Identikit van “pangaman” uitgereik

pangaman 2Die polisie in Middelburg, Mpumalanga, het ʼn identikit uitgereik van ʼn persoon wat Deon van der Merwe en sy vriendin Catharina Fourie glo op 7 Maart by die Pienaardam-vakansieoord met ʼn panga aangeval het.

Die Middelburg Observer-koerant het Dinsdag berig dat Fourie saam met ʼn spesialis gewerk het om die identikit saam te stel. Sy het aan die koerant gesê haar aanvaller se gesig is soos ʼn foto in haar geheue ingebrand, en sy is oortuig dit is die “pangaman”. Die koerant het ook ʼn foto van een van die vermeende aanvallers aan haar gewys, waarna sy die verdagte uitgeken het as die persoon wat Van der Merwe glo met ʼn hamer bewusteloos geslaan het.

Maroela Media het vroeër berig die egpaar is vroeg dié Vrydagoggend deur ʼn groep van ses mans aangeval wat by hul vakansiehuis ingebreek het. ʼn Brandende voorwerp is in die huis gegooi en het die egpaar uit die huis gedwing. Die rook het die hut gevul en toe die twee persone vars lug gaan soek het, is hulle aangeval. Die aanvallers het selfone en ʼn beursie gebuit. Klik hier om meer te lees.

Die “hamerman” wat Fourie uitgeken het, is moontlik die naweek in hegtenis geneem. Die Middelburg-polisiestasie kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word om dit te bevestig nie.

Enigiemand wat die persoon op die identikit herken kan adj. Tobias Mogadime by 079 878 7941 bel.

Bron: Middelburg Observer

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sumo ·

Wat die gespuis nie alles mee vorendag sal kom om aan te rand, verkrag en vermoor nie !

Ek hoop werklik die gemors is gevang. Kan my nie eers naastenby in dink hoe angsbevange die twee was nie.

Johann ·

Hoop en vertrou dat die tyding wat ontvang mag word ‘n 100% suksesvolle inhegtenisname, vervolging en vonnis van die misdadigers sal wees.

robert ·

Die persoon lyk baie soos n persoon wat so ruk terug by ons gewerk het. Julle. Sal meer inlugting oor die persoon kry by AMT placement serveces in secunda. Hy was werksaam by db thermal. Die identikit lyk net baie bekend hoop dit sal help

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.