Identiteit van lewende vrou in lykshuis-yskas bekend

Argieffoto

Die vrou wat byna twee weke gelede lewend in ʼn lykshuis se yskas aangetref is, se identiteit is bekend.

Isabel Dongua, vermoedelik in haar 40’s, is ná ʼn ongeluk verlede Sondag na die Carletonville-lykshuis geneem nadat Distress Alert-ambulansdienste haar amptelik dood verklaar het.

AO Peter Masooa, woordvoerder van die Carletonville-polisie, het aan Maroela Media bevestig ʼn saak van strafbare manslag in verband met die ongeluk word ondersoek, al is die bestuurder van die motor oorlede.

Masooa het ook aan Maroela Media bevestig dat Dongua steeds in die waakeenheid van die  Leratong-hospitaal in Krugersdorp behandel word.

Lesemang Mtuka, woordvoerder van die departement van gesondheid in Gauteng, het aan Maroela Media bevestig die saak is na die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (HPCSA) verwys vir nadere ondersoek.

Maroela Media het vroeër berig forensiese lyksdienste in Carletonville is 24 Junie deur die polisie ontbied na ʼn ongelukstoneel op die P11-pad om die liggame van mense wat in ʼn ongeluk gesterf het, op te laai.

Volgens die departement het een van die forensiese beamptes by die lykshuis egter besef een van die mense is ondanks ernstige beserings nog lewend. “Hy het onmiddellik hulp ontbied en die beseerde is na ʼn Gautengse hospitaal vervoer vir dringende mediese behandeling,” het Vuyo Sabani, woordvoerder van die departement, gesê.

Gerrit Bradnick, operasionele bestuurder by Distress Alert, het aan die nuusagentskap DPA gesê die vrou sou nie kon beweeg of ʼn geluid maak weens die ernstige aard van haar beserings nie en ook nie kon besef waar sy was nie.

Volgens hom is sy span “verpletterd” oor die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Ben ·

Wanneer is die verslag oor die nooddienste se optrede en bevinding op die toneel, die lot wat die vrou dood verklaar het, beskikbaar??

Genieve ·

Genade hoe het hulle dit reggekry voel hulle dan nie of daar n polsklopping is nie.

jaco ·

Dit kom nou van regstellende aksie. Ek sidder vir die dag wanneer so ‘n regstellende aksie aangestelde persoon van Eskom die verkeerde knoppie by koeberg kernkragstasie druk en 4 miljoen mense in Kaapstad deur die gevare van nuclear meltdown bedreig word…

Piet ·

Deel met ons ook die inligting wat jou so seker maak hier is regstellende aksie betrokke. Is die paramedikus se identiteit bekend? En sy agtergrond en kwalifikasies?

Iemand ·

Weet jy wat Jaco, ek kry daagliks te doen met uitstekende swart mense. Mense van die hoogste kaliber. Ek werk by ‘n Universiteit, juis ‘n plek waar daar regstellende aksie is….maar my maat, die swartmense wat hul daar aanstel is talentvol, gedrewe, hardwerkend en inspererend.

Bampte ·

Dankie aan die lykshuisbeampte wat skerp en eerlik genoeg was om haar te red. Ek hoop die gruwelike fout begaan deur die paramedikus gaan ondersoek en teen opgetree word.

Nettie ·

@Piet, ons hoef nie regtig te weet wie die paramedikus is wat die vrou dood verklaar het of van watter ras hy/sy is nie.

Ons weet immers dat 98% van alle werksgeleenthede vandag in SA regstellend gevul moet word, om aan BBEE vereistes te voldoen, want sonder só ‘n sertifikaat, is enige besigheid wat met staats- en ander groot besighede wil besigheid doen, gedoem.

Iemand ·

@Nettie. Weens die aard van haar beserings kon sy nie n geluid maak of beweeg nie. Dit kan wees dat juis agv van die aard van haar beserings het die standaard dinge waarna paramedici kyk ‘n invloed gehad op die afleiding dat sy dood is. Die lyn tussen lewend en dood is nie ‘n soliede streep nie… Iemand wat “klinies” dood is kan weer bygebring word (want “klinies dood” en dood is nie dieselfde ding nie). Haar hartklop was dalk so stadig en so swak dat die paramedikus dit nie kon waarneem nie.

SNEL ·

Lewe die vrou nou nog of het sy toe later as gevolg van die beserings gesterf?

Ekke ·

Daar staan in die artikel dat sy steeds in die waakeenheid van die Leratong hospitaal behandel word….

Stephanie ·

Die berig verwys na die vrou wat amper 2 weke gelede lewend in die yskas aangetref is maar die ongeluk was verlede Sondag?

Tania Heyns ·

Dagsê Stephanie

Baie dankie vir jou kommentaar. Die ongeluk het op 24 Junie plaasgevind. Verlede Sondag was die 1ste Julie. Ons hoop dit klaar die verwarring op.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Gesiggie ·

Dankie ja dat een lykshuisbeampte wakker was… maar hoe weet ons dit het nie al voorheen gebeur, maar was te laat… ek kan net dink deur wat hierdie vrou moes gaan.. dit is skokkend..wie ook al haar dood verklaar het? weet duidelik nie om sy werk te doen? sterkte aan Isabel mag jy gou herstel, dit is iets wat hierdie vrou nooit sal vergeet, kan jy jouself indink as so iets met jou moes gebeur?? Dit is Scarry”’

kas ·

Volgens paragraaf 4 lewe die dame nog.Volgens paragraaf 6 het die polisie forensiese lyksdienste geskakel om mense wat in ‘n ongeluk gesterf het te kom oplaai.Hoe het die polisie vasgestel die vrou is dood.Hoekom klink dit dan nou vir my of die vrou nooit op die toneel dood gesertifiseer is nie en daar net aanvaar is dat sy dood is.

SjN ·

Tragies, die klomp is so onbevoeg dat hul nie eens agterkom die yskaste werk ook nie.

Blommie ·

Jy weet nie waar jys is of kan nie n geluid maaak nie.
En whoop ons verklaar jou dood, dis regtig n belaglike redenasie.
Wanneer iemand seerkry en in n ernstige toestand is en niks vir jouself kan doen nie. Wil mens darm weet dat daar wel iemand is wat opgelei is om dit te doen om uit te kyk vir jou en jou die nodige mediese behandeling te gee.Dis onaanvaarbaar!

rafel ·

mens kry seker iets soos “skyndood”? Liggaam gaan in skok en geen “Vital signs” vir ‘n wyle…enige mediese professionele insette hier? Ek het al van so iets gehoor….. Baie interessant,

VanAfrika ·

Al ooit gedink van divine intervention deur onse Liewe Heer. Ekke glo in Sy wonderwerke deur ondervinding. Sy was dalk dood en het God besluit haar werke op aarde is nog nie klaar nie en het haar toe terug gebring.

Hannelie ·

Ek is net dankbaar sy het “lewend” geword, voor hul haar lewend veras of begrawe het.

Vermeendes ·

Julle weet natuurlik dat hierdie nie die eerste geval in die wereld is nie, weet julle dat dit nalaatigheid was?
Nee mense, jou bloedruk en polsslag kan so laag gaan dat jy dood verklaar kan word en veral in sulke omstandighede. Lees die berig mooi, sy is nog steeds in die waakeenheid agv haar ernstige beserings.

isabel ·

O genade, dis skokkend!
Net om daaraan te dink….hoendervleis

Ja Swaer! ·

Maroela het ook op die 26 Jul 2011 berig dat ‘n familie die man lykshuis toe geneem het waarna hy wakker geword het! “Eish!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.