Hyundai trek omstrede rasadvertensie terug

(Argieffoto)

Die motorvervaardiger Hyundai het sy advertensie vir ’n indiensnemingsprogram wat slegs vir swart werklose jongmense beskikbaar was, teruggetrek.

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het dié nuus Sondag bekend gemaak.

Dít volg nadat Solidariteit vroeër vandeesweek ’n brief van aanmaning op Hyundai beteken het.

Maroela Media het vroeër berig Solidariteit het Hyundai en die Yes4Youth-program tot Vrydag kans gegee om te reageer op ’n aanmaning in verband met dié organisasies se indiensnemingsprogram waarvoor wit werklose jongmense nie in aanmerking kom nie.

Hermann sê nou Hyundai se regspan het oor die naweek ’n skrywe aan Solidariteit se regspan gerig waarin die motorvervaardiger aandui dat die advertensie amptelik teruggetrek sal word. Die motorvervaardiger vra ook glo om verskoning in die brief.

“Hyundai het die regte ding gedoen. Mag dit ʼn les vir ander werkgewers wees,” sê Hermann.

Solidariteit sal nou sy fokus op die regering se Yes4Youth-program rig.

Solidariteit het al in die verlede Yes4Youth daarop gewys dat dit absurd is om hulp aan werkloses volgens ras te verleen. Yes4Youth het daarna skriftelike beloftes aan Solidariteit se regspan gemaak dat die program vir alle jongmense oopgestel sou word.

Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), het vroeër vandeesweek gesê daar het egter dadels van gekom en Solidariteit het besluit om die hof te nader.

“Hierdie geval is net die jongste verwikkeling in die regering se pogings om hulp vir mense in nood volgens ras uit te deel. Toe die Covid-19-pandemie op sy piek was, moes Solidariteit die regering hof toe neem oor die toerismefonds wat slegs vir swart mense bedoel was. Yes4Youth dwing ons nou weer om te moet opstaan vir die grondbeginsel dat hulp aan behoeftige hande verleen moet word en nie aan swart of wit hande nie.

“Om behoeftige mense wat vir hulp toustaan weens hul velkleur uit die tou te verjaag, is gewoon boos,” het Mulder gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Pieter ·

So die advetensie is terug getrek. maar hoekom dit nie weer plaas sodat almal kan aansoek doen nie?
Ek glo nie hulle het hulle beleid verander nie.

Corne123 ·

Te laat ons almal weet nou julle is n klomp rasiste mag julle vou en deure toemaak

Sean ·

Hyundai kan gaan doppies blaas Ek koop nooit weer n kar van hulle af nie

DieKriek ·

Nou gaan Hyundai net voort met swart jeug aanstel, sónder die advertensie.

Ben ·

Wittes moet eenvoudig net nie Hyundai koop nie. Ek sal dit definitief nie doen nie.

skinderbek ·

Dit beteken nie dat blankes gedurende werksaansoeke n kans sal staan om n werk te kry nie. Hulle kan wel aansoek doen en dan nooit weer van Hyundai terugvoering kry nie.

lollapot ·

Dankie Solidariteit! Ek wonder net, WATTER blanke seun gaan werk, waar jy voor jou siel weet jy nie welkom is agv jou velkleur nie?

Misky ·

Gaan geen verskil maak nie en sal net eenvoudig nie blankes aanstel nie. Wys ons verkeerd, ek daag julle uit!!!!

Prontuit ·

ag dis mos nou ‘n klomp bull – ontrek die advertensie maar as aansoeke inkom file 13 hulle in elk geval die wat jy in eerste plek nie voor geadverteer het nie so wat word nou eintlik hier gewen

Ruby ·

Ok so die ADVERTENSIE is onttrek, maar wie gaan ogie hou oor die WERKLIKE indiensneming?

MAGRIETHA ·

Hul sal nog steeds hul eie ding doen agter die skerms – ek vermy Hyundai motorhavens te alle tye

Cobus ·

Slegs op papier, maar in die praktyk sal dit seker nog van krag bly. Eyeblind … soos alles!!

Jacques ·

Ten spyte van die “terugtrek van die advertensie” en die “verskoning” het die advertensie sy doel gedien.
Alle aansoekers weet nou wat die maatskappy-beleid is en die regering sal ook nou in vervolg sy kop in goedkeuring knik indien Hyundai ooit eendag spesiale vergunning sou benodig.

Moenie verwag dat hierdie toestand ooit sal verander nie, want dit is regeringsbeleid en enige maatskappy wat ‘n toekoms hier sien, en wil geld maak, sal moet dans op die maat van die regering se deuntjie.

Ny ·

Ek het daai aansoek self gesien en ek kon nie glo wat ek lees nie….

Papsak ·

Wel ek gaan ontslae raak van my hyuindai ook as hulle swartes werk kan gee maar wit verstood onregverdig pateties

Blikkies ·

Hulle gaan niks verander nie, Solidariteit moet so bietjie wyer kyk na ander vervaardigers ook, al verskil is hulle adverteer dit nie?

Tokkel ·

Hyhundai verstaan seker die politiek reg in die kamstige reenboognasie, ….net swart! Geen ander mense in supermarkte as die politieke reenboognasie nie!

Jacques ·

Ek sien die mense is ontsteld oor die Hyundai advertensie, maar Cyril het ook die nuwe Ford aanleg naby Mamelodi georganiseer.

Wie dink julle gaan hoofsaaklik dáár indiens geneem word?

AH ·

Dit gaan oral so. As jou velkleur te lig is kry jy niks. Selfs 20 jaar gelede het my kind wat baie goeie punte op skool behaal het aansoek gedoen vir ‘n studiebeurs, maar daar het niks van gekom nie. Dieselfde tyd het die dame wat ons “tea lady” by die werkplek was aansoek gedoen vir ‘n studiebeurs en dit gekry! Sy is tien jaar ouer as my kind….Ek sal natuurlik nooit weet of haar skoolpunte ooit in ag geneem was nie! My kind is toe oorsee en het gaan “tea lady” werk gedoen totdat sy genoeg bymekaargemaak het om self vir haar studies te betaal.

Charlie ·

Dit gaan ongelukkig geen verskil maak nie. Ek het reeds so stel afgetrap met die motorbedryf. Ek het al 2 keer my ervaring probeer plaas, maar dit bly verwyder word. Ek het dit so mooi as moontlik probeer stel, maar ek is n aanstelling geweier agv my velkleur, al het die advertensie niks oor velkleur genoem nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.