IEB-matrieks se slaagsyfer verbeter

Argieffoto

Argieffoto

Die 2016 slaagsyfer vir matrikulante wat die Independent Examinations Board (IEB) se eksamen geskryf het, is 98,67%, vergeleke met verlede jaar se slaagsyfer van 98,30%.

Die uitslae van dié eksamens is Vrydagoggend, kort ná middernag, bekend gemaak.

Al die IEB-kandidate wat geslaag het, het ʼn slaagsyfer behaal wat hulle toelating tot tersiêre studies op een van drie vlakke bied:

  • 87.61% van die kandidate het toelating tot graadstudie, vergeleke met 85.26% in 2015.
  • 9.83% kwalifiseer vir toelating tot diplomastudies, vergeleke met 11.66% in 2015.
  • 1.23% het toelating tot die Hoër Sertifikaat-vlak, vergeleke met 1.37% in 2015.

Altesaam 11 021 voltydse en 703 deeltydse kandidate van 237 eksamenlokale regoor Suidelike Afrika het in Oktober en November 2016 die IEB se Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) eksamens afgelê.

Die getal eksamenlokale het van 209 in 2015 toegeneem tot 237 omdat 10 nuwe skole by die IEB aangesluit het en aangesien sommige instellings op nasionale vlak meervoudige eksamenlokale bestuur om leerders vanoor die hele land te akkommodeer. Dit is hoofsaaklik instellings vir afstandonderrig en word bedryf soos Unisa.

“Die IEB is trots op die prestasie van die 2016-groep. Met ʼn verbintenis tot harde werk oor twaalf jaar van skoolgaan, ondersteun deur ‘n toegewyde groep onderwysers en ouers, het hierdie leerders die eerste groot mylpaal in hul studieloopbane behaal. IEB-leerders, hul ouers en onderwysers besef dit is baie belangriker en betekenisvoller vir naskoolse sukses om die kennis en begrip te hê wat agter die uitslag van die sertifikaat lê. Om ʼn sertifikaat met goeie resultate te hê, maar nie die kern van leer wat vir sukses vereis word daarmee saam nie, beteken eenvoudig om mislukking by die volgende stap van mens se studieloopbaan,” het Anne Oberholzer, hoof- uitvoerende beampte van die IEB, Vrydag gesê.

Umalusi het al die aspekte van die 2016 eksamen gemonitor en die uitslae as billik en geldig verklaar.

Die 2016 IEB-eksamen is afgelê sonder enige voorvalle wat die integriteit van die proses en die geloofwaardigheid van die uitslae beïnvloed het.

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, sal op 4 Januarie die matriekuitslae bekend maak en matrikulante sal op 5 Januarie hul uitslae aanlyn kan kry of by hul skole afhaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Amanda ·

Die 3 bullets maak glad nie sin nie. Die 2015 11% moet bo 85% wees

Phillip ·

Dagsê Amanda

Daar het ‘n fout ingeglip, maar ons het dit nou reggestel. Dankie vir jou valkoog.

Groete

Phillip Bruwer, nms. Maroela Media

Pieter Ellis ·

Is die berig korrek? Is die syfers en persentasies korrek? Maak nie sin nie.

Phillip ·

Dagsê Pieter

Daar het ‘n fout ingeglip, maar ons het dit nou reggestel. Dankie vir jou valkoog.

Groete

Phillip Bruwer, nms. Maroela Media

jaco ·

Meeste van die IEB-leerders is wit. So al kry elkeen ook 100%; waar gaan hulle werk kry en waar gaan hulle studiebeurse kry?

Amanda ·

Die IEB skole in Pretoria is goed gemeng in baie gevalle is hulle die minderheid.

Rynhardt ·

E-TV het vanmiddag met mening die propaganda verkondig dat die matriekslaagsyfer is 98,6%! Hul was oorstelp van vreugde! Hoe is dit moontlik aangsien die Anc die onderwys en universiteite in ellende gedompel het?? M.a.w. het ons weer te doen met gedokterde statistieke? Wat E-Tv en die polities korrektes nie se vir die Anc nie, is die volgende:Selfs al gaan daai wittes universiteit toe, gaan hul almal nou skielik werk kry, Anc??Nog steeds handhaaf die hoofstroommedia n beleid om permanent in die goeie boeke van die Anc te wees! Die Anc vernietig opsetlik die drome van jongmense in SA!!

Amanda ·

Nee dis onafhanklike skole met goeie gekwalifiseerde onderwysers, wat nie toegegooi word onder sinlose papierwerk nie, minder leerders per klas en n redelike vergoeding kry.

Johann ·

Die DA het al klaar die wenkbroue gelig, hulle soek antwoorde. So terloops, dis net ongelooflik in hoeveel vakke, sommer 9,10,11, ens, die kinders deesdae met onderskeiding slaag teenoor jare gelede se top, top slimmes, en dan is dit nie sommer net-net nie. Iets het in 20 jaar radikaal in die standaard verander.

Ek weet van ‘n persoon wat ‘n paar gelede lag-lag in sekere vakke onderskeiding in matriek gekry het, daarna het hy amper sy alie in sy eerste jaar gesien, tot hy besef het, dit is nie net van ‘n paar maal deur lees nie, hy sal werklik moet swot en ernstig.

Kobus ·

Meskien kan die minister van basiese onderwys haar SWAK kennis van onderwys oorboord gooi en by die mense wat in beheer is van die skole, waar daar ordentlike onderwys gegee word, gaan mooi vra vir hulp. Maar, sy sal nie. Haar baas het dan met sy lae opvoedingspeil, president van die eens vooruitstrewendste land in Afrika geword! So hou die kinders se skoolopvoeding laag, dan kan die ongeletterdes lank aanhou om die land at hulpbronne vir eie gewin te plunder.

Grotman ·

Great, Wonderlik, Pragtig! Net jammer ons skool standaarde is so laag dat ons jeug wat oorsee wil gaan eers n verder jaar daar moet leer om standaarde op hulle vlak te kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.