Ierland-gesinstragedie: Dogtertjies terug na SA

Neels en Angelique Billing se twee dogtertjies. Foto: Facebook

Neels en Angelique Billing se twee dogtertjies. Foto: Facebook

Die Suid-Afrikaanse egpaar, wat mekaar glo tydens ʼn voorval van huishoudelike geweld met messe doodgesteek het, se dogtertjies sal na Suid-Afrika teruggebring word.

Nelson Kgwete, woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking, het Dinsdag aan Maroela Media gesê hulle is besig om saam met die departement van maatskaplike werke reëlings te tref om Neels en Angelique Billing se kinders na Suid-Afrika terug te bring.

Die Irish Times het berig dat Angelique (27) op 17 Desember saam met hul oudste dogtertjie uit hul huis in County Clare die straat in gehardloop het voordat sy ineengestort en aan meswonde gesterf het.

Neels en Angelique Billing Foto: Facebook

Neels en Angelique Billing Foto: Facebook

Neels is by die trappe van die huis aangetref met ʼn meswond in sy nek. Hy het glo ʼn mes vasgehou voordat hy ook ineengestort en gesterf het. Volgens Kgwete sal Neels en Angelique se oorskot na Suid-Afrika gerepatrieer word.

Volgens verskeie mediaberigte sou die egpaar vandeesweek in die hof verskyn het oor toesigkwessies, aangesien Angie glo saam met hul dogters na Suid-Afrika wou terugkeer. Die dogtertjies is drie en vyf jaar oud.

Die Irish Mirror berig dat dit Angelique se wens was dat haar kinders by haar ma, Mossie van Niekerk, sal bly.

Klik hier vir vorige berigte oor die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

pop ·

Dis verskriklik hartseer dat die ouers mekaar in woede vir mekaar vernietig het. En in die proses hulle kinders sn ook.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.