Identiteit van HuffPost-blogger bekend

Huffington Post SA (Foto: Facebook/HuffPost SA)

Die ware identiteit van Shelley Garland, die skrywer van die omstrede blog wat deur die Huffington Post geplaas is en wyd kritiek ontlok het, is Woensdag bekendgemaak.

Shelley Garland is eintlik Marius Roodt (37), ʼn navorser by die Sentrum vir Ontwikkeling en Onderneming (CDE) in Johannesburg. Sy ware identiteit is in ʼn berig deur Huffington Post bekendgemaak.

Roodt het ʼn blog getiteld “Could it be time to deny white men the franchise?” aan Huffington Post gestuur onder die skuilnaam Garland en hom voorgedoen as ʼn MA-student by die Universiteit van Kaapstad. In die stuk word aangevoer dat wit mans hul stemreg vir 20 tot 30 jaar ontneem moet word ten einde wanbalanse reg te stel.

Die artikel bevat verskeie feitefoute, soos dat wit mense 90% van die land se rykdom besit,  wit mans 97% van die Johannesburgse Aandelebeurs besit en 90% van Amerikaanse bates deur 10% van Amerikaners besit word. Daar word ook gesê dat wit mans die skuld moet dra vir Brexit en pres. Donald Trump se oorwinning.

Die artikel het wyd opslae gemaak en is gevolg deur ʼn opvolgartikel waarin Verashni Pillay, die redakteur van The Huffington Post SA, die besluit om die stuk te plaas verdedig het. Nadat dit egter aan die lig gekom het dat Garland nie werklik bestaan nie, is die blog van Huffington Post se webwerf verwyder.

Huffington Post het Woensdag ʼn berig geplaas oor sy ontmoeting met Roodt by CDE. Volgens die berig het Roodt met Huffington Post se aankoms by die kantoor gevra of hy ʼn prokureur moet kry. Roodt het ook Woensdagmiddag uit sy pos by CDE bedank. “Ek raai ek sal seker moet bedank. Ek sal seker maar onder die radar beweeg,” het Roodt gesê.

Roodt het tydens die vergadering met Huffington Post gesê hy was aanvanklik in sy skik toe Huffington Post die blog geplaas het, maar het nooit besef dat die kwessie so groot sou raak nie. “Ek het gedink jy kan amper enigiets sê wat jy wil … nie noodwendig wit mans aanval nie. Ek dink daar is ʼn gebrek aan die nagaan van feite in Suid-Afrikaanse joernalistiek. Ek het gedink, kan dit werk? En dit het gewerk,” het hy gesê.

Roodt het gesê hy is jammer oor wat gebeur het, maar glo ook die opslae wat die blog veroorsaak het, kan lei tot ʼn debat oor rasseverhouding en joernalistieke etiek wat na sy mening ʼn goeie ding is.

Pillay het Woensdag ʼn berig in reaksie op haar ontmoeting met Roodt geplaas en gesê sy was nie kwaad toe sy hom ontmoet het nie, maar eerder hartseer. “Hartseer omdat hy met die eerste oogopslag lyk soos iemand met wie ek vriende kan wees. Maar meestal hartseer dat die voorval onder my leiding gebeur het.”

Pillay verduidelik verder in haar skrywe dat wat Roodt gedoen het verkeerd is, maar dat dit haar nie kwytskeld nie.

“In my strewe om mense sover te kry om te verstaan dat voorreg bestaan, dat swart pyn ʼn werklikheid is en witheid ʼn onregverdige norm, het ek dit nie in my skrywes oor hierdie kwessie duidelik gemaak hoekom dit nodig is nie. Want ek glo in genesing. Dit is uiteindelik wat ek wil hê ons as land moet nastreef in ons rasseverhoudinge. Maar om tot daar te kom, het ek gevoel ons moet baie eerliker met mekaar wees oor ons onderskeidelike pyn en voorreg as swart en wit Suid-Afrika as wat ons voorheen was.”

