Die raad van die SAUK het Woensdag aangekondig Ian Plaatjies is aangestel as sy nuwe bedryfshoof. Plaatjies begin op 1 November in die amp.
“Die SAUK-raad, bestuur en al sy werknemers wens mnr. Plaatjies alles van die beste toe in sy nuwe rol. Hy het die vereiste kundigheid, ervaring en leierskapsvaardighede om dié belangrike rol te vervul,” het Bongumusa Makhathini, voorsitter van die SAUK-raad, in ʼn verklaring gesê.
Plaatjies was die hoof- digitale beampte van die SA Buro van Standaarde (SABS). Volgens die openbare uitsaaier het hy meer as 30 jaar ervaring in verskeie bedrywe, insluitend telekommunikasie, mynbou, bankwese en finansies.
Hy was hoof- inligtingsbeampte by SBV en bedryfshoof vir Absa Group Payments.
“Hy het ʼn MBA, BA, hoër diploma in bestuurspraktyk, diploma in elektronika, en projekbestuur,” het Makhathini bygevoeg.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
15 Kommentare
Ek het geen vertroue in enige bestuur by SABC om enige iets reg te kry nie.Kundig of nie die gat is te diep en te donker en die nodige besluite om die SABC te stuur sal nie deur die ANC regering gesteun word nie.Dus net nog geld in iemand nuut se gatsak.
Nie ek of meeste blankes gee om oor wie verder opneuk by die SABC nie! Kry vir jou ‘n hoedjie!
Kan iemand my help asb !! Mnr Plaatjies het meer as 30 jaar ondervinding, maar apartheid het in 94 geeindig.ek verstaan nie mooi nie, want minderbevooregte mense kon dan nie studeer nie. Ek hoop Mbr Plaatjies met al sy grade vanaf abc tot z kan dinge omdraai, sterkte Mnr Plaatjies
Kyk nie meer sabc nie betaal ook nie meer lesensie nie …so moeg vir al die mislukkings en geld vermorsing daar !
SABS en SABC is nogal na aan mekaar! Miskien kan hy tog daarin slaag om die stempel van gehalte, soos Sabs, op die Sabc, af te druk!!! Eerste ding wat hy moet doen, is om al die geldmors projekte te stop!!!