‘Hy sal in die tronk vrot’

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Berugte moordenaar van die Oos-Kaap is ʼn swaar gevonnis opgelê nadat hy jare lank ʼn skrikbewind gevoer het.

Kapt. Mluleki Mbi, woordvoerder van die polisie, het gesê Odwa Mkhosana van die Mdantsane-nedersetting buite King William’s Town is Vrydag in die hooggeregshof in Bisho tot vier keer lewenslange tronkstraf, asook ʼn bykomende 77 jaar tronkstraf, gevonnis.

Mkhosana is skuldig bevind op drie aanklagte van moord, een van verkragting, vyf van roof met verswarende omstandighede en een aanklag van diefstal. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word. Mkhosana het die misdade tussen 2010, toe hy net 18 jaar oud was en 2013 gepleeg.

“In sommige van die grusame moorde is sy vroulike slagoffers kaal gevind met hul kele afgesny,” het Mbi gesê. “Vinnige reaksie van die polisie het gesorg dat bewyse bymekaar gemaak is wat deurslaggewend was in [Mkhosana se] skuldigbevinding. Mdantsane se berugte misdadiger sal nou in die tronk vrot.”

Brig. Stanley Bennet, waarnemende polisiehoof in die Mdantsane-gebied, het die ondersoekspan geloof vir hul onvermoeide pogings om Mkhosana aan die pen te laat ry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Barebd Pretoris ·

3x Lewenslank en 77 jaar en Ek kan julle ‘n wedenskap vat dat hy op straat tussen ons sal wees voor hy 50 jaar oud is.

Anne ·

Die problem so is hy het gratis behuising en etes, en dit nadat hy ‘n ander ontneem het van hulle mense re, hulle reg om te lewe, hy gaan nou leke doedoe elke aand en heerlik eet en ons die betasting betaler onderhou hom!

Eish! ·

Gratis medies en DSTV wat ek nie eens kan bekostig nie. Lewenslank moet gehang word.

Debs ·

hang af van die moord … hoekom vat dit so lank om ons boere-moordenaars op te spoor en SO te straf …… ek sonder wel sekere gevalle uit hier waar misdadigers vining vasgetrek word.

Hennie ·

Jammer maar hierdie kaliber vrot nie in die tronk nie, hulle voel tuis daar en floreer daar. Dis tyd dat ‘n strafkamp opgerig word dat hulle begin werk vir hulle verblyf, waar belasting betalers hulle nou onderhou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.