘ordentlike’ raad gee nie, of 2. Hulle eenvoudig nie steur aan wat hulle Raadgewers vir hulle sê belangrik is nie…

Pieter ·

Voetsek jou anc gemors maar ons belasting geld is goed genoeg.

Joggie ·

Ons moet gered word van rassistiese ANC terroristiese agenda!

Werner ·

Ons sal onsself moet red.Niemand gaan dit vir ons doen nie

JM ·

Ja, Mzimande, en die ANC wat kolonialisme so verafsku, hoekom hang julle die Engelse taal aan? Die Afrikaners het hierdie land opgebou as ‘n eerstewêreldse moondheid, wat julle in 27 jaar nie kon regkry of instandhou nie en julle is jaloers/kwaad. Al wat die ANC kon regkry, was om hierdie land af te breek tot ‘n hool, soveel so, dat die buiteland nie meer hier wil belê nie. “You always pass the buck!” Klim van jou arrogante troontjie af en wees ‘n keer eerlik.

Ria ·

El verstaan nie die ou se redenasie nie behalwe dat hy duidelik n rasse agenda het

DieKriek ·

Dankie tog vir aandklok reël. Verbeel jou jy loop in die donker in hóm vas.

Dirk Mostert ·

Met ‘n Pfizer-naald byderhand? Daar kan iets goeds van kom.

msp ·

Ja, natuurlik, vir die verkiesing is hy verlief op alle tale, na die verkiesing sal hy en sy kollegas weer net verlief wees op die mederheidsgroepe.

David ·

Reg mnr Nzimande, hou dan op met jou rasistiese agenda teen Afrikaansprekendes.

Frederik C ·

Dr/Prof/Adv Blade reken dat swart tale doelbewus onder apartheid onderontwikkel is. (NW24) Kan so ‘n hooggeleerde nou sulke snert kwytraak. Seker bietjie jaloers op die Afrikaanssprekendes se sukses.

Pietertjie ·

Ek kan hom nogal glo. Hy haat net almal wat Afrikaans voorstaan. O ja, en my ouma is ‘n eendvoël.

Dries ·

Hy is nie net n Afrikaner hater nie maar ook n groot aards kommunis

annie ·

Waar het ons geliefde suurknol sy voornaam gekry… Blade? Was dit voor bostaande foto geneem is of net daarna? Die kameraman het hom seker versoek om asseblief te glimlag, as hy dalk kan, maar toe lê daar ‘n item op die tafel daarnaas… Dit was nie ‘n Afrikaanse woordeboek nie.

Buck ·

My bloed is “Afrikaans”. Niemand, geen hof, geen politiek en geen oorlog kan dit verander nie. Dring aan op jou taal. Waar jou geld goed genoeg is, soveel te meer jou taal. Ek is Afrikaans

Astrain ·

Redelik duidelik hy haat nie net Afrikaans nie maar ook die wat dit as eerste taal praat…

Dirk Mostert ·

Wie bevorder ‘n eng en rassistiese anti-Afrikaner agenda?

Nie Verbaas ·

Dit is maar swaar as mense minderwaardig voel en woorde uiter wat n refleksie op hulle vlak van intelligensie ten toon stel.

Lian ·

Afrikaans “ red “ ?????? Klink nie reg nie. Dis wat verslawing aan mag jou doen . As jy ‘n taal praat, is jy deel van daardie taalgemeenskap en dit maak nie saak wie jy is nie

koos10 ·

Blade, met jou uitspraak soos die is dit geen wonder dat Julias MALema so ‘n groot bek het nie.
Is daar nog enige twyfel dat die EFF deur die ANC/SAKP gefinansier/gedryf word?
Jy is nie ‘n minister se agterent werd nie. Jy het ‘n belofte gemaak toe jy as minister ingesweer was, om ALLE Suid Afrikaners te dien, maar nou ja, dis mos beleid om die beloftes gestand te doen nie!
Plaas jy doen iets om tale te bevorder, maar nee, ons breek mos eerder af, dis makliker as om op te bou!

Swerwer ·

“eng en rassistiese Afrikaner-nasionalistiese agenda” te bevorder, verduidelik asseblief waar kom “rassistiese Afrikaner-nasioalistiese agenda in. Regtig hierdie man is besig om die dam onder die eend uit te ruk.

Carel Johannes ·

Blade, Blade, en jy bloos nie eers nie. Sies skaam jou.

Elinette ·

Afrikaans is NIE ‘n uitheemse taal nie. Dit het ONTWIKKEL uit Kaapse Hoog-Hollands, Engels, Frans, Duits, Maleisies, selfs die Khoi- en Boesmantale … en is vir die eerste keer “erken” as taal, in 1875 toe die Afrikaanse Patriotte die Afrikaanse Taalbeweging in die Paarl gestig het, vandaar die feit dat daar die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl is. Slegs die feit dat blanke Afrikaanssprekendes (NIE Afrikaners NIE), die taal vir meer as honderd jaar besig het, maak nie dat dit ‘n UITHEEMSE taal is nie, nog minder dat dit die taal van die verdrukker is, want – hoeveel mense “van kleur” besig nie óók Afrikaans nie? En laasgenoemde sluit sekere SWART mense ook in. Afrikaans is NIE NET DIE TAAL VAN BLANKES NIE – bruin, swart, Indiër praat dit OOK.

mattk ·

Jy kan hoe hoog geleerd wees, duisend grade agter jou naam skryf, dit is nie te sê jy is intelligent nie. Daar is ook nie pille vir mense soos hy nie. Hierdie klomp kaders het hul eie idees en besef nie altyd dat wanneer hulle hul monde oopmaak hulle eintlik bewys hoe min hulle werklik weet. Net soos sy mede kader Nathi Mtethwa, ken hy gladnie die geskiedenis van SA, sy inwoners, taal en kultuur nie.

skurweberg ·

Skryf U eie hoofstuk oor die opmerking en reaksie van die minister aan die begin van hierdie artikel nl.

“maar kan nie toelaat dat Afrikaans gebruik word as ʼn manier om uit te sluit of te onderdruk nie en ook nie as ʼn manier om ʼn “eng en rassistiese Afrikaner-nasionalistiese agenda” te bevorder, soos “die geval onder apartheid” was nie.

My eie hoofstuk sal begin met : kan nie toelaat dat die ANC hulle ideologiese en politiekemag misbruik en die land en sy mense (wit en swart) die reg ontneem om in ‘n beskaafde en normale land te LEEF EN WERK nie ; die land en sy mense die reg ontneem om ‘n infrastruktuur te bou wat WERKSKEPPING as prioriteit het en nie selfverryking nie ; (en so sal ‘n mens kan aangaan)

Casper ·

Siestog Nzimande en daar is geen ANC lid wat Afrikaans praat nie

Belinda ·

hulle haat afrikaans maar lief om ons taal te gebruik om uitdrukking te gee as hul iets verduidelik.
eks nie gepla wie haat dit nie, ek weet net eks trots afrikaans.

Perdeby ·

nou vertel ons dan hoekom is ons uitheems en nie Engels nie?? Waar kom Engels vandaan??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.