Ierse lugdiens volstaan by Afrikaanse vraelys

(Foto: Ryanair/Facebook)

Ondanks skerp kritiek en teenkanting hou die Ierse lugredery Ryanair vol dat Suid-Afrikaners wat na die Verenigde Koninkryk reis ʼn vraelys in Afrikaans moet voltooi.

BBC het Donderdag berig dat die lugdiens nie van plan is om met die vereiste vraelys weg te doen nie – al word dit nie deur Britse owerhede vereis nie.

Dié vraelys moet voltooi word voordat Suid-Afrikaners ʼn Ryanair-vlug onderneem om te bewys dat hulle wel Suid-Afrikaans is.

Volgens die lugredery skakel die toets diegene uit wat met bedrieglike Suid-Afrikaanse paspoorte reis.

Maroela Media het vroeër berig dat Suid-Afrikaners vies is oor die vraelys en dit as diskriminerend beskou omdat baie landsburgers nie Afrikaans verstaan nie. Die vraelys bevat vrae oor Suid-Afrikaanse algemene kennis, waaronder wat die Suid-Afrikaanse internasionale belkode, hoofstad en huidige president is.

Suid-Afrikaners het ook op sosiale media teen dié lugredery uitgevaar en die groep as rassisties uitgekryt.

“Die Suid-Afrikaanse regering het passasiers (en lugrederye) reeds gewaarsku teen die risiko dat sindikate vals Suid-Afrikaanse paspoorte verkoop. Dit verhoog die gevalle van bedrieglike Suid-Afrikaanse paspoorte wat gebruik word om die VK binne te gaan aansienlik,” het die lugredery Woensdag in ʼn e-pos aan The Washington Post gesê.

“Om die risiko van vals paspoortgebruik te verminder, vereis Ryanair dat passasiers wat met ʼn Suid-Afrikaanse paspoort reis ʼn eenvoudige vraelys in Afrikaans invul.”

BBC het ʼn navraag aan die lugredery gerig oor waarom hy juis Afrikaans gekies het, maar geen terugvoer gekry nie. Die lugredery het ook nie gesê of hy soortgelyke vraelyste vir reisigers van enige ander nasionaliteite vereis nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Fanus ·

N mens wonder net wie merk die antwoorde om korreksie te bepaal…

Waarom ·

Weereens ‘n bewys dat afrikaans sprekendes gerespekteer word en as maatstaf gebruik word om onwettige RSA paspoorte uit te kan wys.

Pim die Skim ·

Awesome. Ek ondersteun Ryanair. Hierdie is minder rassisties as “affirmatife employment” of BBBEE.

Yvonne ·

En die wat die jollie fits kry daaroor en die speelgoed rondgooi…..wat nou….die rassisme kaart gaan nie hier werk nie lyk dit my

Robert ·

En die BBC hou aan die anti Afrikaans vuur aan die brand hou…

Marisa W ·

Dalk moet ons hulle in SA kry vir al ons vlugte siende dat ons lugrederye se vlerke nou almal afkom

Jr ·

Jy hou nie daarvan, kry n ander lug diens of vang n bus. HOU AAN RYANAIR

Jasper ·

Vol punte aan die Iere om n paar kreature uit te filter, aangesien sekere element weier om Afrikaans te erken wou hulle dit ook nooit leer nie, meeste gematigde Engelsprekendes wat lank hier bly en nie uit n rasistiese agtergrond kom nie, sal die Afrikaanse vraelys verstaan en kan invul. :-)

Santjie van Soendal ·

Dit sal maak dat ek hulle sal ondersteun as ek ooit die voorreg sal hê….. hulle moet net oppas dat daardie vraelys nie deur mense met vals paspoorte ontsyfer/versprei kan word nie. Moet die vrae dus bietjie skommel en afwissel. Baie trots! Daar is seker talentvolle Afrikaners baie hoog aangeskryf daar, wat in ons land aan BBEEE onderwerp sou gewees het…. GAAN GROOT!! Julle maak ons TROTS!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.