Vanjaar se slaagsyfer is 98,38% met 85,54% van kandidate wat toegang tot graadstudie gekry het en 11,56% van kandidate wat vir ʼn diploma kan studeer. 10 451 kandidate, van wie 9 976 heeltyds en 475 deeltyds, het die eksamen vanjaar afgelê. Verlede jaar se slaagsyfer was 98,56%.
IEB-kandidate het slaagsyfers van ongeveer 89% in wiskunde en fisiese wetenskappe behaal. “Die persentasie leerlinge wat 40% of meer behaal het in wiskunde is 88,6% en die persentasie leerlinge wat 40% of meer in fisiese wetenskappe behaal het is 88,5%,” het die IEB in ʼn verklaring gesê.
“Onderwys is soveel meer as die verwesenliking van goeie resultate in die nasionale senior-sertifikaat-eksamen,” het Anne Oberholzer, uitvoerende hoof van die IEB, gesê.
Openbare skole sal nog tot 6 Januarie moet wag vir hul uitslae.
ek wens die matriek klas van 2014 sterkte toe