Intussen het die burgerregte-organisasie AfriForum Dinsdag bevestig dat hy The Huffington Post SA en Pillay by die persombudsman aangekla het. Pillay het gesê Huffington Post wag op die beslissing van die persombudsman en sal die bevinding op die nuuswebwerf plaas saam met maatreëls wat hulle in staat sal stel “om hul stelsels te versterk”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Wil dit seg ·

Maar Pillay is nie hartseer omdat sy die artikel se anti-wit haatspraak teenoor mans verdedig het nie.

M.i. is dit glad nie nodig vir Roodt om te bedank nie.

JC ·

Ek stem, waarom moet hy bedank? Hy het ‘n groot slag geslaan (WERELDWYS, tot in die VSA)en moet oorweeg word of vir ‘n toppos of hy moet ‘n hengse bevordering ontvang! Sy skuif was ‘n geniale meesterskuif. #Afrikanerintelligensie.

Nettie ·

Roodt het net Pillay se intelligensie en The Puffington Ghost, soos ek hulle noem, se integriteit om inligting wat hulle aanlyn plaas, getoets en – jammer om te sê – Pillay en TPG het liederlik gefaal!!!! Ha-ha-ha!!! Terloops, Mev./Mej. Pillay – u is ‘n Indiër en nie swart nie, so waar u ‘lyding’ onder die vorige bedeling, as deel van ‘swart lyding’, vandaan kom, weet ek nie lekker nie. U verraai u herkoms en ras.

JC ·

“Puffington Ghost” hehe, goeie en gepaste benaming na DIE petalje Nettie!

Reinette ·

G’n niks jammer nie… jammet hulle is uitgevang. Punt.
As ons nou almal sulke sotlikhede kwytraak? Daar is iets soos sosiale aanspreeklikheid. Die pers het tog n etiese kode wat hulle moet volg?

JC ·

Solidariteit het ‘n klagte by die Persombudsman ingedien, nie dat daar veel daarvan gaan kom nie;)

JC ·

Waarom is jy JAMMER hulle is uitgevang? Beste ding ooit.
“death to the MSM!”

Brenda ·

Ja, nee, wragtig? Vra ek ook? Ons KIES mos om so gebore te word!

JC ·

Siek verby hehe!
Wat ‘n grap. Intussen werk ons Afrikaners onverpoosd voort en hard, geniet die vrugte van ons arbeid, ontdek opnuut ons tot onlangs afgeskeepte maar wonderlike en glorieryke verlede EN TOEKOMS, BOU, stig alle tipes nuwe Afrikaner instansies terwyl die res in die verlede bly lewe, en beweeg vorentoe in ons geliefde land MET RUKKE EN STOTE SOMTYDS, TEN SPYTE VAN AL DIE VERSPERRINGS WAT IN ONS PAD GEPLAAS WORD.

JC ·

Ja nee Bert, “witheid” is awesome! Ek is ‘n voorstander daarvan, verruil my blanke velletjie vir niks, en geniet elke oomblik daarvan hehe;) TROTS BLANK, AFRIKANER EN AFRIKAANS!

Mel ·

Suid-Afrika het nie sulke inwoners nodig nie. Dis werklik onnodig.

Piet Pompies ·

Die skrywer en redakteur is ewe skuldig, goeie joernalistiek is gegrond op feite en daar is toegelaat dat valse inligting op sosiale media versprei is word wat tot nadeel van ‘n sekere etniese groep is in tye waar dit meer kwaad as goed doen.
Albei partye mag nie skotvry daarvan afkom.

Martin ·

So dit maak dit ok om artikels te plaas waar jy blanke mans kan verkleineer en vals inligting publiseer. Sonder om die inligting na te gaan het Sy die aartiikel gepubliseer. Nou moet ons skielik daarmee tevrede wees. Wat van die Swart voorreg? Ek is blank en het glad nie voorreg gehad nie. Ek het gesukkel met bevordering en nou sukkel ek ook finansieel net soos duisende ander afrikaners wat sukkel. Nou word ons gebruik as n proefkonyne. Ek dink hulle almal moet ons afrikaners nou uitlos en ophou om ons te gebruik om hulle loopbane te bevorder.

