Hy moet self familielid se lyk uit hospitaal dra

Rob Ferreira-hospitaal. Foto: Google Street View

Rob Ferreira-hospitaal. Foto: Google Street View

‘n Man moes sy bejaarde familielid se lyk vier verdiepings teen trappe afdra in ‘n hospitaal in Mpumalanga aangesien die hysbak nie gewerk het nie, berig Beeld.

“Daar was niemand om sy lyk te verwyder nie en die hysbakke het nie gewerk nie. Selfs die matrone kon nie ‘n plan maak nie. Die begrafnisondernemer het onder vir ons gewag so ek het self sy liggaam ondertoe gedra,” het Glen Laubscher, ‘n familielid, aan Beeld gesê.

Joe Jacobson (86) is Saterdag in die Rob Ferreira-hospitaal in Nelspruit dood nadat hy ‘n beroerte gehad het.

Dumisane Malamule, woordvoerder van die departement van gesondheid, het aan Beeld gesê hulle sal die voorval ondersoek. – Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Trippie ·

Die Vader alleen weet, die verlies van ‘n geliefde is alreeds hartseer en mens verwag darem sowaar nie om self die oorlede persoon lykswa toe te dra nie, ALLERMINS uit ‘n hospitaal !!!

Waarom is daardie hysbakkie nie in ‘n werkende toestand nie ?

schalla ·

So gaan alles ten gronde, kan nie eers die bestaande infrastrukrure in stand hou nie. gebrek aan kennis en vaardighede

Hentie ·

Al wat jy nodig het in hulle geval is kennis om te steel en jy moet vaardig wees om te teel en om salaris te trek!!!

hennie ·

daai hysbak week vir die afgelope 6jaar nie wat ek moes ook u liggaam daar af dra

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.