IDC-hoof bedank ná 13 jaar

Geoffrey Qhena. Foto: IDC

Geoffrey Qhena, die uitvoerende hoof van die Industrial Development Corporation (IDC), het Vrydag ná 13 jaar in dié pos bedank.

“Dit is met gemengde gevoelens van hartseer en dankbaarheid dat die raad van direkteure die bedanking van mnr. Geoffrey Qhena, ná 13 jaar aan die stuur, aankondig,” het die IDC in ʼn verklaring gesê.

“Mnr. Qhena was by die IDC vir byna 20 jaar. Hy is die langs dienende hoof van die IDC sedert die koms van demokrasie en het ʼn noodsaaklike rol gespeel in die ontwikkeling en sukses van die instansie en in sy posisionering as een van die mees vooraanstaande ontwikkelingsfinansiesinstansies in die land en in die res van Afrika.”

Qhena het gesê hy is trots om vir so lank die IDC se 850 werknemers te kon lei en die invloed van die IDC op die ekonomie te kon vermeerder. “Om vir die IDC te werk en in ʼn posisie te kon wees waardeur ek die lewe van gewone Suid-Afrikaners ten goede kon verander deur werkskepping, was die grootste voorreg van my loopbaan,” het hy gesê.

Qhena sal tot 31 Desember aanbly om te verseker dat daar ʼn gladde oorgang tussen hom en sy opvolger is. Die IDC het gesê die raad het nou met die proses begin om ʼn nuwe uitvoerende hoof te soek.

Die mandaat van die IDC, die regering se ontwikkelingsfinansiesinstansie, is om plaaslike nywerheidskapasiteit, spesifiek vervaardigde produkte, deur finansiële bystand te ontwikkel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

IK ·

Stuur hom na Eskom, SAL of enige ander bankrot regeringsinstansie.

John ·

Wow! Waar was die ontwikkelings, die baie nuwe nywerhede en grootse werkskepping?
In Suid-Afrika? Ons dog ons nywerheidsontwikkeling is in die ICU en nou hoor ons dis in die IDC.. baie verwarrend…

Johanna Botha ·

Dalk kan Hlaudi Motsoneng sy posisie neem …kan lekker raak !

Willem ·

Ek is nou seker baie sinies, ek het seker die plot verloor.

jakes ·

Moenie te veel krediet gee nie, gaan krap maar by die IDC en die kanse is groot dat n blik wurms daar skuil. Net sekere besighede het baat daarby gevind.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.