Pieter ·

Jy slaan die spyker op die kop Martin. Ek het die voorreg om skool toe te kon gaan gebruik om myself te ontwikkel en bevorder in die samelewing. Ek glo steeds enige samelewing se sukses is gehalte onderrig. As jy dit verspeel deur jou eie negatiewe toedoen (lees skole afbrand, skool vroeg verlaat, dink skool is ‘n mors van tyd ens.) is dit jou eie saak en moet jy nie die skuld by suksesvolle mense gaan soek of dit voor hulle deur lê nie. Ek raak naar deesdae om orals te lees dat wit mans al die vooregte het en dat die ekonomie in ons hande lê? My magtig man, wie is in beheer van die land? Agv totale anargie en onbevoegdhede in die regering skram hulle weg van die waarheid en moet iemand die skuld kry. Enige besigheid wat suksesvol is , is agv intrepeneurskap deur individue wie se aptyt vir risiko hulle dryf na sukses. En hierdie individue skep werksgeleenthede en in die proses bou hulle die sukses van die land asook die ekonomie al is dit op ‘n mikro skaal. Sukses kom met hardewerk en deursettings vermoeë. Ek glo nie die begrip word altyd verstaan nie. So in kort ek stem saam los ons uit, hou op soek na “scape goats” en konsentreer eerder om ‘n nasie op te voed

Shirley ·

Waar is die dae toe die media ons van nuus/feite vertel het? Onpartydig is nie meer ‘n woord wat mens baie kan gebruik nie. Pillay moet maar dalk kyk vir ‘n ander werk. Daar is 2 opsies, of sy het nie die artikel gelees nie of, veel erger, sy het en is so ongelig oor die ware feite van Suid Afrika dat sy nie die foute kon sien nie.

Boerseun ·

Ek verstaan nie die blog’s hierbo nie. Soos ek dit sien wys die ou juis die gespuis uit vir wat hulle is, oor sensatiewe “copy past’ ers” wat enegige anti wit retoriek opfreet en enige doen en laate van die witman spesefiek kruisig.

Go Roodt, hoop meer soos jy doen dit.

aP ·

soveel vals nuus, meestal geskep deur zuptas. hierdie ou het bewys dat baie mense twak lees , dat mense sotlike goed glo en gewoond raak daaraan, dat dit polities gefundeerd is en dat politiek totaal korrup en sosiopaties is. politiek in SA gaan oor eie gewin , magsug, hebsug

J ·

In vandag se dae is daar niemand wat so onregverdig behandel word soos die wit man nie. Alle reëls word teen ons ingestel soos bv regstellende aksie. Dit beteken dat ons harder moet werk om iewers te kom. Dit is juis hoekom ons nie deel neem aan stakings nie, ons is te hard besig om te werk. Almal het nou die dieselfde wegspring punt, maar ander word eerste kans gegee voor ons.

Johann ·

En hy noem homself ‘n navorser!
Duidelik nie navorsing gedoen oor sy feite nie

aP ·

hy het dis aspris gedoen om te wys hoe belaglik SA politiek is, hoe ‘gullible” huffpost se werknemer is. Dit gaan nie oor die feite nie, dit aan juis oor hoe maklik onakkurate inligting soos ‘n virus versprei. Die ironie is – die regering – veral die polisie weerhou inligting oor misdaad. Joernalistiek is om “joernaal te hou”, iets wat verlore gaan die wereld oor

Sputnik ·

So die navorser het toe nie sy feite behoorlik nagevors nie, daarom dat dit feitelik foutief is? Wit mans beboort hom te ry tot by Oom Daantjie in die kalwerhok – hy speel met die leeu se snor! Intussen geniet Pillay haar nuutgevonde bevoorregting………

JC ·

Dafer en Ja nee, julle mis heeltemal die punt ouens! Mnr Roodt wou dit doen om die siekheid en belaglikheid van die HSM uit te wys. Hy het hulle gevang met ‘n slap riem hehe!

Big daddy ·

Julle kan maar gaan kyk. Elke keer as daar sulke haatspraak of opruiende goed geplaas word is dit elke keer n valse profiel. En 99% vd tyd is dit witmans wat daar agter sit. Ek steur my lankal nie meer aan sulke goed nie. 99% van alle suid afrikaners soek net vrede. Ons boere verdien alles wat ons kant toe kom.

