Hy ry glo so vinnig om gholf te speel

Argieffoto

Argieffoto

Agt mense, insluitend ʼn man wat teen 183 km/h gery het, is Sondag op die R21 naby Kempton Park in Gauteng in hegtenis geneem vir spoedoortredings.

“ʼn 41-jarige man in ʼn Kia-sedanmotor het aangevoer hy is laat vir ʼn afspraak om gholf te speel by die Serengeti-gholfbaan,” het hoofsuperintendent Wilfred Kgasago, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie, gesê. “Die man het teen 183 km/h in ʼn 120 km/h-sone gery.”

Die ander motoriste het tussen 163 km/h en 174 km/h gery en onder andere aangevoer hulle het nie besef hulle ry so vinnig nie, hulle is laat vir kerk of laat vir ʼn vlug by OR Tambo Internasionale Lughawe.

Al agt bestuurders is aangekla van roekelose of nalatige bestuur en is vrygelaat op borgtog van tussen R500 en R1 000 elk.

Hulle sal na verwagting binnekort in die landdroshof in Kempton Park verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Peter Says ·

Hmmm, “The need for speed” kan n duur storie raak…As jy gevang word.

Elizabeth ·

Daar is mos die gesegde “Rather late than DEAD on time” en dis waar. Ongelukke gebeur so maklik en gou, so ry maar bietjie vroeër, wat, dan hoef mens nie te jaag nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.