Identikit van Marquard-aanvaller vrygestel

'n Identikit van die verdagte. Foto: Verskaf

‘n Identikit van die verdagte. Foto: Verskaf

Die polisie het ʼn identikit van die verdagte uitgereik wat ʼn geliefde egpaar van Marquard in die Vrystaat voorverlede Saterdag aangeval, aangerand en met die dood gedreig het.

Kapt. Phumelelo Dhlamini, ’n polisiewoordvoerder, het gesê die gesigsamestelling is gedoen met behulp van die slagoffers, Lourie van der Merwe (60), ʼn landbouraadgewer en voormalige pastoor en sy vrou, Celia (60).

Maroela Media het vroeër berig ʼn onbekende man het die egpaar in hul huis oorval toe hulle geslaap het.

Hulle is vir langer as ʼn uur aangehou en aangerand. Die aanvaller het in ʼn stadium brandstof en chemikalieë oor Lourie gegooi en wou hom aan die brand steek. Die vuurhoutjies wat hy by hom gehad het, wou egter nie vlamvat nie, aangesien dit natgereën het.

Die aanvaller het uiteindelik met R250 en ʼn selfoon gevlug toe Celia in ʼn stadium uit sy kloue kon wegkom om hulp te ontbied. (Lees die volledige berig hier.)

Die egpaar is na die Rosepark-hospitaal in Bloemfontein gehaas vir behandeling. Celia het bloeding op die brein en ʼn fraktuur aan haar wangbeen opgedoen. Lourie het vier steekwonde opgedoen, maar gelukkig is geen van sy organe getref nie.

Die egpaar is Vrydag uit hospitaal ontslaan.

“Ons weet dit is nou in die Here se hande. Albei lyk baie goed en is mooi sterk. Bid nog vir hulle, veral vir die tyd wat hulle weer huis toe moet gaan. Dankie nog steeds vir die aanhoudende gebede en liefde,” het die egpaar se oudste dogter, Ilse Botha (35), ná hul ontslag gesê.

Die polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om ao. Moeketse Moletsane by 082 466 7659 te bel indien iemand die man herken.

Celia en Lourie van der Merwe voor die aanval. Foto: Facebook

Celia en Lourie van der Merwe voor die aanval. Foto: Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

AL ·

Dankie Maroela. Ek hoop die identikiet sal help om die verdagte gou te vang. Hy is n gevaar vir die samelewing en moet verwyder word

Johan ·

Ai wie het ooit kon dink dat daar in ons dorpie waar ons saam as kinders veilig in die strate kon speel en kuier tot laataand, sulke barbaarse dinge kan gebeur. Ons bid vir julle spoedige herstel en die proses om weer julle regmatige plek in die gemeenskap op te neem

SlaveMistress ·

Ek weet net nie hoe ek hom uitgeken sal kan kry nie *confused maar nou ja*

naomi ·

Op die foto staan daar eyes: oval. ????
Seker daarvan die doel van inligting wat aangevra word is vir die kleur van die oe, nie regtig die vorm nie :-)

jean ·

Vuurhoutjies wat nie wou brand omdat dit nat was?…….wonder wie se Hand dit was…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.