‘Hy het al mense doodgemaak’ hoor bejaarde egpaar tydens aanval

Monjean Ayels is in die gesig geskop.

Monjean Ayels is in die gesig geskop.

ʼn Bejaarde egpaar is erg aangerand in die huis waar hulle al langer as 40 jaar woon.

Elaine Gerber het aan Maroela Media gesê haar ouers, Arthur (79) en Monjean Ayels (74), is Vrydag omstreeks 20:40 in hul huis in Randparkrif in Johannesburg deur vier mans oorval. “Hulle het oor die muur gespring en ʼn veiligheidshek afgebreek om binne die huis te kom. My ma was in die kombuis doenig en my pa elders in die huis.”

Volgens Gerber is haar pa met ʼn staalpyp geslaan en haar ma erg geskop. Haar ma se juweliersware is afgeruk voor hulle met selfoonlaaiers vasgebind is. “Een van die aanvallers was ʼn jong man. Hy het my ma-hulle nie baie styf vasgebind nie en het heeltyd vir hulle gesê om nie vir die groot man te kyk nie en dat hy al mense doodgemaak het.”

Gerber het gesê haar ma het asma en het ʼn ligte aanval tydens die voorval gekry. “Die jong aanvaller het my ma se asmapompie en ook water vir haar gegee.”

Monjean Ayels is erg geskop tydens die aanval.

Monjean Ayels is erg geskop tydens die aanval.

Die ander aanvallers het intussen die huis geplunder. “Hulle het kaste beskadig en rakke afgeruk. Ek verstaan nie hoekom hulle so vernietigend moes wees nie.” Volgens Gerber het die voorval sowat 15 minute geduur voor die aanvallers met drie selfone, twee skootrekenaars, juweliersware en kontant gevlug het. Die aanvallers het die TV, ander huishoudelike items en die egpaar se motor gelos.

Gerber se ouers kon daarin slaag om hulself los te wikkel en hulp te ontbied. Hulle is na die Netcare Olivedale-hospitaal geneem. Monjean se een wangbeen is gekraak terwyl Arthur ʼn gekraakte been in sy blaaie het waar hulle hom met die staalpyp geslaan het. Die egpaar is die volgende dag ontslaan.

Volgens Gerber het haar ouers die veiligheid by hul huis opgeskerp ná die voorval. “Hulle wou nêrens anders gaan nie en het gesê hulle sal nie dat die aanvallers wen nie. Van die juweliersware wat gesteel is, is deur my oorlede broer aan my ma gegee. Mens kan juweliersware vervang maar nie die sentiment daaraan verbonde nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

BOLANDER ·

Alida, ek amen dit. HERE ASB , U IS DIE ENIGSTE PERSOON WAT ONS UIT HIERDIE HEL KAN RED!!!!!

m ·

En so word onskuldige mense elke dag gejag en verniel deur hierdie gemors………

Marina ·

Ai toggie my hart is so seer as ek sulke goed lees en ek word so bitter kwaad. Tannie, Oom ek is so bly dat julle nog leef, my ouers wat nie so gelukkig nie. Alle sterkte en ‘n spoedige herstel vir julle albei.

Elizabeth ·

Hoekom moet hulle altyd weerlose mense aanval. Dankie Onse Vader hulle lewe nog. Sterkte

Veritas ·

Hulle val net weerlose mense aan want hulle is te lafhartig om sterk, gesonde mense aan te val.

DPJ ·

GEDIG AFBREKER.
Afbreker, jy bokspring en huppel soos ‘n held,
maar stadig verdrink jy in jou eie geweld…
Jy gaan tekere met knopkierie, knuppel en klip
en laat die land se trane aanhoudend drup…

Jy maak dit duidelik, “Hierdie is mý land!”,
maar breek dit dan af en steek dit aan die brand!
Tussen al die vlamme en borrellende rook,
word jou toekoms gesluit…met betogings bestook…

Jy toyi-toyi en baklei met bitter en bloed;
jou geplunder maak die paradys kapoet…
In ‘n bloeiende land is jou dade barbaars
en ‘n gesonde verstand is by jou skaars…

