IEB-matrieks haal 98,3% slaagsyfer

Argieffoto

Argieffoto

Matrikulante wat vanjaar die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) se eksamens geskryf het, het ʼn slaagsyfer van 98.3% behaal.

Die resultate van dié eksamens, wat kort ná middernag Dinsdag aangekondig is, toon dat 85,26% van die 10 212 kandidate wat die eksamen geskryf het, toelating tot universiteit het. Daarby het 11,66% van die kandidate geslaag met toelating om ʼn diplomakursus ná skool te doen. ʼn Verdere 1,37% het toelating tot tersiêre studie op Hoër Sertifikaatvlak.

Uit die voltydse leerders het 65% wiskunde as vak geneem en 48% wetenskap. Altesaam 2 498 kandidate het ook gevorderde wiskunde as vak geneem – 18,5% meer as verlede jaar.

Anne Oberholzer, IEB hoof uitvoerende beampte, het gesê die raad is tevrede met die uitslae van 2015 en dat dit vergelykbaar is met die 98,38%-slaagsyfer wat in 2014 behaal is.

“Leerders het weer eens hul toewyding aan harde werk oor die afgelope 12 jaar bewys en met die ondersteuning van toegewyde onderwysers en ouers, het hulle die eerste mylpaal in hul studieloopbane behaal,” het sy gesê.

Verlede jaar het 9 976 kandidate die IEB-eksamen geskryf. Die vermeerdering in leerders vanjaar kan toegeskryf word aan die vermeerdering in leerders by die deelnemende skole, asook agt nuwe skole wat verkies het om hul kandidate die IEB-eksamen te laat skryf.

Behalwe vir die Suid-Afrikaanse matrikulante, was daar ook 420 kandidate van Namibië, Mosambiek en Swaziland wat die eksamen geskryf en geslaag het.

Leerders wat die matriekeksamen van die Departement van Basiese Onderwys geskryf het, kan hul uitslae op 6 Januarie te wagte wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Louis Visser ·

Dit beteken dat jy rêrig dom moet wees om nie matriek te slaag nie!
Wat sê hierdie statistiek aan die wêreld oor ons standaarde?

KarenG ·

Nie om nou negatief te klink nie, maar toe hulle die persentasie noem wat universiteit toelating gekry het…. Ek ys as ek dink hoeveel v hulle gaan nou weer deel wees van betogings oor fooie of wat hulle ookal volgende gaan vind om oor te betoog. In die proses mis hulle heeltemal die doel hoekom hulle in die eerste plek universiteit toe is!!

Louise ·

Hoeveel is dit nou om deur te wees vir ‘n vak? 35%? En hoeveel word deur gesit? Nee wat, beïndruk my nie.

Berhalet Beukes ·

Ag asseblief… Dis nie ‘n prestasie nie aangesien driekwart van die leerlinge wat geslaag het ‘n SWAK GEHALTE, NIKSWERD matriek geslaag het. Laat hulle volgens die standaarde waarmee ons gemeer is skryf dan druip die hele lot!

Francios ·

Berhalet Hierdie is privaat Skole, nie staatskole , regtig daar is n verskil.

Berhalet Beukes ·

My broer se seun is in ‘n privaatskool I Ierland… Vertel my nog… Jy maak ‘n fout… Die buiteland aanvaar nie eens ons privaatskool nie… Get real

Theo Potgieter ·

What I would like to know is were the results adjusted in any way? If so this, then this is all just a farce in the political arena.

Hennie ·

Lees asb die berig goed. Dis die IEB se uitslae waaroor geskryf word en nie Umalusi s’n nie. Laasgenoemde is die eksamen wat landwyd deur die meeste skole geskryf word en wat al hoe meer daal in wat dit werd is.
Die IEB se eksamen is van ‘n hoër gehalte en beteken meer.

Francios ·

Presies, dankie dat jy dit op klaar. Almal wat gal braak se onkunde is verassend

Burger ·

Van die menings hier laat my wonder ook hulle eie kwalifikasies.

IEB is juis daarop gemik om sukses na skool te behaal. Gaan Google maar self die verskil tussen eerste jaar uitsak % . My matriek 30 jaar gelede was maliker as my seun sin. Hy het IEB gedoen.

Berhalet Beukes ·

Ai…. Wat was die minimum slaag % jare terug? Kyk ‘n bietjie dieper en lees tog raak waarna ‘n mens verwys. Jou kind slaag moontlik op meriete, harde werk… en die volgende ou skraap deur en daaraan word die slaagsyfer gemeet? Ai…

Poplap ·

Die kommentaar hierbo het duidelik nie ‘n cooking clue dat IEB onafhanklik is. Dit word nie deur die regering of een of ander onbekende mag gemanipuleer nie. Gee tog krediet waar dit toekom hierdie kinders het hulle alies afgeleer om die vrek hoe standaarde van IEB tet slaag. Is die kommetntaar geldig of sommer maar bietjie dom

Liesl ·

Liewe aarde, hoe oningelig kan mense wees. IEB is n onafhanklike eksamenraad vir privaatskole wat wel voldoen aan Umalusi (as SA se eksamenliggaam) se minimum vereistes maar wat hul vraestelle opstel en merk. IEB is die alternatief vir die staat se eksamen.

Pieter ·

Die skole wat die IEB eksamen skryf is die room van die land en die leerlinge se uitslae en persentasie universiteitstoelating is n ware weergawe van hulle vermoë en sukses wat hulle in die toekoms sal behaal. Ken die verskil tussen staat en IEB eksamen voor jy kommentaar lewer.

Leendert van Oostrum ·

En die skole laat slegs die beste kandidate toe om die matriekeksamen te skryf.

Maklik om ‘n 99% slaagsyfer te haal as jy jou kandidate vooraf keur!

En, daarbenewens meet die IEB-eksamen die bemeestering van presies dieselfde kurrikulum as die staatskole – die CAPS, wat ideologies gesuiwer maar wetenskaplik vlak is.

Vogens toetse wat meet wat kinders geleer het presteer selfs die privaatskole (hierdie “room”) onder die internasionale gemiddelde.

Berhalet Beukes ·

Hehehe… En almal kyk in dieselfde ding vas en mis die punt… Ai… Julle is só slim

Rupert Ashford ·

Kan staatskole kies om IEB te doen of is hierdie net privaatskole?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.