IEB-slaagsyfer beter as vorige jaar

matriekuitslae

Argieffoto

Die slaagsyfer vir matrikulante wat die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) se eksamen geskryf het, het effens verbeter vergeleke met verlede jaar se slaagsyfer.

Vanjaar se slaagsyfer is 98,76% teenoor die 98,67% van 2016. Soveel as 88,50% het toegang tot graadstudie behaal, 8,96% het vir toegang tot diplomastudie gekwalifiseer en 1,30%  het toegang vir studie op die hoërsertifikaat-vlak behaal.

Altesaam 11 464 voltydse en 666 deeltydse kandidate van 212 eksamensentra regoor Suidelike Afrika het die eksamens in Oktober en November 2017 geskryf. In 2016 was daar 11 022 voltydse kandidate en 703 deeltydse kandidate.

“Die 2017 Nasionale Senior Sertifikaat- kandidate het baie goed gevaar en het weer eens getoon dat hulle met ʼn verbintenis tot harde werk oor hul 12 jaar van skoolgaan, en ondersteun deur ʼn toegewyde groep onderwysers en ouers, met vlieënde vaandels geslaag het. Hulle is gereed vir die volgende stap op hulle reis vir lewenslange leer,” het Anne Oberholzer, hoof uitvoerende beampte van die IEB, gesê.

Die sluitingsdatum vir die aansoek vir hernasiening is 10 Januarie 2018 en die uitslae van hernasiening sal op 5 Februarie 2018 bekendgemaak word. Die sluitingsdatum vir leerders wat vir inskrywing vir die aanvullingseksamen kwalifiseer en daarvoor aansoek wil doen, is 12 Februarie 2018.

Die IEB se verdeling van kandidate vir gr. 12 in 2017 by 212 IEB-geaffilieerde skole regoor die land, Mosambiek, Namibië en Swaziland, is soos volg:

 Aantal skoleAantal leerders
Provinsie/Land 2016 2017 2016 2017
Oos-Kaap1414560565
Vrystaat66147161
Gauteng97986 0026 546
KwaZulu-Natal36372 0352 206
Limpopo1313372389
Mosambiek112230
Mpumalanga66345374
Namibië77223224
Noordwes24225329

Die CVO-kandidate van 2017 se IEB-eksamen het ʼn slaagsyfer van 100% behaal. Dit is ʼn verbetering op die 2016 slaagsyfer van 98.4% asook op 2015 se slaagsyfer van 95%.

Altesaam het die 124 voltydse kandidate 125 onderskeidings verwerf. Hanru Schoeman van CVO Potgietersrus het sewe onderskeidings en Louis Boshoff van dieselfde skool het ses onderskeidings asook een vir gevorderde Afrikaans, dus het hy ook sewe onderskeidings behaal. JDP Bothma van CVO Dankbaar in Bloemfontein en BPJ Grobler van CVO Lichtenburg het elk ses onderskeidings behaal. Etienne Fourie van Privaatskool Hoëveldrif vir CVO in Bethal het vyf onderskeidings behaal.

Vyf kandidate het elk vier onderskeidings behaal.

Schoeman is onder die algehele top-5% van IEB-presteerders. Hy en Boshoff is onder die top-1%-presteerders in Afrikaans Huistaal. Boshoff is ook onder die top-1%-presteerders van IEB in Engels Eerste Addisionele Taal en Lewenswetenskap. Die beste presteerders in van die vakke kry op 12 Januarie 2018 tydens ’n formele dinee erkenning vir hulle prestasies.

CVO-skole is onafhanklike Christelike Afrikaanse skole landwyd.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

PUIK ·

MOOISO , dit is duidelik maar die toekoms van die Afrikaanse kind hierdie, of eerder die blanke kind aangesien hulle oral uitgewerk word en van hulle taal en kultuur beroof word by skole en universiteite. WAKKER WORD en doen die regte ding met jou kind, hou op om jou kind aan hierdie geweld en diskriminasie in SA bloot te stel. Daar is geen reenboognasie nie, daar is geen samewerking nie, daar is geen kompromie nie ..

Tammy ·

Dis totaal belaglik!!!!!!! Word die matrieks elke jaar net slimmer of word daar elke jaar net meer punte verniet bygetel. By die hoerskole word daar voorgeskryf hoeveel kinders mag druip en die persentasies wat bygetel moet word, word ook voorgeskryf. Hiep hiep hoera vir die toekoms van Suid Afrika met sy ongeletterde jeug.
Wil nie nalaat om die leerders wat wel hard gewerk het en hulle prestasie verdien het geluk te wens nie. Mooi so julle!!! Julle gaan dit nog ver bring in die lewe.

Amanda ·

Kleiner klasse, goed opgeleide hardwekende onderwysers en gedrewe ouers. Maklik

Thersia ·

Help my asb indien ek dit verkeerd verstaan, maar Noordwes het 2 ekstra skole gekry in 2017 vir 104 ekstra leerders. Gauteng het 1 ekstra skool gekry vir 544 ekstra leerders???. Dit maak nie vir my sin nie….

Eish ·

Eish, ek dink dit is net IEB skole en hul matrieks. Ek dink die organisasie is apart van die regering eksamen.

Eish ·

Ek sien die IEB is onafhanklik van die regeringstelsel.
Skryf hul dieselfde vraestelle?
Ek sien ook dat die alewige LUR vir onderwys in Gauteng, Lesufi, wil wegdoen met die IEB.
Kry die IEB skole enige regeringsfinansiering?

Wonder ·

Onafhanklik en nie deel van regeringstelsel. Dit is hoe ek dit het

Eish ·

Leonard van D, help ons bietjie asb. Ons verstaan nie die IEB se werking so lekker nie.

Karen ·

WOOHOO! BAIE GELUK AAN ELKE IEB STUDENT WAT DIE PYP GEROOK HET. ONS IS TROTS OP IEDER EN ELK

Eish ·

Interressant om daarop te let hoeveel van die toppresteerders oorsee gaan studeer. Brittanje, Duitsland ens.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.