Hy’s veilig terug! Ma vertel van seun se ontvoeringnagmerrie

Marchel Blandin De Chalain (12)

Marchel Blandin De Chalain (12)

“Ek is só verlig en bly my kind is veilig terug by die huis, ek het sedert Sondag nie geslaap nie”. Dít was die woorde van Adri Blandin De Chalain wie se seun Marcel (12) Woensdagoggend om 05:00 aan haar terugbesorg is.

“My seun is ‘oukei’, maar baie deurmekaar en praat nie baie nie,” het Adri aan Maroela Media gesê. Sy het gesê sy kon sedert Sondag, toe Marcel saam met sy vermeende ontvoerder, Johannes (Johan) Renier de Beer (23), verdwyn het, nog nie weer slaap nie. “Ek het die heeltyd met koffie voor die televisie gesit en die nuus dopgehou.”

Adri sê sy het dadelik vir Marcel kos gegee, aangesien De Beer glo slegs een keer sedert Sondag vir hom kos gegee het, omdat hy glo nie geld by hom gehad het vir kos en klere nie. “My kind het Maandag in Bethlehem laas iets geëet nadat ʼn bejaarde vrou haar oor Marcel ontferm het. Johan het geld en kos by haar gebedel. Marcel het gesê hy was by tye só honger dat hy maar geslaap het om van die honger te vergeet.”

Sy sê Marcel en De Beer het goed oor die weg gekom toe hulle hom Donderdag as hawelose ingeneem het. “Hy was baie beleefd en het goed versorg voorgekom. Hy en Marcel het ook goed oor die weg gekom en Johan het selfs aangebied om Marcel te vat om te gaan visvang,” het sy gesê. “Ons het nooit verwag dat hy so iets sou doen nie. Ek het hom veral jammer gekry want hy het gesê dat hy ʼn tweejarige dogtertjie het wat by sy vrou is, en dat hy sy vrou verlaat het omdat sy hom verkul het. Nou hoor ons selfs dít was ʼn liegstorie.”

Johannes de Beer is steeds soek.

Johannes de Beer is steeds soek.

Maroela Media het Maandag berig die Blandin De Chalain-gesin bedryf ʼn skrootwerf vanuit hul huis in Newcastle en het Sondag die erf skoongemaak. De Beer het aangebied om die gemors weg te ry en Marcel het glo uit eie wil saamgery om te help.  Adri het onraad vermoed toe die twee ná twee ure nog nie weer teruggekeer het nie en die voorval by die polisie aangemeld.

De Beer het ʼn bakkie, wat aan ʼn familielid van die gesin behoort, gebruik om die vullis mee weg te ry. Die bakkie is Dinsdagoggend by die Mimosa-winkelsentrum in Bloemfontein opgemerk. De Beer het vermoedelik van daar na sy pa, Hans, se huis in Roodepoort gery. “Sy pa het vir Johan gewys dat hy in die moeilikheid is en dat die polisie na hom soek. Hy het paniekerig geword en my kind en die bakkie net daar gelos en weggehardloop,” het Adri bygevoeg.

Adri sê die bakkie is nog in Gauteng en hulle sal self moet reël om die voertuig weer in Newcastle te kry.

De Beer is steeds soek en die polisie se ontvoeringondersoek duur voort.

Lees ook:
Vermiste 12-jarige: Ontvoering óók ondersoek; verdagte glo in Bloem
Man, kind word vermis ná hul glo ashoop toe ry

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

AmY ·

Dankie Vader die kind is veilg terug.

Maar sluit asb die ontvoerder toe. Hy sal dit beslis weer doen.

pop ·

Nou weet jy seker van beter Mev Blandin< mens vat nie iemand van die straat af in jou huis in nie. Daar is n rede hoekom hy op straat sit!!!!!!!

Driesman ·

Ek stem 100 % saam Pop,……………dit gaan my verstand te bowe hoe mense nog in hierdie siek tyd waarin ons lewe, so iets kan doen
Sy kan maar net op haar knieë gaan en vir die goeie Vader dankie sê dat hy ongedeerd is !!!!!

A Blignaut ·

Mevr ek dink jy en jou man moet elkeen n paar warm klappe kry!So onnossel het ek lank laas gesien!

Theresa ·

Ek wil net vir jou sê jy kan die Liewe Vader dank dat jy jou kind terug het en dat hy net honger is. Jy weet nie hoe gelukkig jy is nie. Ek hoop net jy het jou les geleer. Jy vertrou NIEMAND vandag nie, my magtig man – in watter tydgleuf lewe jy.

