‘Hy wou iemand sien doodgaan’

Argieffoto

Argieffoto

Jean Pierre Haggard (25) en Riaan Marais (27) is gevonnis vir die moord op Pradeeb Mahabeer.

Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), het gesê Haggard en Marais is Donderdag in die hooggeregshof in Ramsgate, KwaZulu-Natal, tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Die twee het aanvanklik onskuldig gepleit in verband met die moord op Mahabeer in Julie verlede jaar in Marburg buite Port Shepstone. “Hulle het egter nadat hulle skuldig bevind is, gesê hulle wil hul weergawe van die gebeure weergee. Volgens hul weergawe het Haggard aan Marais gesê hy wil graag sien hoe iemand doodgaan,” het Ramkisson-Kara gesê.

“Marais het voorgestel dat dit Mahabeer moet wees aangesien hy ʼn vendetta teen hom gevoer het. Hulle is na sy huis en het hom vermoor.” Marais en Haggard het aan die hof gesê hulle maak die inligting bekend aangesien hulle wil hê Mahabeer se gesin moet “afsluiting kry”.

Maroela Media het vroeër berig Haggard en Marais het ná die moord talle items uit Mahabeer se huis gesteel, waaronder ʼn selfoon, ʼn videokamera, kringtelevisiekameras en ʼn televisiestel. Hulle het in Mahabeer se motor gevlug en sy liggaam in die Umkomaas-omgewing afgelaai, sowat 80 km van Marburg.

Haggard en Marais is albei tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die aanklag van moord en 10 jaar tronkstraf elk vir roof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Veritas ·

Hoog tyd dat die regte vonnis vir moord gegee word. Nou vir al die ander moordenaars.

Liewe lulu ·

Siek verby. Hou hulle uit die samelewing. Gooi daardie sleutel diep diep in die see

Ronnie ·

Die tweede paragraaf lees effens deurmekaar wat betref die name.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.