JC ·

Jinne, maar hierdie kamtige Huf Post het hul naam nou WERELDWYD groot G*T gemaak, die enigste vraag wat nou gevra moet word is: wanneer gaan hulle toemaak?? My tone krul van lekkerkry!

Dis ‘n goeie slag vir regverdigheid, en wys sonder enige twyfel nou vir ewig en altyd uit wat ons almal LAAANK reeds weet van die verfoeilike HSM; hulle is moreel korrup, UITERS hippokrities (daar moet beslis ‘n nuwe woord/term uitgedink word vir wat die HSM nou eintlik is) en moet mee weggedoen word so gou moontlik!
Mooi man Mnr Roodt, en ek wens u persoonlik sterkte toe met u toekomstighede. SO ‘n brein sal ver kom. UITSTEKEND!

Basson ·

Korrek JC, Roodt het fantasties gedoen met die ontbloting van die hipokrate!

Danie ·

DIE probleem is, baie mense het die berig gelees en al die VALSE STATISTIEK sit nou in baie ongeskoolde en ongeleerde mense se breins vas. Hulle word juis geindoktrineer en gebreinspoel TEEN die witte, nou het hulle die 90% gesien en volgende keer as daar klipgegooi word word dit op al wat ‘n plakkaat is geskryf. Dit was SUPER onverantwoordelik en het rassespanning oral in alle lande vererger, jou GRAP het regtig SUUR geword, en ek is bly jy het self bedank, anders moes hulle jou sommer uitgooi, jy verdien nie om ooit weer iets te publiseer nie. HUFFINGTON is net so pateties om nie eers sy bronne na te gaan voordat hy iets publiseer nie. DAGVAAR Sommer die hele ou spul!

Oom Klasie ·

Ange dit was verraaiers genoem.Daar is en was al baie tussen ons.Malan en Jan Smuts .De Klerk en Roelf Meyer.En andere tussen ons.

Ange ·

Hyt hulle hensoppers genoem en het niks tyd gehad vir hulle nie.

Basson ·

Sjoe – skokkend om te sien 95% van die mense wie kommentaar hier lewer mis die punt! :(

Dit sal nie eers help ek probeer konteks gee – gaan lees maar verder aan julle Huisgenoot

JC ·

Hehe Basson, ja nee… kyk.
Net so tussen ek en jy…ek dink hulle smaak eintlik ons Afrikanermans;)

Afrikaner ·

Ongelukkig het die WERELD hierdie artikel onder oe gehad, so as jy dink ‘n paar kommentators hier mis die punt, kan jy dink hoeveel ander mense mis die PUNT? Hy wou nou grootmeneer speel en ‘n punt bewys . whoopee hy het, maar hoeveel mense se ondergang het hy nie dalk nou hiermee bewerkstellig nie. Vreemd hoe mense altyd dink hulle is slimmer as ander mense wat nie die PUNT gevang het nie, onthou daar is 40 miljoen daarbuite wat OOK nie die PUNT gevang het nie en wit mans nou gaan verjaag, so trek solank aan jou tekkies, jy gaan voor wees. So vreemd dat julle altyd moet AF na mense wys wat die Huisgenoot moet gaan lees, ek wed jou dis mense soos julle wat se SOKKIES en onderbroeke gate inhet maar wat AFKYK na ander mense !!

