IEB: Minder matrikulante slaag

Amper al die matrieks wat verlede jaar die Onafhanklike Eksamenraad (OER) se eindeksamen geskryf het, het geslaag. Minder leerders het egter die eksamen geslaag as in 2018.

Volgens ʼn verklaring wat die IEB vroeg Dinsdagoggend vrygestel het, het 98,2% van leerders die eksamen geslaag; effens minder as die 98,92% wat die 2018-eksamen geslaag het.

Altesaam 11 818 voltydse en 779 deeltydse kandidate het dié eksamen verlede jaar afgelê. Net meer as 89% van dié leerders het nou toegang tot graadstudies, sê Anne Oberholzer, uitvoerende hoof van die IEB. Hiervan het 90,65% leerders die eksamen met matriekvrystelling geslaag. Altesaam 7,91% van IEB-leerders kan vir ʼn diploma studeer en 1,4% kwalifiseer om vir ʼn hoër sertifikaat te studeer.

Oberholzer sê Umalusi het die eksamenproses en uitslae nagegaan en dit as regverdig en geldig verklaar. Maroela Media het verlede week berig dat 81% (52 vakke) van die 64 vakke wat in die 2019-IEB-eksamen geskryf is, se uitslae onveranderd gelaat is. Vier vakke se punte is opwaarts aangepas, waaronder rekeningkunde, wiskunde en wiskunde geletterdheid. Agt vakke is afwaarts aangepas, insluitende Afrikaans huistaal, Afrikaans eerste addisionele taal, besigheidstudies, ekonomie en toerisme.

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, maak Dinsdagaand die uitslae vir die nasionale senior sertifikaat bekend. Die slaagsyfer sal na verwagting selfs hoër as verlede jaar se 78% wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Se maar net ·

ek weet regtig nie hoekom dit so lank moet vat vir uitslae om bekend gemaak te word nie ek het twee kids in matriek en hulle het nou al verskeie werksgeleenthede migeloop omdat daar nie uitslae beskikbaar is nie ;-(

Vince ·

Uitslae word eers gekook om politici se beeld te poets. Hul moet ALTYD die laaste sê kry in hierdié heerlike “demokratiese” land.

Annette ·

Dis jammer dat die uitslae gekook word. Afrikaans huistaal en Afrikaans eerste addisionele taal afwaarts aangepas – het die kinders te goed gedoen daarin?! Sterkte aan al die leerders wat nou op die drumpel van `n nuwe fase in hul lewe staan.

Hanna Hoekom ·

Die feit dat Afrikaans afwaarts aangepas is, bevestig maar net weereens wat ons reeds weet: daardie kinders staan akademies kop en skouers bo die ander uit. I rest my case.

Se maar net ·

Mens,sal nou dink met vakke se slaagsyfer wat so min is,almal moet matriek maklik slaag.
Einde van dag beteken daai matriek sertifikaart ook niks

Erika ·

Enige voorstelle waar om jou kind se eksamen nommer te kry as dit weg geraak het?

Jaap ·

En daaruit kom dokters wat mens moet help eendag???
Mmmm ek twyfel.
SA gone forever.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.