Identikits uitgereik ná stappers in Kaapstad aangeval, beroof is

Die polisie in Muizenberg in die Wes-Kaap het Maandag dié identikit uitgereik (Foto: Verskaf)

Die polisie in Muizenberg in die Wes-Kaap het Maandag identikits van twee mans uitgereik wat na bewering verbind kan word met ʼn voorval waartydens vyf mense in die Silwermyn-natuurreservaat op Tafelberg met messe gesteek en beroof is.

Maroela Media het vroeër berig ʼn groep ervare stappers het dié roete gestap toe twee oënskynlik bona fide-stappers by hulle aangesluit het. Die groep was glo aanvanklik versigtig vir die twee mans wat eers ná 30 minute toegeslaan het. Twee vroue en drie mans is met messe gesteek waarvan minstens een ernstige beserings opgedoen het.

Die groep stappers is glo lede van die Wildernis-soek-en-reddinggroep (WSAR).

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, sê die polisie het dié identikits uitgereik in die hoop dat lede van die publiek die polisie bystand kan bied om die twee verdagtes vas te trek.

“Die polisie vra enigiemand met meer inligting oor die verdagtes om sers. Leonard Mngambi te bel by 082 522 1794 of dadelik met die polisie in verbinding te tree deur die misdaadnoodlyn te bel by  08600 10111.”

Die polisie in Muizenberg in die Wes-Kaap het Maandag dié identikit uitgereik (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

tamboti ·

Stappers, fietsryers en enige persoon wat dit buite julle suedo tronke waag: neem tog maar pepersproei, ‘n skoktoestel of ‘n kierie saam ter self verdediging!
5 teen 2 en julle is nog steeds geslag?

Antjie ·

Identikits? Ek hoop SAPD besef hulle kan nie van stappers verwag om hulle te kontak tydens staptogte nie. Patrollie is nou noodsaaklik in die reservaat!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.