Jackie Reyneke ·

As n mens “stupid” is dan is dit nou maar so, daar is ook nie pille daarvoor nie. As daar was kon ons n reeks pille vir die ouers van hierdie kind gestuur het. Dit wil vir my voorkom asof die ligte aan is maar daar is niemand tuis nie, “lekker onnosel”
Ons kan maar net hoop hulle het iets geleer uit hierdie hele gemors.

amanda ·

Aggenee regtig hoe kan mens so onnosel wees! Hoe het jy as ‘n volwassene dit kon toelaat dat jou kind saam ‘n wild vreemde man nogal met julle bakkie ook ry???? Slaap julle of kyk julle nie nuus nie???? ‘N mens kan dit nooit doen nie!!! Ek hoop julle het nou wakker geskrik!!! Julle moet elke dag op julle kniee gaan en God dank dat julle kind leef en veilig terug is, ek ril as ek dink wat hy als met julle kind kon gedoen het! Dankie Here dat U hom bewaar het!

Marietjie ·

Het die Pa van die ontvoerder dan nie gesê die reg moet sy loop neem nie – hoekom die ontvoerder waarsku?? Was dit my kind het ek die Polisie gebel om hom te kom toesluit. Mevrou jy kan dankbaar wees jou kind was net honger toe hy by die huis kom. Hy kon bedwelm en misbruik gewees het of erger nog – DOOD. Kry vir hom berading en ‘n sielkundige vir jouself ook. Hierdie is Suid-Afrika, raak wakker vir wat om jou aangaan en hou jou kind veilig!!

chanel ·

Het nie EEN van julle al ooit iets onnosels gedoen nie? Hene man! Ja dit was dalk onverantwoordelik, maar dit se nie hulle was onnosel nie! Dit wys my eerder watse goeie hart die mense het. Dat hulle ten spyte van die lewe waarin ons leef nogsteeds hoop en glo in hul medemens. Die ontvoerder is die een wat onnosel is. hy is die een wat dalk ‘n kans vir ‘n nuwe lewe laat verbygaan het. Indien enige van julle ooit ‘n fout gemaak het en almal gooi dit voor julle, hoe sou julle dit reg gekry het om ‘n nuwe lewe of begin te maak indien daar nie mense was wat omgee, en nog liefde toon vir hul naaste nie. Julle is almal skeinheilig. Bring die klippe dat ons mekaar kan stenig want nie EEN van ons het nog nooit ‘n stupid besluit, keuse gemaak nie!

susan ·

Dankie Vader die kind is veilig maar vir (daardie) ma wil ek se ek dink jy moet n dr gaan sien hoe stupid kan jy wees jy kan bly wees ek het nie die kind gekry en moes hom aan jou besorg nie want ek verseker jou jy sou nie meer hare op jou kop gehad het soos ek jou kop sou was nie die Vader het vir jou verstand gegee gebruik dit asseblief in die toekoms.

Babs ·

Chanel, Goed om iemand in nood te help maar jy laat nie so jong kind saam met ‘n vreemdeling ry nie. Is julle dan heeltemal onbewus van wat in Suid Afrika aangaan. Gaan jy meer vir ‘n vreemdeling omgee as vir jou kind? Kom by asseblief – Die man lyk jonk en sterk genoeg om eerlike werk te kan verrig.

Chanel ·

Hi Babs – Ek sou nie my kind laat saam ry het nie. Maar die feit dat die arme ouers uitgekryt word omdat hulle ‘n hawelose wou help is vir my onaanvaarbaar. Ja die keuse om hul kind saam met “‘n eintlike” wild vreemde te laat ry was onverantwoordelik, maar dit maak hulle nie stupid nie.
Is elkeen van ons wat al verkeerde keuses en besluite gemaak het dan stupid? Ek twyfel.

elizette ·

Sjame mense.sy het nou genoeg swaar gekry.sy kan die HERE dank

elizette van rhyn ·

Ag mense sy het swaar genoeg gekry.sy kan net die Here dank

Matitia ·

In vandag se tyd kan mens nie meer enige vreemdeling vertrou nie, al staan hulle ook langs straat. Tye het ongelukkig so verander asook die mensdom. Ek kan nie verstaan dat ouers so onverantwoordelik kan optree nie. Hulle kan net baie dankbaar wees dat hul kind ongedeerd daarvan afgekom het. Hoop hulle het nou groot geskrik. In vandag se tyd moet mens wakker word, jy lewe nie meer in die verlede nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.