Hy wou glo weer moor

Martin en Anne-Marie Stevens. Foto: Facebook

Martin en Anne-Marie Stevens. Foto: Facebook

Martin Stevens (47), wat daarvan beskuldig word dat hy sy vervreemde vrou probeer vermoor het, sal na verwagting Vrydag in die Port Elizabeth-landdroshof om borgtog aansoek doen.

Stevens, van Algoapark, staan tereg op ʼn aanklag van poging tot moord nadat hy glo in Oktober verlede jaar sy vervreemde vrou, Anna-Marie, verskeie kere met ʼn mes gesteek het buite haar vriend se woonstel in Sydenham. Stevens het homself destyds, kort na die voorval, aan die polisie oorgegee.

Hy het Donderdag vlugtig in die hof verskyn. Alwyn Griebenow, sy regsverteenwoordiger, het aangedui sy kliënt het ʼn bed in die Fort England psigiatriese hospitaal gekry vir 8 Junie. Die saak is tot Vrydag uitgestel vir ʼn amptelike borgtogaansoek.

Volgens verslae het Stevens 15 jaar gelede sy eksvrou, Hettie en haar vriend, Colin Rosslee, vermoor, voordat hy homself probeer doodskiet het. Stevens is vrygespreek op die dubbelmoord-aanklag nadat die hof bevind het hy het ʼn psigotiese aanval gehad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Gesiggie ·

Geen Borgtog vir die man”’ hy verdien nie vryheid? hy is n gevaar vir die samelewing…. nou nog wag vir n bed tot 8 Junie”’ nee regtig”’ Anna-Marie se lewe is ook op die spel? wie weet wat hy volgende sal doen…. Sluit hom toe… tot 8 Junie..wanneer sy bed reg sal wees’in hospitaal…”gee hom solank n bed in die tronk.goed genoeg vir hom??

Estelle ·

Die persoon wat hom destyds vrygespreek het op 2 aanklagte van moord moet verantwoordelikheid hiervoor aanvaar. Gaan laai hom daar af.

Sam ·

Estelle ek wil so graag saam met jou stem maar dis ons land se wette wat dit moontlik gemaak het vir ‘n vryspraak. Dis ons wette wat toelaat dat moordenaars mense regte het. Jammer maar in my opinie is ‘n moordenaar nie ‘n mens nie en verdien geen regte of voordele nie. Blameer ons wette en ons paddastoel president wat dit toelaat.

Koos ·

Hulle moet hom so diep in die tronk toesluit dat sy kos met ‘n kettie ingeskiet moet word!

Dee ·

Waarom gaan ‘n vrou in ‘n verhouding met ‘n man wat ‘n rekord soos syne het? En hoe redeneer ‘n regsverteenwoordiger wat hom probeer verdedig?

Gesiggie ·

Ai Koos… ek het nou so lekker gelag vir jou antwoord… ? beter kon niemand dit gestel het nie.. Oh la la… jippie ”’ ek sal hierdie een onthou”’ Well Done”’

Peet J ·

Vrygespreek op ‘n dubbelmoord aanklag in 2001 moes die hof hom nie na ‘n sielsieke-inrigting vir behandeling verwys het nie? Hy kon mos enige oomblik weer ‘n psigotiese aanval gekry het wat ‘n gevaar vir die samelewing inhou maar blykbaar kry hy net aanvalle wanneer dit hom pas.

Theresa B ·

Ek hoop nie hy kry borg nie. Maar goeie grond – die laaste paragraaf verstom my! Wat de …….

Jo ·

Koos, jy is kostelik!
Ja, hy verdien tronkstraf met die sel se sleutel weggegooi.

Annie ·

Koos jy het dit goed gestel, as Zuma kon lees sal dit seker sy volgende verskoning wees vir al die nonsens wat hy aanjaag.

elna ·

Ek stem Estelle… gaan laai hom af by die man wat hom vrygespreek het. Want hy net so skuldig.

MM ·

Nee kom ons begin sommer by Anna – Marie. Sy was destyds die een wat gesmeek het om hom nie tron toe te stuur nie. Sy het vra dat sy toesig oor hom kry en later met hom getroud. Jy weet hy is ‘n moordenaar, maar jy trou met hom. dankie toglmal is nie so desperaat nie.
Nou sien sy wie hy regtig is. Wonder waste aanval het hy nou weer gehad. Dit se hy het opgehou met sy behandeling gedink hy kan sonder die behandeling klaar kom.

Annamarie stevens ·

MM ek weet nie wie en wat jy is nie mar laat ek jou iets se. Desperaat was ek nog noit .Wa kom jy daaraan om te se dat ek gesmeek het om hom uit die tronk te hou kry jou feite agtermekaar. Ek soek geen simpatie van enige iemand nie ek is sterk genoeg.. Ek is verlam sit in n rolstoel geen gevoel in my hande ek moet alles soos n baba leer doen. Toe ek Martin ontmoet ht hy my vlugtig vertel wt in sy lewe gebeur ht. Hy sou vir verdere hulp gan. Ek was bja lief vir hom en so ook gedink DAT hy sou regkom maar vergeefs ht dit gebeur.Nimand ht saam aan huis gebly ni mar tog was daar mense wt sy arogante Kant gesien Met die tyd saam ht hy my liefde vir hom doodgemaak met wt hy aan my gedoen ht. Toe ek aandring op n egskeiding rand hy my aan. Ekt di huis verlaat di 19de Julie toe hy werk toe gaan. Vir 3mnde ht ek by n vriendin gebly. Martin het vir vele mense gese DAT DT lelik gaan eindig. Die aand van di aanval was ons opad uit en hyt my ingewag . hyt my vir dood agtergelaat. Terwyl ek in my booed gele ht ht by my vriendin gebel en gevra of sy vrou oky is. So ek stel voor lees jou koerant mar los di kritiek as j ni di storie ken ni

Danny ·

Ek ken die man van 1983 af, toe is hy al ‘n wrede mense en ‘n vroue slaaner. Hy moet lewens lank tronkstraf kry, want as hy uit kom op borg hy gaan die selfde weer doen

Amanda Van Vuuren ·

9 April
Hy moes direk na Fort England toe vertrek het, na die dubbelmoord! ‘N ‘Enkel’ kamer’ kry en sou hul vergeet om hom te voer? Hmmm .. Meds hou so’n toestand ‘net’ onderbeheer. Die man voorspel ‘MOORD’ by n vlg keer.. So mens moet dopgehou word, dat hy wel elke pil afsluk..daai ouens is so skelm en slim, Simptome begin wys die man is nie lekker opkoers as hy kul met sy pille nie? Sy moes wel gewaarsku gewees het. Sy het n superdom besluit gemaak. Ek is net bly dat sy leef.. Prokureurs kry sake kies nie wat hulle kant toe kom sover ek weet nie en doen hul beste werk, reg of verkeerd. Ek is nie bewus daarvan dat hulle net studeer om sake te behartig wat gewaarborg is om te wen nie? Wen hulle n saak wat nie die beste uitkoms het nie, bid hulle hopelik vir die gevolge daarvan. Die landdros is gebind deur die reels vd gereg en as n ‘psigiater besluit die man sal dit maak op sy meds id gewone lewe is daar nie veel wat die landdros daaraan kan doen nie. Stuur die ‘moordenaar’ terug na die psigiater laat hom dan saam in een huis bly vir al hulle dae??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.