Icosa-raadslid gevonnis oor reiseis

Werner Meshoa (Foto: Kannaland-munisipaliteit-webwerf)

Werner Meshoa (50), raadslid vir die Icosa-party en tans speaker van die Kannaland- munisipale raad in Ladismith in die Wes-Kaap, is Dinsdag gevonnis op twee aanklagte van bedrog.

Zinzi Hani, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê Meshoa is ʼn boete van R6 000 opgelê of tronkstraf van 18 maande vir bedrog plus vier jaar tronkstraf wat vir vyf jaar opgeskort is, en 36 maande korrektiewe toesig op aanklag van dwarsboming van die gereg.

“Dit kom ná die Valke se eenheid in George, wat ernstige handelsmisdaad ondersoek, onthul het dat Meshoa die Kannaland-munisipaliteit bedrieg het toe hy ʼn reiseis van net meer as R4 000 ingedien het. Hy het aangevoer hy het tussen 19 en 21 Oktober 2016 ʼn vergadering in Kaapstad bygewoon.”

Die aanklag van dwarsboming van die gereg hou verband met bedrieglike inligting wat Meshoa ingedien het toe die vorige speaker van die munisipaliteit ʼn saak teen hom ondersoek het. “Hy het ʼn vriend oorreed om ʼn valse beëdigde verklaring in te dien dat sy motor onklaar geraak het in die dae wat hy veronderstel was om die betrokke vergadering by te woon.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Michal ·

hy sal seker ń siekte ontwikkel binne die volgende maand, dan huis toe gestuur word

Johan ·

Hy behoort sekerlik nou afgedank te word met so ‘n kriminele rekord.

Stofdonkie ·

Nee, met die kriminele rekord sal hy nou bevorder word.

SjN ·

Hul Kon met daai bedrag eerder Vir hom n dikwiel fiets gekoop het, betroubaar en veeldoelig.

Nie Verbaas ·

Nog n klein vissies vir klein bedrag. Groot visse met groot bedrae stoom voort.

Hennie J ·

So, hy gaan nie een dag sit weens sy skelmheid nie. Dis lekker in piesangland!!

Misky ·

Is 18 maande tronkstraf gelykstaande aan R6 000 vir ons regters? Hoe is dit enigsins ‘n boete of skrik misdadigers af? Hulle lag julle uit en sal net weer doen

johann ·

Die meul maak stadig maar seker. Al begin dit met klein oortredingkies teenoor mense van klein partytjies in Kammaland

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.