Jy verdruk ons vryheid; wil net hied en gebied,
soos ‘n parasiet soek jy alles verniet!
Met jou selfsugtigheid word ons son gestroop
en hyg ons in die duisternis sonder hoop…

Die gekneusde land se veld lyk leeg en dor;
uiter in dorsheid swaarkry en seer skor…
Die lug is so grys en groenigheid verkleur
en die mooi in more gewaar ons nie meer…

Afbreker, kermkous…niks sal jou bevry,
want met jou boosheid sal jy in boeie bly…
Verwoesting saai jy en jou skrillende koor
en op die einde bly daar tog niks meer oor…

GEDIG DEUR BERNARD FIELIES

zoom zoom ·

Dit is perfek saam gevat met dit eat nou in ons land gebeur. Fielies verdien n pendoring vir die gedig

Annelize Niemand ·

Dit is rerig ‘n puik gedig Fielies. Skryf talent het jy beslis

Gerd Lourens ·

Baie sterkte aan die oom en Tannie.

Weereens lafhartige gespuis wat weerlose mense aanval.

Gideon ·

Ek wonder wat sê die klomp briefskrywers nou wat verlede week gesê het, ou mense se kinders is verantwoordelik dat hulle ouers op plase vermoor word!! Die kinders moet sorg dat ouers nie alleen bly op plase nie!!! So dorpshuise is ook gevaarlik!!

vytjie ·

mens kan nie ‘n ou mens dwing om te trek nie. As jy hulle ontwortel gaan hulle vinnig agteruit. Daar vir hulle niks oor nie.

vytjie ·

Dit vir my hartseer dat die jong man wat tans hulpvaardig en die tannie help, ook gaan wees waar die ouer man tans is. Hy help nou maar vir hoe lank voor die gebeure sy verstand verswelg. Net God kan ons red. Niks wat mens menslik doen of sê gaan die gebeure stop nie. Ons land is tans ‘n oorloggeteisterde gebied (maar die terreurskeppers en doeners is tans binne die wet).. As mens van buite kyk is als eintlik belaglik, wat vir my sê hierdie dinge moet gebeur.. Dit deel van ‘n groter plan en dieper dinge, wat net God die antwoord het. As ek moet sê gee Hy ons elk ‘n kans om self te vernuwe en ons land op ons knieë te red.

John ·

Ons moet ophou om enigeen in ons erf of huis toe te laat. Huisbediendes moet nie vertrou word nie. Mense word vermoor deur werkers wat 30 jaar by hulle gewerk het. Selfs afleweringsdienste is onbetroubaar en verskaf inligting aan skelms. Trek jou gordyne dig as tuindienste opdaag. Ouer mense moet hul kinders vra om items in ontvangs te neem of laat dit op die stoep aflaai. Inligting oor jou huisinhoud is joune. Mens wys nie vir almal wat jy het nie en vertel nie vir almal wat jy dink nie. Hou op om ‘nice’ te wees met almal!

anton ·

John jy praat 100% waar. Wens mense wil dit ter harte neem!

Aster, as jy regtig moet weet hoeveel moordenaars en kriminele nog op vrye voet is en wat daar nie eers n poging aangewend word om hulle te vang nie, sal jy sekerlik nooit n oog toemaak en sal jy in erge depressie verval.
Die son het lankal vir S.A onder gegaan!!!

Aster ·

Dis verskriklik! Die ergste is dat die vloeke al ander mense doodgemaak het en nog op vrye voet is. Die Here sien al hierdie dinge raak. Ek bid net dat hier ‘n einde sal kom. Oom en tannie, ek is bly julle lewens is gespaar!