Elizabeth ·

Ek lees die artikel en ek lees weer en weer, maar kry nie die antwoord waarna Pilley verwys nie! Dit sê vir my dat daar wragtig nog mense oor alle nasies heen is wat glo die oormeerderheid wit het een helse bevoorregte lewe gelei en swart erg gely het! Dit is die grootste wanindruk wat ooit bestaan het, al voorreg wat ek in my 55 jaar gehad het was om veilig in my huis, strate en werk kon wees, dat my kind in die strate kon speel sonder dat sy vermoor of verkrag word, dat ek saans op my stoep kon sit, sonder dat ek vermoor word, ens. Verder het ek geen “bevoordeel” gehad nie, terwyl ek gewerk het, het my belasting gehelp om vir swartmense die beste skoke, hospitale en huise te bou, wat hulle inelkgeval afgebrand het soos wat hulle vandag nog doen! Soos wat my belasting geld vandag nog aan hulle gaan, ekself kon nog nooit ñ eie huis bekostig nie, ek huur in die landelike gebied waar daar grondpaaie is wat laas aandag gekry het 1990. Ek kry geen medies hulp by enige kliniek of staats hospitaal nie, dit terwyl my deeltjie gesorg het dat hulle van die beste toerusting in hulle hospitale gekry het. So kan ek 1000’de dinge noem waar swart meer bevoorreg was as baie van ons, ons hele lewe lank! Niks sal ooit genoeg wees vir hul “lyding” wat hulle eindelik self veroorsaak het nie! Ons gee, hulle verwoes

AL ·

Ek stem heelhartig saam met jou, dis hoe ek die lewe tussen die ou en nuwe SA ervaar het. Dan kry hul nog RDP huise verniet – iets wat ons nog nooit toegeval het nie.

Johann cb ·

Roodt het nou die media getoets en gesien wat met ons, en homself, gebeur! Ek hoop hy is nou tevrede!
Ek wil egter net weet hoekom Me Pillay him not verder in sy kwaad steun deur sy vernederende aannames te steun! Of verstaan ek haar verkeerd? Hopelik…

Johann cb ·

Hoekom is “witheid ‘n onregverdige norm” Me Pillay – verduidelik asseblief! Ons wit mans is reeds in die minderheid, en hopelik sal u antwoord bevredigend wees. Andersins stel ek voor dat u ook vinnig bedank…

JC ·

Ek weet dit hou nie eintlik verband met hierdie artikel nie(wel, op ‘n manier, ja), maar; CJ Langenhoven(Afrikaanse digter en outeur van Die Stem) was gebore op 13 Augustus 1873 en sterf op 15 Julie 1932-onthou die datums en herdenk dit indien niemand anders wil nie! Omdat die HSM NOOIT die grote Afrikaner se erfenis sal herdenk nie, maar eerder sal verkies om “politieskorrek-gedienstig” te wees en outeure van ander vreemde liedere se lewens en werke te herdenk, soos hulle wel gedoen het, het ek dit goedgedink om hulle die rug toe te keer en almal wat belangstel se aandag te vestig op bogenoemde gegewens, omrede die verfoeilike en volksvreemde HSM net nooit so sal doen nie.
LANK LEWE CJ LANGENHOVEN IN ONS MENSEHEUGENIS!

Pat ·

Ek sou bedank het as ek Pillay was. As Roodt bedank het nav wat gebeur het dink ek sy is hoegenaamd nie bevoeg om in haar pos aan te bly nie. En sy stem nog steeds met sulke verwronge feite saam. Dit wys jou dat dit absoluut ‘n witch-hunt teen wit mense is, want al is die feite so verdraaid, net omdat iemand skree wit is bevoordeel bo enige iemand anders, sal mense soos sy op die band-wagon spring. Mense moenie hulle gevoel met realiteit verloor nie. As jy rassisme en haat in jou hart het sal dit op alle tereine uitkom – al is die feite hoe verdraaid! Of wat sê ek Me Pillay ?

Boeremeisie ·

Ok so kom ons verstaan nou mooi. Sy wil genesing teweegbring. Regtig. Sy praat absolute bollie man! Genesing deur die pasient se hart uit te ruk? Ag nee was sy kruip nou agter een of ander moral highground weg net sodat sy nie aanspreeklikheid hoef te aanvaar vir har growwe nalatigheid. Oh by the way sweetie if you do not understand Afrikaans let me know and I will gladly translate what I have said here above!

jean ·

Idioot!….. JC…lekker man! (hoop jou van is Le Roux..dan kan dit nog beter raak)….natuurlik met die van Pillay word alles duidelik.

