‘Hy het alles van ons weggeneem’

Lizel Visagie (38) en haar dogter, Ceriza.

“Party dae sit jy ʼn glimlag op jou gesig, maar eintlik jok jy net vir jouself want binne is jy stukkend. Daar is niks om oor te lag nie, dis net seer. En seer en seer en seer.”

Marie Hamman (66) is stukkend.

Hamman se dogter Lizel Visagie (38) is in Maart verlede jaar dood nadat sy haar dogter, Ceriza, uit die pad van ʼn vermoedelik dronk motoris in Middelburg in Mpumalanga gestamp het. Ceriza, wat volgende maand 17 jaar oud word, is beseer, maar het oorleef.

Lizel het egter kort na die voorval weens haar beserings gesterf.

“Sy het haar hele lewe voor haar gehad. Niks was vir haar te moeilik nie en sy het ʼn helpende hand vir almal gehad. Hoekom moet sulke mense gaan en ander gaan net aan met hulle lewe? Dis vir my onverstaanbaar.”

Hamman sê sy sukkel steeds om Lizel se dood te verwerk. Sy het Ceriza boonop in April verlede jaar vir die laaste keer gesien. Ceriza het ná haar ma se dood by haar pa in Nieu-Seeland gaan woon.

“Ek glo nie die hartseer en die pyn sal ooit verbygaan nie. Jy kan vir niemand vertel hoe dit voel nie.”

Khumbulani Malinga, die man wat Lizel en Ceriza raakgery het, moet in Februarie volgende jaar in die Middelburg-landdroshof verskyn. Dit volg nadat AfriForum se private vervolgingseenheid betrokke geraak het en die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) besluit het op die herinstel van vervolging teen Malinga.

Malinga het die Visagies glo raakgery nadat hy na bewering van die verkeerspolisie gevlug het.

Lizel Visagie (38).

Phyllis Vorster, ʼn aanklaer by AfriForum se private vervolgingseenheid, het gesê die organisasie het in September vanjaar die familie aan die NVG geskryf omdat die saak teen Malinga al so lank sloer.

Die NVG het, volgens hulle skrywe aan AfriForum, die saak teen Malinga teruggetrek omdat die bloedalkoholverslag uitstaande was.

“AfriForum verwelkom die NVG se besluit om Malinga wel te vervolg aangesien Lizel Visagie se naasbestaandes geregtigheid verdien. Sake soos hierdie beklemtoon die noodsaaklikheid van die druk wat die private vervolgingseenheid uitoefen sodat prima facie-sake wel vervolg word,” het Vorster gesê.

Hy word aangekla van strafbare manslag en dronkbestuur.

“Ons sal aanhou om die saak dop te hou en Lizel se naasbestaandes in hierdie verband by te staan.”

Hamman sê sy verwelkom die besluit om voort te gaan met vervolging, maar niks gaan Lizel terugbring nie.

“Reg en geregtigheid moet geskied. Hy het alles van ons weggeneem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Stefan ·

Ek haat hierdie dronkies.
Dink altyd hulle kan nog ry, weet van iemand wat baie trots vir my loop en spog ’15 biere doen my niks nie’ toe ek hom aanbied om hom huis toe te vat.

Jan Nel ·

Dagsê Maroela.

Ek versoek ‘n groot guns asb. Daar is twee dorpe in SA met die naam van Middelburg. Kan julle moontlik die provinsie ook vermeld? Dit is nogal belangrik vir veral die inwoners om te weet of sekere berigte dalk persoonlik toepassing vind. Dankie en groete.

Wonder net ·

Dit is Middelburg Mpumalanga. Ek bly self in Middelburg en dot was n groot skok die ongeluk daai daag.

Elmarie ·

Sooo jammer vir jou mevrou. Dis die ergste ding wat kan gebeur om kou kind te verloor. Ek hoop jy is nie heeltemal alleen oor die Feestyd want dit is erg. Sterkte en hoop die skukdige kry wat hom toekom.

Strandloper ·

Sterk wees! Geen ouer kan sy kind begrawe en normaal aan gaan nie. My hart bloeie vir almal. Ons Hemelse Vader sal op Sy tyd aanvaarding bring.

Annette ·

Hoe kon die NVG aanvanklik die saak terugtrek omdat die bloedalkoholverslag uitstaande was? Ek sou dink met of sonder alkohol is daar `n saak van strafbare manslag. Dankie Afriforum. Baie sterkte Marie. Mag God vertroosting skenk.

Nico ·

Elke graf spreek boekdele, maar die graf van ’n kind is die grootste hartseer waaroor so min mense kennis van dra. Dit is ’n rou waarvoor daar nie woorde of vertroosting is nie. Dit is ’n eensame pad sonder einde, ’n binnestilte van treur en verdriet. Net herinneringe binne jou soos die spookstem van ’n winterwind wat sonder ophou waai en droewe, hartseer woorde in jou oor fluister. Elke deuntjie in jou kop is ’n elegie van smart. Net ’n ouer verstaan daardie rou. Sterkte en gebede vir jou, Lizel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.