‘Hy was nuuskierig,’ sê ma ná vermiste tiener terugkeer

Martin “Leo” Stander van Brakpan word sedert Dinsdagoggend vermis. (Foto: Verskaf)

“Hy sê hy was nuuskierig oor die wêreld daarbuite en wou self sien of dit so erg is.”

Só vertel ʼn verligte Charlene Stander na haar tienerseun, Martin Stander (16), Sondagoggend teruggekeer het huis toe. Dié tienerseun van Brakpan, Gauteng, het Dinsdagoggend van die huis weggeloop en was sedertdien gesoek.

Maroela Media het vroeër berig Stander se ouers het hom Maandag oor sy swak rapport aangespreek en sy selfoon afgevat. Hy het ʼn paar uur later by sy kamervenster uitgesluip en oor die muur gespring.

Volgens sy ma, Charlene Stander, het Martin Sondag vroegoggend teruggekeer huis toe en hy is ongedeerd.

“Ons is so dankbaar hy is veilig.”

Volgens Stander was Martin nie té ver van die huis af nie.

“Al wat ons weet, is dat hy van Dinsdag tot Vrydag in Brakpan rondgegaan het. Hy het Vrydag met ʼn Uber na die Brakpan-winkelsentrum gereis om ʼn selfoon te koop. Hy het dieselfde dag na Boksburg gereis en is die aand beroof.”

Volgens Stander sê Martin hy het weggeloop om die buitewêreld te verken waaroor sy ouers hom nog altyd gewaarsku het.

“Ons het op die gevare in die wêreld daarbuite gehamer. Dit is vir ons belangrik dat hy verstaan dat dit nie net reënboë en groen weivelde daarbuite is nie, maar dat dit moeilik en onveilig is.

“Ouers moet ook begin oplet waarna kinders op die internet kyk, watter speletjies hulle aanlyn speel en na watter musiek hulle luister. Dit het ʼn groot invloed op hul denkwyses.

“Ons as ouers raak selfvoldaan en glo dat die onskuldige en veilige manier waarop ons hulle grootmaak, hulle veilig sal hou; ek is ’n bewys dat dit nie waar is nie. My seun het ʼn gelukkige en bevoorregte lewe. Hy gaan saam met ons kerk toe en steeds het hy besluit om weg te loop.”

Stander het almal wat gehelp het om na Martin te soek, bedank.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Chris dupreez ·

Dankbaar hy is veilig terug, maar hy moet nog steeds n gestraf word vir wat hy gedoen het.

annie ·

Enige rede sou teen dié tyd gewerk het… Hierdie een is na oordenke dalk die beste een gegewe dat die tiener eendag ‘n groot ontdekkingsreisiger sal wil word (sou sy verduidelik skipbreuk lei) in ‘n wilde wêreld waar home sweet home hopelik altyd daar sal wees.

Frank John ·

Laat dit nou vir hom ‘n les wees. Dankie tog hy het niks oorgekom nie. Hy het lig daarvan afgekom. Dit sal hom waardeuring gee vir sy ouers en alles wat hulle vir hom doen en beteken. Die Here Jesus het hom sekerlik bewaar en beskerm.

BOKKIEBEK ·

Dankie JESUS hy is veilig, en dat U hom bewaar het. Laat U volmaakte wil in sy lewe geskied..Amen

AW ·

Ek moes aan daardie verskoning gedink het, toe ekke die selfde gedoen het…..

Barney ·

Alle jongmense maak foute en doen goed waaroor hulle later spyt is. Die belangrikste is om daaruit te leer.

Misky ·

Hopenlik is daai nuuskierigheid nou gestil…… So dankbaar hy is veilig terug by die huis, want die storie kon baie anders geeindig het.

Gawie ·

As ek so iets probeer het as kind, sou ek ‘n ordentlike pak slae gekry het toe ek by die huis kom. Is dit nou hoe dit werk – jy word berispe en gestraf oor swak skoolprestasie, dan loop jy weg en plaas jou ouers in ‘n baie spanningsvolle situasie?
Nee wat boetie – ek is bly jy’s veilig, maar jou verskoning dra nie juis veel water nie. Nuuskierig? Nee, net stout.

Cecilia ·

Bly hy is veilig trug.
Maar het hy nog nooit vd gesegde gehoor:
Van nuuskierigheid is d kerke leeg en d tronke vol?

Ek hoop julle straf hom nou behoorlik. Gern selffoon geen tv geen games. Weld sy kamer venster toe en hy moet net skool toe en kerk toe. Dis al. Sit hom in “lockdown”!

Dan sal hy besef vryheid is n voorreg!

Sêmanet ·

Ek is ook net dankbaar dat hy ok is. Ten minste was die ouers eerlik en gesê hy het weggeloop. Nie soos die ander ouers wat agterna “privaatheid” soek. Hulle vra die publiek se hulp, maar sodra die kind weer verskyn, dan wil hulle nie deel oor waar die kind was nie. Ek is seker hy het ‘n goeie les geleer.

Erika ·

Seun daar is rede hoekom jou Ouers jou vertel van wereld daarbuite en gevare -hulle gee juis om vir jou en is lief vir jou…..Jy kon jou lewe verloor het . weens domastrantheid

Asgat ·

Hoeveel geld het hy gehad … en waar het hy dit gekry? n’ selfoon koop en op en af Uber moes n’ paar rand gewees het.

Marlene ·

Dankbaar saam met sy ouers, maar . . . ek hoop hy word ‘aangepraat’

Manie ·

Miskien moet hy getugtig word in liefde. Vyfvoudige bediening. Jy doen dit net nie aan jou ouers nie. Dink net hoe bekommerd was sy ouers en die gemeenskap oor sy welstand.

Philip ·

In my jongdae het ek en sommige van my maters afsonderlik ook sulke manuewers geprobeer met warm nagevolge omdat ons in n koshuis was.Die skool het dit beskou as gedros en ons het ook lekker n mengsel tussen die Riel / Dirty dancing gedoen en boonop nog gehok met ons terugkoms.

Thelsa ·

Met R100 by die huis weg wat hy uit sy Pa se beursie geneem het, 4 dae op straat in verskillende dorpe, Uber bestel, wou selfoon koop?? My R100 neem my nie so vêr nie.

JohanCzu ·

Wegloop is ‘n simptoom van dieperliggende probleme. Ek weet, want ek het self ‘n paar keer weggeloop. As die regte oorsaak gesoek is kan hy dalk gehelp word.

VanAfrika ·

Oh e e, wet op kindermishandeling of te nie, sy gaai sou brand

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.