IEB-eksamen se uitslae bekend

Argieffoto

Argieffoto

Die eerste groep matrikulante se lang wag is verby. Die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) se uitslae is Woensdag bekend gemaak.

Vanjaar se slaagsyfer is 98,38% met 85,54% van kandidate wat toegang tot graadstudie gekry het en 11,56% van kandidate wat vir ʼn diploma kan studeer. 10 451 kandidate, van wie 9 976 heeltyds en 475 deeltyds, het die eksamen vanjaar afgelê. Verlede jaar se slaagsyfer was 98,56%.

IEB-kandidate het slaagsyfers van ongeveer 89% in wiskunde en fisiese wetenskappe behaal. “Die persentasie leerlinge wat 40% of meer behaal het in wiskunde is 88,6% en die persentasie leerlinge wat 40% of meer in fisiese wetenskappe behaal het is 88,5%,” het die IEB in ʼn verklaring gesê.

“Onderwys is soveel meer as die verwesenliking van goeie resultate in die nasionale senior-sertifikaat-eksamen,” het Anne Oberholzer, uitvoerende hoof van die IEB, gesê.

Openbare skole sal nog tot 6 Januarie moet wag vir hul uitslae.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.