Liewe heksie ·

Ek kan en mag nie sê wat ek nou wil sê nie maar julle gaan julle dag kry my hart is stukken en dankie VADER hul lewe

Piet ·

Sterkte vir die twee ou mensies laat ons almal op ons kniee gaan en vir God vra om ons te beskerm in hierdie wettelose land want net Hy en Hy alleen kan ons behoed en bewaar

jeannine ·

baie sterkte aan die oom en tannie .
nou is hier eindelik gepraat hier bij ons in Europa dat die gemors moet op hou daar in Sa en Zuma moet verdwyn hy is die hele land na die maan aan help en weerlose mense aanval sies tog

Sarie ·

Ek wonder wàt is die verband tussen die jongman & die skurk? Ons kàn by God pleit dat sý gewete hom sal dryf & dat hý polisie toe sal gaan… Hý het duidelik nog ‘n gewete. Het moontlik ‘n gelowige moeder of ouma wat vir hom bid & wie die “saadjie” van geloof in sý lewe gesaai het. Hy is noù tussen die onkruid & die saadjie is besig om te vrek. Kom ons bid dat God diè saadjie sal laat ontkiem & hièrdie jong man, sal red uit die kloue van die werkers van satan… Hoe mèèr mense saam bid, hoe kragtiger is die pleidooi… Ek laat dit nou in die hande van mede gelowiges…. AMEN

M'Lady ·

Hulle het oorleef maar die trauma (fisies en geestelik) het hulle so geknou dat hierdie gemors tien teen een hulle lewens ook nou verkort het.

Alida ·

Glo my die arme ou mense is so getraumatiseer ek glo nie hulle wil meer leef nie. Sterkte oom en tannie.

sdl ·

Is dit nie tyd dat ons slagoffers en mense wat onder al die misdaad ly die minister van polisie dagvaar vir vergoeding? As jy n slagoffer is van n huisbraak en diefstal en die verdagte was tydens die inbraak op borg of parool , moet die minister jou nie vergoed vir die feit dat hulle verantwoordelik is vir jou verlies, ongerief en trauma bv.? Ek is nou nie n wets kenner nie maar wonder altyd daaroor. Ek verwys na die saak van ”Alix Jean Carmichele Versus the Minister of Safety and Security” . Is daar nie iets wat mens as slagoffers kan doen nie, ons het mos ook regte?

Jan ·

Mense dink dis vreemd dat ek my vuurwapen by my in die huis dra, maar sulke tipe aanvalle is die rede hoekom dit wys is. As hulle eers in die huis is, is daar nie kans om dit uit die kluis te kry nie. Ek hoop die oom en tannie sal spoedig herstel.

Adeline ·

Dis al wat hulle ken barbaarse wreedheid. Dis hartseer om te sien hoe hierdie weerlose mense verniel is.
Spoedige beterskap vir die tannie & oom

FRED ·

Ek is vandag so bly my ou moeder en vader is oorlede. As dit met hulle moes gebeur het – Vader, U is groot en regverdig. Ek sal my nooit kon beheer het nie skuldig of onskuldiges sou ek vermoor het met alles wat ek in die hande sou kry. Ek het nie woorde nie, en kan nie se wat ek wil se nie. My HERE, hou daardie twee ou mensie in U hande was. U IS GOD.

Maisa ·

Ek is so bang soos ‘n haas vir ‘n hond. Die brak het my net gister gebyt. Ek verdra liewers n boerboel se byt voor ek n ongenooide gas in my huis vind (dit het al gebeur). Waar gaan dit eindig?

tamboti ·

Fielies se gedig is waardig die volkslied, die kreet en die gebed: vertaal dit in al die amptelike en nie-amptelike tale en plak dit op elke venster en deur en muur en paal – meer as die ANC en EFF se plakkate vir die laaste verkiesing! Kom ons maak een grote wat van uit die buitensruim gesien kan word want dit is die volle waarheid van die NSA.
Miskien sal daar dan hulp kom – al is dit dan Sodom en Gomorra oordeel!
Jammer aan die slagoffers, ons hande is afgekap, ons gebede stop by die plafon.

manie ·

Mense wat 3 jarige kinders doodskop.ou mense wreed aanval,polisiemanne en boere vermoor behoort die doodstraf te kry.Zuma bedank dat ons n sterk leier kan kry wat alle hulpbronne beskikbaar sal stel vir die land en al sy mense en nie virhomself nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.