Leendert ·

Ek het die berig in Te Huffington Post gelees en die eerste wat by my opgekom het was dat Pillay vir haarself kwaad moet wees omdat sy in die slagyster getrap het. Maar sy het die Blog verdedig, na dit aan haar uitgewys is. Ek dink sy voel gekrenk en kwaad dat sy dit gemis het, haar oordeel het haar in die steek gelaat. Die inhoud van die Blog sou vir enige ware joernalis en redigeerder die rooi ligte laat aangaan het en laat besef het, hier is iets baie, baie nie lekker nie.

Grotman ·

Toe ek op skool was het ek eendag n prent van n man gekry wat ek moes in kleur. Ek het die prent net so vir die juffer terug gegee, waarop sy wou weet waarom die man nie ingekleur is nie? Toe se ek vir haar dis n wit man juf. Sy het my n effe pienk inkleur pen gegee en gese gaan kleur hom in! Die punt is nou! Is ons werklik wit of effe pienkerig? N albino is die naaste wat ek aan n ware wit mens gesien het. So as ons nie werklik wit is nie, waarom moan die verdomde ANC en EFF ens dan?

jaco ·

waarom word my kommentaar aanmekaar verwyder? ek probeer maar weer:
agiteer by die ANC vir die volgende:
vat wit mense se stemreg af
verklaar wit mense tot tweedeklas burgers
skuif alle wit mense na n tipe tuisland
reserveer ook net sekere soorte werk vir wit mense
kortom, pas ou aparheidstyl tuisland beleid op ons toe
dis die meerderheidsregering van die land wat dit aan n minderheid gaan doen, so die stigma van rassisme en evil apartheid gaan nie daaraan gekoppel wees nie. China doen dit anyway met Hong Kong en Macao en albei daardie plekke floreer. Israel doen dit met die Palestyne en die res van die wereld, SELFS DIE ANC, is ook ten gunste van n tweestaat oplossing tussen die Israeli’s en die Palestyne. So ek dink so n gedwonge tuisland vir wit suid-afrikaners kan regtig werk. Die buitelandse beleggging sal vinnig kom. Ons omstandighede verbeter dalk nog baie meer as tans.
Mense, dink net bietjie “buite die boks”. buite julle ou verwysingsraamwerk van “so moet dinge mos wees”.

Ellé ·

Rassisme heens witmense is uiters onrusbarend en ‘n harde werklikheid. Maar om hou vir hou beskuldigings terug klap en sleg te sê bied geen oplossings nie. Dis ook heelmoontlik wat die rassistiese politici wil hê.

Ek glo die enigste oplossing is om Jesus se voorbeeld te volg en te vergewe, vredemakers te wees, vir ons vyande en regering te bid en met naasteliefde op te tree heens alle mense. Selfs al tree hulle nie so teen ons op nie. Miskien is dit omdat baie van ons dit nie doen nie dat ons in die panarie is waar ons is.

Eben ·

Ek wil net weet waar dinge verkeerd geloop het omdat ek nie daardie regte en voorregte van wittes ken nie. Kan iemand vir my sê waar ek my regte en voorregte kan kry, want ek het waarskynlik in ‘n ander land gelewe. Hoekom word daar nooit gepraat van die regte en voorregte van ryk Chinese, Indiers, Kleuringe en Swartes nie?

Bekommerd ·

Hoekom word witmans uitgesonder asof hulle so bevoordeel was. Is dit omdat daar n afgunstigheid bestaan oor wat die witman bereik het of word hy as n bedreiging gesien en alles gedoen moet word om hom te probeer verkleineer en te verneder. Baie anderkleuriges se kinders kon oorsee gaan studeer terwyl die meeste wit afrikaanse mans in staatskole was.
Baie soos Pillay speel die raskaart hoe swaar hullle gekry het en probeer daardeur hulself te bevoordeel om beter/hoër poste te bekom terwyl hulle lewenskwaliteit van die beste was.
Ek is gatvol dat alewig op witmans gepik word en mense soos Roodt en Pillay dra geensins by tot die belange van die land dat ons verdraagsaam moet wees en moet saamwerk as om eerder hul eie belange en geheime agendas te eil bedryf nie. #pillaymustgo

Lisa ·

Huffington Post behoort van Pillay ontslae te raak. Slegte redakteur.

Connie ·

Ek is wit en trots daarop. Ek is ook bly Donald Trump is president van Amerika.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.